Skip to main content

Verwysings na Jeremia in die Bybel

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDaar word vier keer in die res van die OT na Jeremia verwys, in Dan. 9:2, 24-27, 2 Kron. 35:25; 36:20-22 en Esra 1:1.

  • Daniël baseer sy intersessie vir die volk in die tyd van koning Darius (waarskynlik kan hy met Kores gelyk gestel word) op: “die Skrifte  … volgens die woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het” dat Jerusalem sewentig volle jare ’n puinhoop sou wees (Dan. 9:2).  Hy het dus waarskynlik een of ander vorm van die boek van Jeremia gebruik.
  • Dieselfde geld die Kronis sowel as Esra wat na die terugkeer uit ballingskap verwys as ’n vervulling van die belofte van die Here: “by monde van Jeremia” in die eerste regeringsjaar van koning Kores (waarskynlik gelyk aan Darius) van Persië (2 Kron. 36:20–22; Esra 1:1).
  • Die Kronis verwys ook na ’n treurlied wat Jeremia oor Josia gedig het en in die boek Die Treurliedere opgeneem is (2 Kron. 35:25).

Die NT verwys ook drie keer na Jeremia, al drie keer in die evangelie van Matteus: Matt. 2:17; 16:14; 27:9.

  • Matteus gebruik ’n aanhaling uit Jeremia 31:15 om die kindermoord wat deur Herodes gelas is met die geboorte van Jesus as ’n tragiese vervulling van die toekomsbelofte van Jeremia te interpreteer (Matt. 2:17-18).
  • Hy noem ook dat Jesus in die volksmond met die profeet Jeremia verbind is (Matt. 16:14).
  • Die ander keer wat Matteus na Jeremia verwys, verbind hy hom egter verkeerdelik aan ’n teks uit Sagaria 11:12-13 met verwysing na die bloedgeld van Judas, dertig silwerstukke, waarmee die grond van die pottebakker as begraafplaas vir vreemdelinge gekoop is (Matt. 27:9-10).  Die fout is waarskynlik gemaak omdat Jeremia ’n keer van die pottebakker  se huis praat in sy oordeelsprofesie oor Juda en Jerusalem (Jer. 18:2-3) en self sewentien sikkels silwer betaal het om die stuk grond van sy neef Ganamel in Anatot te koop (Jer. 32:6-9).

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda