Skip to main content

WEEK 6 – Jesaja 40-48

Die tweede hoofdeel van Jesaja, hoofstuk 40-66, werk met God se nuwe plan om ‘n oorblyfsel te red wat Hom sal dien in ‘n nuwe bedeling waarin die dienaar van die Here ‘n sleutelrol speel.

‘n Tergende vraag wat geleerdes besig gehou het die afgelope eeu is die identiteit van die sogenaamde “dienaar van die Here” in Jesaja 40-66.  Nie dat dit ‘n splinternuwe vraag is nie.  Die Ethiopiese finansiële amptenaar het dit al vir Filippus op die pad na Gasa gevra, terwyl hy Jesaja 52-53 gelees het (Hand 8:34).  Filippus het dit duidelik met Jesus geïdentifiseer, soos Paulus waarskynlik ook in Filippense 2:5-11 doen (vgl ook Lukas daaroor in Luk 22:37 en Hand 3:13, 26 [Jesus word Sy dienaar genoem], sowel as Petrus in 1 Pet 2:22; 3:18).

Duhm het in die 19de eeu Jesaja 42:1–4; 49:1–6; 50:4–9; 52:13–53:12 uitgesonder as die 4 fokustekste vir dié vraagstuk, wat meesal slaafs nagevolg word deur kritiese geleerdes.  Interessant genoeg kom die frase dienaar van die Here glad nie in die Hebreeuse grondteks van dié gedeeltes voor nie!  Die Hebreeuse frase kom eintlik net een keer in Jesaja voor, nl in Jes 42:19.  Daar kan dit waarskynlik met Israel geïdentifiseer word, wat waarskynlik verklaar waarom Duhm dit nie ingesluit het in sy seleksie nie.  Verbasend dat geleerdes hulle steeds deur hom laat begelei.

Daar is egter vele verwysings na my/sy dienaar (in die enkelvoud of die meervoud) in die tweede deel van Jesaja, wat beteken dat ‘n mens die Jesaja teks as ‘n geheel moet lees om sin van die verwysings te maak.  Jy kan nie net fokus op die vier Duhm tekse nie.  Baie keer is dit duidelik dat met hierdie dienaar Israel (Jakob, Sion) of die gelowiges/geroepenes bedoel word, soos die konteks duidelik maak (kyk tabel hieronder) maar soms is dit steeds onseker wie hierdie dienaar is.[1] Terloops, Kores word nooit die dienaar van die Here genoem nie, maar wel herder en gesalfde.

Hier is ‘n lys van die woorde/frases met die verwysings en die moontlike betekenis daarvan (onseker bedoel hier doodgewoon dat dit nie reguit uit die konteks afgelei kan word nie):

WOORD OF FRASE VERWYSING BETEKENIS
“dienaar van Jahwe”
  • 42:19
  • Israel?
“my dienaar”
  • 41:8, 9
  • 42:1, 19
  • 43:10
  • 44:1, 2, 21
  • 45:4
  • 49:3
  • 52:13
  • 53:11
  • = Israel, Jakob
  • Onseker
  • Onseker, maar nie Israel nie
  • = Israel, Jakob
  • = Israel, Jakob
  • = Israel
  • Onseker
  • Onseker, word ook “regverdige” genoem
“sy dienaar”
  • 48:20
  • 49:5
  • 50:10
  • =Jakob
  • Onseker, maar nie Jakob nie
  • Onseker
“dienaar van regeerders”
  • 49:7
  • Onseker
“dienaars”
  • 44:26
  • 54:17c
  • 63:17
  • 65:13, 14, 15
  • 66:14
  • Gelowiges/geroepenes? [2]
  • Gelowiges/geroepenes?
  • Gelowiges/geroepenes?
  • Gelowiges/geroepenes?
  • Gelowiges/geroepenes?
“Israel”
  • 41:8, 14
  • 43:1, 3, 15, 22, 28
  • 44:1, 5, 6, 21, 23
  • 45:3, 4, 11, 15, 17, 25
  • 46:3
  • 48:1, 2, 12, 17
  • 49:3, 5, 6, 7
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
“Jakob”
  • 41:8, 14, 21
  • 42:24
  • 43:1, 22, 28
  • 44:1, 2, 5, 21, 23
  • 45:4, 19
  • 46:3
  • 48:1, 12, 20
  • 49:5, 6, 26
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
“Sion”
  • 49:14
  • 51:3, 11, 16
  • 52:1, 7, 8
  • 59:20
  • 60:14
  • 61:3
  • 62:1, 11
  • 64:10
  • 66:8
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
“Kores”
  • 44:28
  • 45:1
  • Kores as herder
  • Kores as gesalfde

[3]

Douglas Stuart wys hoe daar ‘n progressie in die idee van die dienaar van die Here is – aanvanklik word nog met die idee van Israel as die onwillige dienaar van die Here gewerk, maar veral in 49-53 word dit op ‘n Individu van toepassing gemaak, wat nie net vir Israel instaan nie, maar deur sy lydende gehoorsaamheid hulle verlos sowel as die nasies. Dit doen hy deur spesifiek die probleem van die sonde aan te spreek en versoening tussen God en die volk/nasies te bewerk.

Tussendeur word Kores as God se gesalfde herder-verlosser bekendgestel wat die terugkeer na die Beloofde Land moontlik maak.

Ons lees Jesaja 40-48 hierdie week as volg:

Donderdag 24 Februarie Jesaja 40-41 – Die onvergelyklike Here ontferm Hom oor sy volk; Hy hou sy volk vas en stel Kores oor die nasies aan
Vrydag 25 Februarie Jesaja 42-43 – Die Here stel sy dienaar aan, en verlos sy volk al dien hulle Hom nie
Maandag 28 Februarie Jesaja 44-45:8 – God seën Israel se kinders, want Hy is die enigste God en stel dienaars aan soos Hy dit wil.
Dinsdag 1 Maart Jesaja 45:9-46:13 – God is die Skepper van alles; Hy alleen kan red.
Woensdag 2 Maart Jesaja 47-48 – God oordeel vir Babel en red vir Israel

[1] Terloops: selfs in die eerste deel  van Jesaja kom hierdie frase my dienaar voor, maar daar is dit duidelik wie bedoel word.  Kyk bv. Jes 22:20, waar Eljakim, wat Sebna as hoë amptenaar vervang (om later self te sneuwel) “my dienaar” genoem word.

[2] Afr vertaling het ’n enkelvoud, soos in heelwat Hebreeuse manuskripte, maar die parallelle frase in die vers, “boodskappers” dui op ’n meervoud, soos Watts dit dan ook voorstel.

[3]Gebaseer op Watts se lys in die Word Biblical Commentary reeks

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms