Skip to main content

Jeremia 27 – Ek gee al die lande in die mag van Nebukadnesar

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHoofstuk 27-29 rond die boodskap van Jeremia oor die ballingskap af met die beskrywing van:

  1. die Here se boodskap dat Juda (en die ander lande) aan koning Nebukadnesar onderdanigheid moet bewys (hoofstuk 27),
  2. die beskrywing van die teenstand  van die valse profeet Gananja daarteen en hoe die Here daarop reageer (hoofstuk 28), en
  3. die bemoedigende brief aan die ballinge wat saam met koning Jojagin na Babel toe weggevoer is saam met verskillende reaksies daarop (hoofstuk 29).

Al drie hoofstukke dateer uit die tyd van koning Sedekia.  Hoofstuk 27 kort ná sy bewind begin het (597 v.C.).  Hoofstuk 28 in Sedekia se vierde regeringsjaar (593 v.C.).  Hoofstuk 29 min of meer in dieselfde tyd, hoewel dit nie aan ’n spesifieke jaar gekoppel kan word nie.

Dit is opmerklik dat daar ’n hele paar keer van Jeremia in dié drie hoofstukke as “die profeet Jeremia” gepraat word wat waarskynlik beklemtoon dat hy die ware profeet teenoor die ander valse profete is.  Dit onderstreep die boodskap van dié drie hoofstukke as ’n bevestiging van die inhoud van die boodskap van die ware profeet.

In vers 1 word in die grondteks eintlik gepraat van Jojakim, inplaas van Sedekia, terwyl dit duidelik uit die res van die hoofstuk is dat dit oor Sedekia gaan (vers 3, 12) asook in die volgende hoofstukke (28:1; 29:3 [die profeet Sedekia van 29:21-22 is iemand anders]).  Dit is waarom die NAV die naam Sedekia gebruik in vers 1, om verwarring uit te skakel.  Die naam Jojakim is waarskynlik die gevolg van ’n skryffout wat iemand gemaak het deur hoofstuk 27 met dieselfde vers as hoofstuk 26, waar Jojakim tereg genoem word, te begin.

Die hoofstuk word opgedeel in:

  1. die simboliese juk op Jeremia se nek as boodskap aan die nasies – vers 1-11;
  2. dieselfde handeling as boodskap aan Sedekia – vers 12-15;
  3. die boodskap aan die priesters en die volk om nie na die vals profete te luister nie – vers 16-22.

27:1-11 – Die simboliese juk op Jeremia se nek as boodskap aan die nasies

Kort nadat Sedekia koning geword het, stuur die Here aan Jeremia ’n verdere boodskap aan Sedekia wat eers na die konings van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon gestuur word om aan Nebukadnesar onderdanigheid te betoon, omdat die Here aan hom die mag gegee het en hulle toekoms in sy hande lê.

Die boodskap word oorgedra met die dra van ’n simboliese juk met skeie en stroppe op sy nek as boodskap aan Juda en die stuur van soortgelyke jukke met skeie en stroppe na die onderskeie nasies.  Boodskappers van dié nasies wat waarskynlik in Juda was om die naderende oorlog aan Sedekia aan te kondig, word ingespan om dié boodskap terug te stuur.  Ons hoor nie van enige goedkeuring van Sedekia hiervoor nie.

Die boodskap is duidelik dat die mag van Nebukadnesar eerbiedig moet word, totdat sy dag vir vernietiging ook kom.  Jeremia waarsku die nasies om nie te luister na profete, besweerders, droomuitlêers, towenaars en goëlaars wat ’n ander boodskap bring nie, omdat hulle boodskap vals sou wees.  Die belofte is dat dié wat Nebukadnesar sal dien, sal die voorreg van verblyf in hulle eie land ontvang.

27:12-15 – Die simboliese juk op Jeremia se nek as boodskap aan Sedekia

Dieselfde boodskap van die Here is aan Sedekia gebring om homself aan Nebukadnesar oor te gee om só aan die lewe te bly.  Hy moet nie luister na die boodskap van die valse profete nie.  Ons lees nie van enige reaksie van Sedekia nie.

27:16-22 – Die boodskap aan die priesters en die volk om nie na die vals profete te luister nie

Jeremia wend hom ná die boodskap aan die koning na die priesters en die res van die volk om nie te luister na die valse profete nie wat ’n spoedige terugkeer uit Babel predik.  Hulle lieg, sê Jeremia.  Hy daag hulle uit om eerder van die Here te vra dat die tempel nie verder leeg gedra sal word nie, in weerwil van die woord wat die Here hom gegee het, dat dit alles wat oor is ook weggevoer sal word in ballingskap.  Ná die bestemde tyd sal die Here dit egter weer laat terugkom.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders