Skip to main content

Indeling van die boek Jeremia

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia is die langste profetiese boek in die OT, in woorde en verse, hoewel nie in hoofstukke nie. Trouens, net die boek van die Psalms is langer as die boek van Jeremia in die Bybel. Die boek van Jeremia bestaan uit verhalende gedeeltes (veral hfst. 34-45, maar ook dele uit hfst. 1,18-20,21,25-29,32,52) sowel as profetiese uitsprake in poëtiese (2-6,9-10,15,17-18,22-23, 30-31,46-51)en meer prosaïese vorm (7-8,11-14,16,20,24, 33) hoewel daar ook heelwat poësie en prosa afwisselend in dié hoofstukke gebruik word.

Die indeling van die hoofstukke is nie oral kronologies nie en sommige hoofstukke het verband met mekaar al staan hulle nie langs mekaar nie, bv.:

  • die profesie in hfst. 7 het verband met die interaksie met Jojakim in hfst. 26,
  • die uitsprake oor onderdanigheid aan Nebukadnesar in hfst. 21 vorm die agtergrond vir die interaksies met Sedekia en die eerste weggevoerde ballinge in Babel in hfst. 27-29, en
  • die veroordeling van die konings in hfst. 22-23 vorm weer die agtergrond vir die interaksies met onder andere Sedekia en Jojakim in hfst. 26-29 en 34-36.

Die volgende indeling gee egter een manier om die opbou van die boek logies te probeer orden:

  • Jeremia se roeping – hfst. 1
  • Jeremia se boodskap aan Juda en Jerusalem – hfst. 2-33

o   Oor die onafwendbare oordeel – hfst. 2-23

      • Volk: “My volk het my vergeet” – hfst. 2-20 (ingesluit Jeremia se sewe “Konfessies”)
      • Leiers: konings, profete en priesters – hfst. 21-23 (met ’n belofte van ’n regverdige koning in hfst. 23)

o   Oor die ballingskap – hfst. 24-29

o   Oor die toekomstige herstel – hfst. 30-33

  • Jeremia se interaksies met die leiers vóór en ná die val van Jerusalem – hfst. 34-45

o   Voor en tot met die val van Jerusalem (die verhale van Jojakim [35-36] is in die middel van dié oor Sedekia [34,37-39] geplaas) – hfst. 34-39

o   Ná die val van Jerusalem (Jeremia is  vrygelaat, maar uiteindelik gevange geneem deur opstandelinge onder leiding van Joganan en na Tagpanges in Egipte weggevoer) – hfst. 40-45

  • Jeremia se boodskap aan die nasies – hfst. 46-51

o   Egipte – hfst. 46

o   Filistyne – hfst. 47

o   Moab – hfst. 48

o   Ammoniete, Edom, Damaskus (Sirië), Kedar en Gasor, Elam  – hfst. 49

o   Babel – hfst. 50-51

  • Sedekia en Jerusalem se val, Jojagin se bevoorregting – hfst. 52 (oorgeneem uit 2 Kon. 24:18–25:30 en 2 Kron. 36:11-21)

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!