Skip to main content

Jeremia 40:7-41:18 – Juda word verder lamgelê in ’n leierskapstryd

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie hoofstuk gee vir ons perspektief op die dilemma waarin die agtergeblewe Joodse gemeenskap verkeer het ná die koning en ander leiers weggevoer is.  Hulle was onmiddellik veral in die krisis van ’n leierskapstryd gedompel.

Aan die eenkant het Nebukadnesar vir Gedalja – een van die vier amptenare wat in Sedekia se tyd leiding geneem het – in bevel van die land geplaas.  Gedalja was ’n voorstander van onderhorigheid aan Nebukadnesar en Babel.  Hy kon egter nie die uitdagings om dié volk te lei, hanteer nie, selfs nie toe hy gewaarsku word teen die ander leiers wat hom wou doodmaak nie.

Aan die ander kant het daar militêre leiers oorgebly wat hulleself aanvanklik onder Gedalja se goewerneurskap kom stel het, maar gou probleme met hom ondervind het.  Onder hulle was daar Ismael en Joganan wat  elkeen sy eie rol sou speel in die magstryd wat hier ontvou.  Daarom word die twee ook eerste genoem in die lysie van bevelhebbers in vers 8.

Let op hoe elkeen van dié leiers ’n ander beleid van onderhorigheid aan die wêreldmagte van hulle tyd volg – aan die Galdeërs (Gedalja), die Ammoniete (Ismael), en Egipte (Joganan) – wat geweldige onderlinge stryd en konflik tot gevolg gehad het.  Nie een van die leiers het regtig die Here in die proses geken nie.  Selfs Joganan wat uiteindelik wel vir Jeremia vra om die Here te raadpleeg, slaan dié raad in die wind en gee pad na Tagpanges in Egipte, waar daar ’n Joodse kolonie was (hfst. 42).  Hoe tragies.

40:7-41:3 – Gedalja se beleid van onderhorigheid aan Babel

Gedalja het waarskynlik ingesien dat Nebukadnesar toegeeflik was teenoor dié wat onderhorigheid aan hom voorgestaan het.  Dit was immers ook iets wat Jeremia voorgestaan het, en waarvoor hy vrygelaat is.

Gedalja volg dus ’n beleid van onderhorigheid aan Babel en verseker die ander leiers dat hulle nie bang hoef te wees om hulle aan die Galdeërs te onderwerp nie: “Bly in die land en onderwerp julle aan die koning van Babel, dit sal goed gaan met julle.”

Hy bly ook in Mispa agter om die Galdeërs ter wille te wees en bied aan dat die manskappe kos en huisvesting in die omgewing kan kry.  Dié beleid laat ’n klomp Judeërs uit Moab, Ammon en Edom – die lande oos van die Jordaan – na Juda in Mispa terugkeer en hulle het ’n groot wyn- en vrugteoes ingesamel.

Joganan waarsku egter vir Gedalja teen Ismael dat dié eintlik reeds onderhorigheid aan die Ammoniete gesweer het en daarop uit was om Gedalja om die lewe te bring.  Gedalja glo dit egter nie, selfs nie toe Joganan aanbied om Ismael in die geheim dood te maak nie.

Ismael, uit die koninklike geslag, het egter presies gedoen waarteen Joganan vir Gedalja gewaarsku het en sommer verder gegaan en behalwe vir Gedalja ’n hele aantal van die Judeërs sowel as van die agtergeblewe Galdese soldate doodgemaak.

41:4-10 – Ismael  se beleid van samewerking met die Ammoniete

Ismael se bloeddorstigheid ken egter geen perke nie.  Toe daar tagtig mans uit Sigem, Silo en Samaria aankom, waarskynlik pelgrims weens die tekens van vas wat beskryf word, en die offers wat hulle wou bring, ontvang Ismael hulle met trane, maar maak hulle op slinkse manier dood.  Tien ontsnap deurdat hulle hom omkoop met ’n klomp weggesteekte kos wat hulle aan hom bekend maak. Die res word in die put van koning Asa gegooi.  Daarna het hy al die ander mense van Mispa bymekaargemaak en na die Ammoniete ontvoer.

41:11-18 – Joganan se beleid van onderhorigheid aan Egipte

Joganan tree egter met spoed op teen Ismael en kry al die mense wat weggevoer is terug, hoewel Ismael ontsnap met agt man na die Ammoniete.  Daarmee word Joganan die leier van die oorblywendes.  Hy is egter bang vir die Galdeërs omdat Gedalja doodgemaak is, en hulle nou vir die koning se wraak bang was. Daarom nader hulle vir Jeremia om vir hulle te bid, soos ons in die volgende hoofstuk sal lees.

Boodskap

Die leierskap krisis wat Juda in die twee dekades ná die dood van koning Josia beleef het met die opeenvolgende swak leierskap van Joahas, Jojakim, Jojagin en Sedekia gaan in ’n seker sin net voort in die tyd van ballingskap.  Gedalja tree aanvanklik reg op, maar luister nie na die goed bedoelde waarskuwings van Joganan wat boonop in die kol is nie.  Ismael tree met ’n ongebreidelde bloeddorstigheid op wat eintlik net in tragedie kan eindig.  Gelukkig dat Joganan daar ook ’n reddende rol speel, hierdie keer aanvaar met waardering deur die volk.  Maar ook hy sal uiteindelik nie die ware toets van leierskap kan deurstaan nie, en dit is om nie net te vra na God se leiding nie, maar dit inderdaad te volg, al kos dit ook baie moed om die Here te vertrou.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jeremia


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms