Skip to main content

Die konteks van Jeremia

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia se profesieë word gelewer teen die agtergrond van die drie groot wêreldmagte van sy tyd:

  • Assirië – wie se invloed begin taan het met die val van Assurbanipal en die opkoms van die Galdeër Nabopolassar in 627 v.C. en in 609 v.C. finaal verslaan is by Megiddo deur Egipte;
  • Egipte – wat die internasionale vakuum probeer vul het deur hulle mag in die Midde–Ooste uit te brei, maar deur die opkomende Babiloniërs verslaan is in 605 v.C. by Karkemis;
  • Babilon – wat onder Nebukadnesar tot die dominante wêreldmag in die tyd van die ballingskap van Juda uitgebou is.

Jeremia ontvang sy roeping in 627 v.C., die dertiende jaar van koning Josia se regering en tree regdeur die koningstyd van Josia (640-609 v.C.), Joahas (slegs 3 maande lank koning voor hy dood is, daarom word hy nie eers hier genoem nie), Jojakim (609-598 v.C.), Jojagin (slegs 3 maande lank koning voor hy weggevoer is, en word ook nie genoem nie) en Sedekia (597-586 v.C.) tot in 586 v.C. toe die volk in ballingskap weggevoer is.

Hier is meer inligting oor die vyf konings van sy tyd, die 20ste tot 24ste (en laaste) konings van Juda (lees hier meer oor die konings van Israel en Juda):

  • Josia – 20ste koning – seun van Amon; hy was maar 8 toe hy koning geword het en was regtig ’n goeie koning wat die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk het nie; hy het ook die tempel herstel, maar word veral onthou vir die wetboek wat hy daar ontdek het en onder begeleiding van die profetes Gulda prakties kon interpreteer en in werking stel wat tot ’n hernude verbondsluiting gelei het; hy het ook ’n groot Paasfees gehou, maar tog een oordeelsfout gemaak in ’n geveg met Neko van Egipte en sy lewe verloor; daar is wyd oor hom getreur met selfs ’n treurlied wat Jeremia oor hom gedig het, hoewel ons nie meer dié teks het nie (vgl. 2 Kron. 35:25) – regeringstyd 31 jaar.
  • Joahas – 21ste koning – seun van Josia; op 23 jarige ouderdom het hy koning geword, maar sy koningskap het net 3 maande gehou toe Egipte hom as koning afgesit het – regeringstyd 3 maande.
  • Jojakim – 22ste koning – broer van Joahas, wie se naam eintlik Eljakim was en deur die Egiptiese koning aangestel is met ’n naamsverandering na Jojakim toe.  Hy het die Here egter nie gedien nie en is deur Nebukadnesar in ballingskap geneem in 597 v.C. – regeringstyd 11 jaar.
  • Jojagin – 23ste koning  – seun van Jojakim (Eljakim); hy was maar 18, het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en is ook weggevoer na Babel na slegs 3 maande, hoewel hy  volgens Konings tog begenadig is in ballingskap en ’n hoër status as die ander konings geniet het – regeringstyd 3 maande.
  • Sedekia – 24ste koning –broer van Jojakim;  hy is op 21 gekroon, maar word, soos sy broer Jojakim, ook in ballingskap weggevoer in 586 v.C., omdat hy ook gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, saam met ’n hele aantal mense van Juda; hy is baie slegter behandel deur Nebukadnesar, sy kinders is doodgemaak in sy teenwoordigheid, en sy oë uitgesteek; hy is in bronskettings Babel toe – regeringstyd 11 jaar.

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda