WEEK 6 – Jesaja 40-48

Die tweede hoofdeel van Jesaja, hoofstuk 40-66, werk met God se nuwe plan om ‘n oorblyfsel te red wat Hom sal dien in ‘n nuwe bedeling waarin die dienaar van die Here ‘n sleutelrol speel.

‘n Tergende vraag wat geleerdes besig gehou het die afgelope eeu is die identiteit van die sogenaamde “dienaar van die Here” in Jesaja 40-66.  Nie dat dit ‘n splinternuwe vraag is nie.  Die Ethiopiese finansiële amptenaar het dit al vir Filippus op die pad na Gasa gevra, terwyl hy Jesaja 52-53 gelees het (Hand 8:34).  Filippus het dit duidelik met Jesus geïdentifiseer, soos Paulus waarskynlik ook in Filippense 2:5-11 doen (vgl ook Lukas daaroor in Luk 22:37 en Hand 3:13, 26 [Jesus word Sy dienaar genoem], sowel as Petrus in 1 Pet 2:22; 3:18).

Duhm het in die 19de eeu Jesaja 42:1–4; 49:1–6; 50:4–9; 52:13–53:12 uitgesonder as die 4 fokustekste vir dié vraagstuk, wat meesal slaafs nagevolg word deur kritiese geleerdes.  Interessant genoeg kom die frase dienaar van die Here glad nie in die Hebreeuse grondteks van dié gedeeltes voor nie!  Die Hebreeuse frase kom eintlik net een keer in Jesaja voor, nl in Jes 42:19.  Daar kan dit waarskynlik met Israel geïdentifiseer word, wat waarskynlik verklaar waarom Duhm dit nie ingesluit het in sy seleksie nie.  Verbasend dat geleerdes hulle steeds deur hom laat begelei.

Daar is egter vele verwysings na my/sy dienaar (in die enkelvoud of die meervoud) in die tweede deel van Jesaja, wat beteken dat ‘n mens die Jesaja teks as ‘n geheel moet lees om sin van die verwysings te maak.  Jy kan nie net fokus op die vier Duhm tekse nie.  Baie keer is dit duidelik dat met hierdie dienaar Israel (Jakob, Sion) of die gelowiges/geroepenes bedoel word, soos die konteks duidelik maak (kyk tabel hieronder) maar soms is dit steeds onseker wie hierdie dienaar is.[1] Terloops, Kores word nooit die dienaar van die Here genoem nie, maar wel herder en gesalfde.

Hier is ‘n lys van die woorde/frases met die verwysings en die moontlike betekenis daarvan (onseker bedoel hier doodgewoon dat dit nie reguit uit die konteks afgelei kan word nie):

WOORD OF FRASE VERWYSING BETEKENIS
“dienaar van Jahwe”
  • 42:19
  • Israel?
“my dienaar”
  • 41:8, 9
  • 42:1, 19
  • 43:10
  • 44:1, 2, 21
  • 45:4
  • 49:3
  • 52:13
  • 53:11
  • = Israel, Jakob
  • Onseker
  • Onseker, maar nie Israel nie
  • = Israel, Jakob
  • = Israel, Jakob
  • = Israel
  • Onseker
  • Onseker, word ook “regverdige” genoem
“sy dienaar”
  • 48:20
  • 49:5
  • 50:10
  • =Jakob
  • Onseker, maar nie Jakob nie
  • Onseker
“dienaar van regeerders”
  • 49:7
  • Onseker
“dienaars”
  • 44:26
  • 54:17c
  • 63:17
  • 65:13, 14, 15
  • 66:14
  • Gelowiges/geroepenes? [2]
  • Gelowiges/geroepenes?
  • Gelowiges/geroepenes?
  • Gelowiges/geroepenes?
  • Gelowiges/geroepenes?
“Israel”
  • 41:8, 14
  • 43:1, 3, 15, 22, 28
  • 44:1, 5, 6, 21, 23
  • 45:3, 4, 11, 15, 17, 25
  • 46:3
  • 48:1, 2, 12, 17
  • 49:3, 5, 6, 7
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
  • Israel
“Jakob”
  • 41:8, 14, 21
  • 42:24
  • 43:1, 22, 28
  • 44:1, 2, 5, 21, 23
  • 45:4, 19
  • 46:3
  • 48:1, 12, 20
  • 49:5, 6, 26
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
  • Jakob
“Sion”
  • 49:14
  • 51:3, 11, 16
  • 52:1, 7, 8
  • 59:20
  • 60:14
  • 61:3
  • 62:1, 11
  • 64:10
  • 66:8
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
  • Sion
“Kores”
  • 44:28
  • 45:1
  • Kores as herder
  • Kores as gesalfde

[3]

Douglas Stuart wys hoe daar ‘n progressie in die idee van die dienaar van die Here is – aanvanklik word nog met die idee van Israel as die onwillige dienaar van die Here gewerk, maar veral in 49-53 word dit op ‘n Individu van toepassing gemaak, wat nie net vir Israel instaan nie, maar deur sy lydende gehoorsaamheid hulle verlos sowel as die nasies. Dit doen hy deur spesifiek die probleem van die sonde aan te spreek en versoening tussen God en die volk/nasies te bewerk.

Tussendeur word Kores as God se gesalfde herder-verlosser bekendgestel wat die terugkeer na die Beloofde Land moontlik maak.

Ons lees Jesaja 40-48 hierdie week as volg:

Donderdag 24 Februarie Jesaja 40-41 – Die onvergelyklike Here ontferm Hom oor sy volk; Hy hou sy volk vas en stel Kores oor die nasies aan
Vrydag 25 Februarie Jesaja 42-43 – Die Here stel sy dienaar aan, en verlos sy volk al dien hulle Hom nie
Maandag 28 Februarie Jesaja 44-45:8 – God seën Israel se kinders, want Hy is die enigste God en stel dienaars aan soos Hy dit wil.
Dinsdag 1 Maart Jesaja 45:9-46:13 – God is die Skepper van alles; Hy alleen kan red.
Woensdag 2 Maart Jesaja 47-48 – God oordeel vir Babel en red vir Israel

[1] Terloops: selfs in die eerste deel  van Jesaja kom hierdie frase my dienaar voor, maar daar is dit duidelik wie bedoel word.  Kyk bv. Jes 22:20, waar Eljakim, wat Sebna as hoë amptenaar vervang (om later self te sneuwel) “my dienaar” genoem word.

[2] Afr vertaling het ’n enkelvoud, soos in heelwat Hebreeuse manuskripte, maar die parallelle frase in die vers, “boodskappers” dui op ’n meervoud, soos Watts dit dan ook voorstel.

[3]Gebaseer op Watts se lys in die Word Biblical Commentary reeks

View all posts in this series

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: