Skip to main content

Jeremia as mens

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnWat veral uitstaan van die profeet Jeremia is dat ’n mens hom “as mens” kan leer ken, omdat daar ’n oorvloed van sy emosies, gesprekke en optredes regdeur die boek opgeteken is.  Veral die sewe sogenaamde “Konfessies” van Jeremia gee ons ’n kykie in sy binnewêreld, waarin hy sy wroeging oor en tog onwrikbare verbintenis aan sy roeping roerend met ons deel:

  • Jeremia vra dat die Here wraak sal neem teen dié wat teen hom saamsweer – Jer. 11:18-20 – met die Here wat belowe dat Hy ’n ramp oor hulle sal bring – Jer. 11:21-23;
  • Jeremia kla oor die goddeloses se voorspoed – Jer. 12:1-4 – met die Here wat hom bemoedig en versterk vir nog moeiliker tye wat voorlê: “As voetsoldate jou moeg hardloop, hoe sal jy teen perde kan hardloop?” – Jer. 12:5 vv.;
  • Jeremia kla dat die Here hom nie beter ondersteun in die teenstand wat hy ervaar nie – Jer. 15:10-12, 15-18 – met die Here wat hom berispe en bemoedig: “As jy jou woorde terugneem, sal Ek jou weer in my diens neem.” – Jer. 15:19 vv.;
  • Jeremia pleit dat die Here nie vir hom ’n verskrikking sal word deur sy woord nie waar te maak nie – Jer. 17:14-18  – met die Here wat hom sy woord verder verduidelik en belowe dat Hy dit waar sal maak – Jer. 17:19 vv.;
  • Jeremia bid dat sy vyande tot ’n val sal kom omdat hulle nie op sy woord reageer nie – Jer. 18:18-23 – met die Here wat hom ondersteun met ’n volgende woord – Jer. 19:1 vv.;
  • Jeremia kla dat hy net nie meer kan nie, maar tog ook nie van sy roeping kan loskom nie – Jer. 20:7-10  – waarop Jeremia self ’n kort loflied tot God rig dat God tóg by Hom is en bely dat Hy armes uit die mag van slegte mense red – Jer. 20:11-13;
  • Jeremia vervloek die dag waarop hy gebore is, omdat hy net ellende, pyn en vernedering in die uitvoering van sy roeping belewe – Jer. 20:14-18 – waarop daar geen direkte antwoord kom nie.  Dit is asof die Here geweet het van Sy Seun wat dieselfde tipe worsteling aan die kruis sou hê, ses eeue later, waarop God ook nie ’n antwoord sou kon gee nie.  Daarom antwoord Hy ook nie nou vir Jeremia nie …

Daar is nog ’n hele paar ander gesprekke van Jeremia met die Here (en met ander mense) in die boek, sodat ’n mens in ’n sekere sin sou kon sê dat die boek ook ’n boek oor Jeremia is, eerder as net ’n boek van Jeremia, omdat sy eie ervaringe so ’n integrale deel daarvan uitmaak.

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm