Jeremia 11:18-12:17 – Jeremia kla oor samesweerders en goddeloses

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnWat nou al baie duidelik moet wees vir elke leser van hierdie intense boek van Jeremia, is hoe ’n mens Jeremia al hoe beter “as mens” leer ken.  Daar is ’n oorvloed van beskrywings van sy emosies, sy gesprekke, sy gebede en later in die boek, ook sy interaksie met die leiers en ook gewone mense van Juda.

In hoofstuk 11 en 12 het ons nou die eerste twee van die sewe sogenaamde “Konfessies” van Jeremia wat ons ’n besondere kykie in sy binnewêreld gee, waarin hy sy wroeging oor en tog onwrikbare verbintenis aan sy roeping roerend met ons deel.  Terloops sommige voeg hierdie twee gedeeltes saam, maar die feit dat die Here telkens hier antwoord, het my oortuig om dit apart te hanteer.

In die eerste “Konfessie” oor Samesweerders:

  • vra Jeremia dat die Here wraak sal neem teen dié wat teen hom saamsweer – Jer. 11:18-20,
  • waarop die Here hom antwoord met ’n belofte dat Hy ’n ramp oor hulle sal bring – Jer. 11:21-23.

In die tweede “Konfessie” oor Goddeloses:

  • kla Jeremia oor die goddeloses se voorspoed – Jer. 12:1-4,
  • waarop die Here hom bemoedig en versterk omdat daar vir hom nog moeiliker tye voorlê – Jer. 12:5-17

11:18-20 – Jeremia vra dat die Here wraak sal neem teen dié wat teen hom saamsweer

Jeremia verwoord hier sy skokkende ervaring dat hy amper weerloos was in sy profetiese arbeid teen dié wat teen hom saamgesweer het.  Hy het regtig nie geweet wat op hom wag en waarvoor hy as profeet in is nie.  Hy het gevoel soos ’n lam wat weggelei word om geslag te word.  Daarom vra hy dat die Here daadwerklik sal optree en wraak neem deur hulle te straf.

11:21-23 – Die Here belowe dat Hy ’n ramp oor die samesweerders sal bring

Die Here antwoord Jeremia deur eerstens te erken dat Jeremia se ervaring werklik is.  Trouens, die Here weet presies wie dit is.  Dit is Jeremia se eie mense uit Anatot wat sy ondergang soek.  Die Here belowe ook dat Hy ’n ramp oor die samesweerders sal bring, presies soos Hy in die vorige hoofstuk in terme van die verbond en sy vervloekinge en strawwe uitgespel het.

12:1-4 – Jeremia kla oor die goddeloses se voorspoed

Jeremia gaan vêrder om sy saak voor die Here te stel – nogal punt vir punt.  Die rede vir sy vrymoedigheid is God se regverdigheid. In die taal van verskeie van die Psalms (bv. 73) vra hy: “Waarom is die goddelose mense voorspoedig en het die ontrou mense geen sorge nie?”  Let op dat die goddelose mense wat Jeremia beskrywe nie op die oog af onverskillig is nie, maar “U is nie in hulle hart nie.”  Hulle is gelowige ateïste, by wyse van spreke.

Jeremia vergelyk dan homself met hulle: “U ken my, Here, U sien my en toets my gesindheid teenoor U,” en vra dat die Here aan dié mense sal doen wat hulle aan hom wil doen: “Bring hulle om die lewe soos skape by die slagplek”.  Hulle ongehoorsaamheid lei tot ekologiese rampspoed: “Die diere en voëls vergaan oor die boosheid van die inwoners van die land.”

12:5-17 – Die Here bemoedig en versterk Jeremia omdat daar vir hom nog moeiliker tye voorlê

Die antwoord van die Here lyk op die oog af na ’n teregwysing, en in ’n sekere sin is dit wel so.  Maar dit hang ook saam met die belofte van die Here by sy roeping dat die Here hom ’n vestingstad, ’n ysterpilaar, en ’n bronsmuur sal maak sodat hy teen alles en almal staande kan bly (1:18).  Die Here voorkom hiermee dus dat Jeremia homself bejammer en die aftog blaas weens die onvermydelike impak van goddeloses binne die gemeenskap van gelowiges.

Dit gaan nog moeiliker gaan, Jeremia,” is waarmee die Here sy klagtes troef.  Soldate op perde gaan moeiliker teenstanders as voetsoldate wees, en die digte bos van die Jordaan, by wyse van spreke, ’n moeiliker terrein as dié van ’n land van vrede.  Hy waarsku daarby dat hy sy eie familie nie moet vertrou nie, veral nie as hulle vriendelik is nie.  Hulle dra nie sy belange op die hart nie.

Die Here waarsku Jeremia dan dat Hy die volk verlaat het, omdat hulle Hom in die steek gelaat het, soos Jeremia se familie dit ook met hom gedoen het.  Let op die afskuwelike roofdier metafore waarmee die volk beskryf word: leeus, hiënas, en roofvoëls – diere met kloue, snawels en vreesaanjaende kake.  Hulle verskeur almal wat naby kom, in dié geval die Here – dit is die implikasie!  Geen wonder dat Hy ’n afkeer aan hulle gekry het nie.  Die teks sê letterlik dat Hy hulle begin “haat” het.

Dié manier van optrede boemerang egter op die volk, want die Here laat hulle verslae en verlate in hulle verwoesting.  Niemand word met rus gelaat nie.  Die gemeenskap en die landskap vergaan.

Tóg gee die Here ’n stuk hoop, al is dit iets wat eers ná die ballingskap verwesenlik kan word.  Die Judeërs sal weer teruggebring word na hulle land, omdat God Hom oor hulle sal ontferm, iets wat sewentig jaar later ’n werklikheid geword het.  Trouens, as die buurvolke die Here sal begin dien, sal hulle ook ’n plek kry onder die volk, anders sal daar vir hulle geen toekoms wees nie.

Dit wil voorkom asof Jeremia hier na Psalm 87 se visie van die insluiting van die nasies as inboorlinge van Israel verwys.  Vergelyk wat ek daaroor geskrywe het in my bydrae: “Elke persoon is in Sion gebore” oor Psalm 87.

Boodskap

Die klagte van Jeremia oor die samesweerders en goddeloses word ’n venster om dieper as dit die klagte van God self oor sy volk se roofdier karakter raak te sien.  Hulle probeer God met hulle kloue bykom.  Dat dít boemerang op hulle, gee die Here geen plesier nie.  Hy laat die rampspoed hulle tref sonder om daaruit behae te put.

Dat die Here selfs in ’n situasie van só ’n volgehoue vyandige gesindheid van die volk steeds bereid is om oor ’n hoopvolle toekoms te praat en op die koop toe die nasies in te sluit, is verstommend.  Aan só ’n God kan ’n mens jouself verbind.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d