Skip to main content

WEEK 3 – Jesaja 13-27

Die boodskappe teen die nasies in hoofstuk 13-23 word meesal orakels genoem.  Ons vind die term in die opskrifte van die profesieë teen Babel (13:1; 21:1), Filistyne (14:28), Moab (15:1), Damaskus (17:1), Egipte (19:1), Edom (21:11), Arabië (21:13), Jerusalem (22:1) en Tirus (23:1).   By die uitspraak teen Assirië word die woord eed afgelê gebruik om die oordeelsaankondiging te maak (14:24), en by Kus (18:1) word die woord ellende gebruik, wat weer in hoofstuk 28 en verder vir oordeelsuitsprake gebruik gaan word.

Die woord orakel (massâ – letterlik las [Engels: burden]) beteken ’n gewigtige uitspraak (ou Afrikaanse vertaling het dit vertaal met Godspraak, hoewel die woord God nie in die Hebreeus verskyn nie).  Soortgelyke versamelings profesieë teen die nasies vind ons ook in Jeremia 46-51 (teen Egipte, Filistyne, Moab, Ammoniete, Edom, Damaskus, Kedar en Gasor [Arabië], Elam [die Hoogland noord-oos van Babel]) en Esegiël 25-32 (teen Ammoniete, Moab, Edom, Filistyne, Tirus, Sidon, Egipte)

Dit is interessant dat Jerusalem hier in hoofstuk 22 ingesluit word by die orakels, terwyl in hoofstuk 14 daar ’n heilsprofesie is wat dui op die nuwe toekoms wat na die val van Babel vir die verenigde volk, Juda en Israel, sal aanbreek.

Die volledige lys van nasies waarteen die oordeelsuitsprake van Jesaja gemik is, is, saam met die perikope:

  1. Babel (13-14:23 en 21:1-10 – in die tyd van Jesaja ’n mag vir die toekoms wat Assirië se mag ’n eeu later breek in 612 v C; die profesie gaan eers in vervulling in 539 v C toe Babilon deur Kores van die Perse en Mediërs verower is – dit is in die huidige Irak),
  2. Assirië (14:24-27 – ’n baie groot empire wat sedert 1120 onder Tiglat-Pileser I vir 5 eeue die wêreldtoneel met opeenvolgende dinastieë oorheers het),
  3. Filistyne (14:28-32 – seestrook langs Israel van Joppe in die noorde tot Gasa in die suide, vandag bekend as die Gasa-strook, waar steeds groot konflik tussen die Israelis aan die een kant en die Palestynse en Arabiese bevolking aan die ander kant heers),
  4. Moab (15-16 – oos van die Dooie See, nageslag van Lot se verbintenis met sy een dogter),
  5. Damaskus en Efraim (17 – die Arameërs en die Israelitiese Noordryk word saam gegroepeer, vermoedelik weens die gesamentlike bedreiging teen Juda waarvan ons in hfst. 7 gelees het – vandag vind ons Damaskus in Sirië; dit is een van die oudste stede in die wêreld),
  6. Kus (18 – Ethiopië in Afrika),
  7. Egipte (19 – Afrika speel dus regdeur die geskiedenis ’n prominente rol!),
  8. Edom (21:11-12 – nageslag van Esua [edom beteken rooi, wat verwys na Esau se gelaatskleur, sowel as die kleur van die lensies – Gen 25] – suid-oos van die Dooie See),
  9. Arabië (21:13-17),
  10. Jerusalem (22),
  11. Tirus (23 – hoofstad van die seevarende Fenisiërs wat op ’n eiland geleë was wat intussen ’n skiereiland geword het – vandag is dit die stad Sur in Lebanon).

Tussenin is daar die vreemde verhaal van Jesaja se liggaams-profesie in hoofstuk 20 wat ook ’n woord teen Ethiopië (Kus) en Egipte was, en die orakels in die voorafgaande hoofstukke 18-19 teen die twee volke versterk het.

Die boodskappe word opgevolg in die “Apokalips van Jesaja” in hoofstukke 24-27 waar die oordeel van die Here uitgebrei word na die hele aarde toe.  Dit sluit die wonderlike heilsboodskap in dat God aan die einde ’n feesmaal vir die volke sal voorberei (25) met ’n totale lotsverandering vir sy volk (26-27).

Ons lees hoofstuk 13-27 as volg:

Donderdag 3 Februarie Jesaja 13-14
Vrydag 4 Februarie Jesaja 15-17
Maandag 7 Februarie Jesaja 18-20
Dinsdag 8 Februarie Jesaja 21-23
Woensdag 9 Februarie Jesaja 24-27
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.