Die konteks van Jeremia

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia se profesieë word gelewer teen die agtergrond van die drie groot wêreldmagte van sy tyd:

  • Assirië – wie se invloed begin taan het met die val van Assurbanipal en die opkoms van die Galdeër Nabopolassar in 627 v.C. en in 609 v.C. finaal verslaan is by Megiddo deur Egipte;
  • Egipte – wat die internasionale vakuum probeer vul het deur hulle mag in die Midde–Ooste uit te brei, maar deur die opkomende Babiloniërs verslaan is in 605 v.C. by Karkemis;
  • Babilon – wat onder Nebukadnesar tot die dominante wêreldmag in die tyd van die ballingskap van Juda uitgebou is.

Jeremia ontvang sy roeping in 627 v.C., die dertiende jaar van koning Josia se regering en tree regdeur die koningstyd van Josia (640-609 v.C.), Joahas (slegs 3 maande lank koning voor hy dood is, daarom word hy nie eers hier genoem nie), Jojakim (609-598 v.C.), Jojagin (slegs 3 maande lank koning voor hy weggevoer is, en word ook nie genoem nie) en Sedekia (597-586 v.C.) tot in 586 v.C. toe die volk in ballingskap weggevoer is.

Hier is meer inligting oor die vyf konings van sy tyd, die 20ste tot 24ste (en laaste) konings van Juda (lees hier meer oor die konings van Israel en Juda):

  • Josia – 20ste koning – seun van Amon; hy was maar 8 toe hy koning geword het en was regtig ’n goeie koning wat die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk het nie; hy het ook die tempel herstel, maar word veral onthou vir die wetboek wat hy daar ontdek het en onder begeleiding van die profetes Gulda prakties kon interpreteer en in werking stel wat tot ’n hernude verbondsluiting gelei het; hy het ook ’n groot Paasfees gehou, maar tog een oordeelsfout gemaak in ’n geveg met Neko van Egipte en sy lewe verloor; daar is wyd oor hom getreur met selfs ’n treurlied wat Jeremia oor hom gedig het, hoewel ons nie meer dié teks het nie (vgl. 2 Kron. 35:25) – regeringstyd 31 jaar.
  • Joahas – 21ste koning – seun van Josia; op 23 jarige ouderdom het hy koning geword, maar sy koningskap het net 3 maande gehou toe Egipte hom as koning afgesit het – regeringstyd 3 maande.
  • Jojakim – 22ste koning – broer van Joahas, wie se naam eintlik Eljakim was en deur die Egiptiese koning aangestel is met ’n naamsverandering na Jojakim toe.  Hy het die Here egter nie gedien nie en is deur Nebukadnesar in ballingskap geneem in 597 v.C. – regeringstyd 11 jaar.
  • Jojagin – 23ste koning  – seun van Jojakim (Eljakim); hy was maar 18, het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en is ook weggevoer na Babel na slegs 3 maande, hoewel hy  volgens Konings tog begenadig is in ballingskap en ’n hoër status as die ander konings geniet het – regeringstyd 3 maande.
  • Sedekia – 24ste koning –broer van Jojakim;  hy is op 21 gekroon, maar word, soos sy broer Jojakim, ook in ballingskap weggevoer in 586 v.C., omdat hy ook gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, saam met ’n hele aantal mense van Juda; hy is baie slegter behandel deur Nebukadnesar, sy kinders is doodgemaak in sy teenwoordigheid, en sy oë uitgesteek; hy is in bronskettings Babel toe – regeringstyd 11 jaar.

 

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: