Skip to main content

Jeremia 43 – Jeremia word teen sy sin saamgeneem na Egipte

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie hoofstuk vertel aan die een kant van die teleurstellende reaksie van die Joganan en die ander leiers op die antwoord wat die Here aan hulle gee deur die profeet Jeremia. Hulle kop het in elk geval in die rigting van Egipte gestaan, en dit is presies wat hulle nou doen.  Só verspil hulle die kans om God se bewaring in aksie te sien.

Aan die ander kant vertel die hoofstuk van die woord van die Here wat ook daar in Egipte na Jeremia toe kom, hierdie keer weer in die gedaante van ’n simboliese handeling wat hy moet uitvoer.  Die Here word dus nie gedwarsboom deur die ongehoorsaamheid van die Joodse leiers nie.  Hy laat van Hom hoor selfs in die vreemde.

43:1-7 – Joganan vat die oorblyfsel van Juda na Egipte toe

Die leiers tree hooghartig (vermetel) op deur die woord wat die Here vir hulle gee om aan Babel onderdanig te wees, te verwerp: “Jy lieg!” sê hulle vir Jeremia.  Hulle beskuldig vir Baruk dat dié Jeremia teen die leiers opstook om hulle in die mag van die Galdeërs te laat beland.

Niemand wil die Here gehoorsaam en in Juda bly nie.  Daarom neem Joganan-hulle die hele oorblyfsel van Juda na Egipte toe en gaan bly in Tagpanges (vandag Tel Defne, aan die Menzalameer in Noord-Egipte, in die Nyl-delta, teenaan die Suez kanaal).  Opgrawings het verskeie klei artifakte opgelewer wat uit dié tyd kom.

43:8-13 – Jeremia verkondig die val van Egipte aan die hand van Nebukadnesar

Die Here is egter selfs in Egipte in beheer nie net van sy profeet nie, maar ook van die situasie.  Hy gee aan Jeremia opdrag om klippe te begrawe in die kleivloer van die ingang na die farao se paleis in Tagpanges.  Daar sal die klippe as basis dien vir die troon van Nebukadnesar wanneer hy Egipte sal onderwerp en hulle gode vernietig.  “Hy sal Egipte so skoon stroop soos wanneer ’n skaapwagter luise soek in sy klere!”  Bet-Semes beteken “tempel van die son”.

Boodskap

Hierdie kort hoofstuk maak twee opmerkings oor die verhouding tussen God en sy mense.

  1. Dit is dwaas om iets van die Here te vra, en dit dan nie te doen nie.  Daarmee verraai jy net jou eie rebellie en opstand teen die Here. Vra dan liewer niks nie, en volg jou eie kop. Maar moenie vra, en dan nie die wil van die Here doen nie. Goeie raad vir enigeen van ons.
  2. Die Here is alomteenwoordig besig om sy wil in die lewe ten uitvoer te bring, selfs ook in Egipte, selfs in ’n situasie waarheen sy profeet teen sy sin ontvoer is.  Dit is die troos in hierdie verhaal van verspilde kanse.  God laat Homself nie onbetuig in die lewe van sy mense nie.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders