Skip to main content

Indeling van die boek Jeremia

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia is die langste profetiese boek in die OT, in woorde en verse, hoewel nie in hoofstukke nie. Trouens, net die boek van die Psalms is langer as die boek van Jeremia in die Bybel. Die boek van Jeremia bestaan uit verhalende gedeeltes (veral hfst. 34-45, maar ook dele uit hfst. 1,18-20,21,25-29,32,52) sowel as profetiese uitsprake in poëtiese (2-6,9-10,15,17-18,22-23, 30-31,46-51)en meer prosaïese vorm (7-8,11-14,16,20,24, 33) hoewel daar ook heelwat poësie en prosa afwisselend in dié hoofstukke gebruik word.

Die indeling van die hoofstukke is nie oral kronologies nie en sommige hoofstukke het verband met mekaar al staan hulle nie langs mekaar nie, bv.:

  • die profesie in hfst. 7 het verband met die interaksie met Jojakim in hfst. 26,
  • die uitsprake oor onderdanigheid aan Nebukadnesar in hfst. 21 vorm die agtergrond vir die interaksies met Sedekia en die eerste weggevoerde ballinge in Babel in hfst. 27-29, en
  • die veroordeling van die konings in hfst. 22-23 vorm weer die agtergrond vir die interaksies met onder andere Sedekia en Jojakim in hfst. 26-29 en 34-36.

Die volgende indeling gee egter een manier om die opbou van die boek logies te probeer orden:

  • Jeremia se roeping – hfst. 1
  • Jeremia se boodskap aan Juda en Jerusalem – hfst. 2-33

o   Oor die onafwendbare oordeel – hfst. 2-23

      • Volk: “My volk het my vergeet” – hfst. 2-20 (ingesluit Jeremia se sewe “Konfessies”)
      • Leiers: konings, profete en priesters – hfst. 21-23 (met ’n belofte van ’n regverdige koning in hfst. 23)

o   Oor die ballingskap – hfst. 24-29

o   Oor die toekomstige herstel – hfst. 30-33

  • Jeremia se interaksies met die leiers vóór en ná die val van Jerusalem – hfst. 34-45

o   Voor en tot met die val van Jerusalem (die verhale van Jojakim [35-36] is in die middel van dié oor Sedekia [34,37-39] geplaas) – hfst. 34-39

o   Ná die val van Jerusalem (Jeremia is  vrygelaat, maar uiteindelik gevange geneem deur opstandelinge onder leiding van Joganan en na Tagpanges in Egipte weggevoer) – hfst. 40-45

  • Jeremia se boodskap aan die nasies – hfst. 46-51

o   Egipte – hfst. 46

o   Filistyne – hfst. 47

o   Moab – hfst. 48

o   Ammoniete, Edom, Damaskus (Sirië), Kedar en Gasor, Elam  – hfst. 49

o   Babel – hfst. 50-51

  • Sedekia en Jerusalem se val, Jojagin se bevoorregting – hfst. 52 (oorgeneem uit 2 Kon. 24:18–25:30 en 2 Kron. 36:11-21)

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.