Jeremia 19:1-13 – Ek gaan oor hierdie plek ’n ramp bring

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie metafoor van Israel as klei in die hande van die Pottebakker word hier verder geneem in die verwante beeld van Israel as ’n kleipot in die hande van die Eienaar.  Jeremia kry opdrag om ’n kleipot te neem en voor die oë van die leiers en priesters te breek as seker teken daarvan dat die Here “hierdie volk en hierdie stad breek”.

Hy kry opdrag om dié aksie uit te voer by Tofet, ‘n dal suid van die grens van die stad Jerusalem, oorkant die Potskerfpoort (moontlik dieselfde poort as die Vullispoort – Neh. 2:13).  Die plek is ook die Ben-Hinnomdal genoem.  Vgl. Jos. 15:8; 18:16 waar dit as deel van die grense van die stad genoem word.

Tofet was die plek waar kinders deur vuur aan die diens van die god Molog geoffer is, soos ons al in Jer. 7:31 kennis geneem het en weer in Jer. 32:35 van sal hoor.  Daarom noem die Here dit die Moorddal, weens die afskuwelikheid van die gebruik, en het dit mettertyd ‘n simbool van die hel geword, omdat die plek ook Gehenna (afgelei van “vallei van Hinnom”) genoem is, en dit met die hel in verband gebring is (Luk. 12:5).

Kinderoffers was een van die dinge wat eksplisiet in die wet verbied is (Lev. 18:21; 20:2-5; Deut. 12:31), en ook ‘n weerklank gekry het in die liturgie (Ps. 106:37-38 – Psalm 106 – Verlos ons, Here ons God!) en selfs in die toespraak van Stefanus in herinnering geroep is as beskuldiging teen die volk (Hand. 7:43 – Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria).

Die Judese konings Agas en Manasse (voor sy bekering) was daarvoor bekend dat hulle dit toegelaat het (2 Kron. 28:3 – 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal; 2 Kron. 33:6 – 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom), hoewel Salomo ook al vroeër hierin oortree het (1 Kon. 11:7 – 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue en Salomo – ‘n oorsig van sy lewe).

Josia het wel met sy hervormings die offerplekke afgebreek (2 Kon. 23:10 – 2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek), maar dit was waarskynlik te min te laat.  Daarom spreek die Here dit nou weer aan via die optrede van Jeremia, nie om hulle regtig tot bekering te lei nie, daarvoor was die koeël al deur die kerk, by wyse van spreke, maar dit as een van die verswarende getuienisse teen die volk te gebruik, en die oordeel oor hulle te motiveer.

Boodskap

Die boodskap is duidelik.  Die Here bring ’n ramp oor Juda en Jerusalem omdat hulle Hom verlaat het en ander gode gedien het – die afgode Baäl en Molog (sommige dink Baäl en Molog was verwant) en die hemelliggame: son, maan en sterre.  Daarby het hulle in die proses onskuldige bloed vergiet waarmee hulle ’n oordeel oor hulleself gebring het.  Soos hulle onskuldiges afgemaai het, sal hulle afgemaai word deur die swaard en hulle lyke deur voëls en roofdiere opgevreet word.  Dié wat oorbly sal só swaar kry dat hulle mekaar sal kannibaliseer.  Dié afgryslike oordeel sal mense van verbasing laat fluit …

Harde woorde wat Jeremia laat uitroep van sy eie afgryse oor die oordeel in die volgende “Konfessie”.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: