Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag
- Lakis lê so 40 km suid van Jerusalem – opgrawings bevestig die verwoesting van Lakis deur die Assiriërs. Assirië val hulle dus vanuit hulle eie grondgebied aan.
- Sanherib het koning van Assirië geword in 705 v C as Sargon II se opvolger en sy ryk begin uitbrei na Judese gebied.
- Hiskia het in 715 v C koning geword, wat beteken dié beleëring het in 701 v C plaasgevind.
- Die plek vanwaar hulle die stad beleër het, die kanaal op pad na die Bleikveld, is presies waar Agas die stad wou beveilig met die vorige bedreiging van die Arameërs en die noordryk (Jes 7:3), baie duidelik ‘n strategiese punt.
- Eljakim en Sebna tref ‘n mens ook in hoofstuk 22:15-25 aan, oor wie Jesaja daar ‘n oordeel uitgespreek het. Hulle boesem ook nie hier veel vertroue in nie, en dit wil lyk asof hulle rolle reeds omgeruil is soos vroeër voorspel.
Let op met hoeveel finesse die hoofadjudant van Sanherib die Joodse afvaardiging bang praat.
- Oor Egipte: Hy vat hulle aan oor hulle poging om met Egipte ‘n alliansie aan te gaan, en wys uit hoe vrugteloos dit is. Woorde is nie genoeg nie! (36:4-6; 8-9)
- Oor Hiskia: Hy verdraai die betekenis van die hervormings wat Hiskia aangebring het, en sê dat dit die Here se altare is wat Hiskia verwoes het – dit terwyl dit juis nie so was nie; Hiskia het die wet se voorskrifte nagekom om die Joodse volk te lei om net in Jerusalem te aanbid (36:7). Die hoofadjudant vry daarmee natuurlik ook na die Joodse teëstanders van Hiskia se hervormings – slim!
- Oor God: En Hy maak aanspraak daarop dat dit God se wil is dat hulle Juda onderwerp. Let op hoe hy God se persoonsnaam Jahwe (Here) vir sy doel inspan (36:10)! Maar dan gaan hy voort om juis dié God te relativeer as Een wat hulle nie uit Assirië se hand sal kan red nie.
Geen wonder die Joodse afvaardiging wil nie hê die manskappe moet hoor wat gesê word nie! Die hoofadjudant spreek dan egter juis die manskappe toe en raai hulle aan om nie op die koning of sy God te vertrou nie. Anders sal dit hulle suur bekom. Onderwerping bring vir hulle vrede, al is dit nie in hulle eie land nie. Maar teënstand sal tot groot verdrukking lei.
Let op hoe die koning die manskappe beveel om nie te antwoord nie, en hulle stilbly. Die eerste tekens van ‘n gehoorsaamheid aan die opdrag van die Here in Jes 30 dat hulle krag lê in stilwees en vertroue, saam met gebed, soos ons in die volgende hoofstuk gaan sien.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - January 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - January 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - January 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - January 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - January 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - January 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - January 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - January 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - February 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - February 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - February 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - February 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - February 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - February 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - February 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - February 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - February 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - February 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - February 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - February 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - February 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - February 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - February 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - February 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - February 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - February 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - February 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - February 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - March 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - March 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - March 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - March 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - March 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - March 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - March 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - March 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - March 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - March 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - March 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - March 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - March 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - March 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - March 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - March 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - March 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - March 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - March 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - March 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - March 29, 2011
- Jesaja afsluiting - March 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - February 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar