Jeremia 27 – Ek gee al die lande in die mag van Nebukadnesar

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHoofstuk 27-29 rond die boodskap van Jeremia oor die ballingskap af met die beskrywing van:

  1. die Here se boodskap dat Juda (en die ander lande) aan koning Nebukadnesar onderdanigheid moet bewys (hoofstuk 27),
  2. die beskrywing van die teenstand  van die valse profeet Gananja daarteen en hoe die Here daarop reageer (hoofstuk 28), en
  3. die bemoedigende brief aan die ballinge wat saam met koning Jojagin na Babel toe weggevoer is saam met verskillende reaksies daarop (hoofstuk 29).

Al drie hoofstukke dateer uit die tyd van koning Sedekia.  Hoofstuk 27 kort ná sy bewind begin het (597 v.C.).  Hoofstuk 28 in Sedekia se vierde regeringsjaar (593 v.C.).  Hoofstuk 29 min of meer in dieselfde tyd, hoewel dit nie aan ’n spesifieke jaar gekoppel kan word nie.

Dit is opmerklik dat daar ’n hele paar keer van Jeremia in dié drie hoofstukke as “die profeet Jeremia” gepraat word wat waarskynlik beklemtoon dat hy die ware profeet teenoor die ander valse profete is.  Dit onderstreep die boodskap van dié drie hoofstukke as ’n bevestiging van die inhoud van die boodskap van die ware profeet.

In vers 1 word in die grondteks eintlik gepraat van Jojakim, inplaas van Sedekia, terwyl dit duidelik uit die res van die hoofstuk is dat dit oor Sedekia gaan (vers 3, 12) asook in die volgende hoofstukke (28:1; 29:3 [die profeet Sedekia van 29:21-22 is iemand anders]).  Dit is waarom die NAV die naam Sedekia gebruik in vers 1, om verwarring uit te skakel.  Die naam Jojakim is waarskynlik die gevolg van ’n skryffout wat iemand gemaak het deur hoofstuk 27 met dieselfde vers as hoofstuk 26, waar Jojakim tereg genoem word, te begin.

Die hoofstuk word opgedeel in:

  1. die simboliese juk op Jeremia se nek as boodskap aan die nasies – vers 1-11;
  2. dieselfde handeling as boodskap aan Sedekia – vers 12-15;
  3. die boodskap aan die priesters en die volk om nie na die vals profete te luister nie – vers 16-22.

27:1-11 – Die simboliese juk op Jeremia se nek as boodskap aan die nasies

Kort nadat Sedekia koning geword het, stuur die Here aan Jeremia ’n verdere boodskap aan Sedekia wat eers na die konings van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon gestuur word om aan Nebukadnesar onderdanigheid te betoon, omdat die Here aan hom die mag gegee het en hulle toekoms in sy hande lê.

Die boodskap word oorgedra met die dra van ’n simboliese juk met skeie en stroppe op sy nek as boodskap aan Juda en die stuur van soortgelyke jukke met skeie en stroppe na die onderskeie nasies.  Boodskappers van dié nasies wat waarskynlik in Juda was om die naderende oorlog aan Sedekia aan te kondig, word ingespan om dié boodskap terug te stuur.  Ons hoor nie van enige goedkeuring van Sedekia hiervoor nie.

Die boodskap is duidelik dat die mag van Nebukadnesar eerbiedig moet word, totdat sy dag vir vernietiging ook kom.  Jeremia waarsku die nasies om nie te luister na profete, besweerders, droomuitlêers, towenaars en goëlaars wat ’n ander boodskap bring nie, omdat hulle boodskap vals sou wees.  Die belofte is dat dié wat Nebukadnesar sal dien, sal die voorreg van verblyf in hulle eie land ontvang.

27:12-15 – Die simboliese juk op Jeremia se nek as boodskap aan Sedekia

Dieselfde boodskap van die Here is aan Sedekia gebring om homself aan Nebukadnesar oor te gee om só aan die lewe te bly.  Hy moet nie luister na die boodskap van die valse profete nie.  Ons lees nie van enige reaksie van Sedekia nie.

27:16-22 – Die boodskap aan die priesters en die volk om nie na die vals profete te luister nie

Jeremia wend hom ná die boodskap aan die koning na die priesters en die res van die volk om nie te luister na die valse profete nie wat ’n spoedige terugkeer uit Babel predik.  Hulle lieg, sê Jeremia.  Hy daag hulle uit om eerder van die Here te vra dat die tempel nie verder leeg gedra sal word nie, in weerwil van die woord wat die Here hom gegee het, dat dit alles wat oor is ook weggevoer sal word in ballingskap.  Ná die bestemde tyd sal die Here dit egter weer laat terugkom.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: