Skip to main content

Internasionale dag van die Bybel 23 November

Dit is vandag, 23 November, die Internasionale dag van die Bybel na aanleiding van Habakuk 2:14 “Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.”  Daar is ‘n leesplan by die skakel beskikbaar, en die idee is om 12:00 vandag almal saam ‘n gedeelte uit die Bybel te lees.  Gebruik #BibleCelebration en deel met ons die gedeelte wat jou tref.

Ek self lees Psalm 140, die gedeelte vir die dag by Bybelskool.com​.  Dit is ‘n baie gepaste gebed in die lig van die bedreiging van wêreldvrede op só baie plekke, veral in Frankryk, België, Irak, Iran, Sirië, Kenia, Somalië en nog baie ander.  Geweldenaars is Godloënaars, en dié Psalm verkondig ‘n God wat die regsaak van magteloses en behoeftiges behartig.

Kom ons bid daarvoor.  En bely dat regverdiges sy Naam sal loof; dat opregtes in sy teenwoordigheid sal woon.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bybel


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar