Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed
Jesaja fokus hier op:
- die ellende wat wag vir Samaria in Israel – 28:1-6;
- die val van die priesters en profete in Jerusalem – 28:7-13;
- die hoop vir Sion van ‘n nuwe fondament, ‘n hoekklip – 28:14-22; en
- die kennis van God wat alles voorspoedig kan laat loop – 28:23-29.
Hoewel die gedeelte dus met oordeel begin, eindig dit met ‘n wonderlike woord oor God se voorsiening, en ‘n uiters waardevolle les in geestelike onderskeiding.
28:1-6: Met die metafoor van iemand wat ‘n vy wegsluk, word die val van Samaria, die hoofstad van die noordryk, Israel, aangekondig. Let op dat dit steeds weens hulle dronkenskap en hoogmoed is (dronk van hoogmoed?). Let ook op hoe die negatiewe beskrywing van Samaria as ‘n kroon of blommekrans op ‘n positiewe manier op die Here van toepassing gemaak word. Hý wil die trots wees van sy mense, wat dan aan hulle ‘n sin vir reg sal verleen en in staat sal stel om alle aanvalle die hoof te bied.
28:7-13: Jerusalem se priesters en profete is nie beter as die leiers in Samaria nie. Hulle waggel ook oor hulle voete en kan nie gesigte uitlê (profete) of reguit beslissings maak (priesters) nie. Hulle uitsprake word met braaksel vergelyk. Die opstand teen Jesaja – ons hoor net ‘n bietjie brabbeltaal van hom – sal met God se oordeel oor hulle begroet word – hulle uitsprake sal ‘n bietjie brabbeltaal word. Let op hoe Jesaja (die hy in vers 12) die priesters en profete se taak as rusbring uitspel, in dié sin dat hulle 1) God se woorde (gesigte) moet uitlê en 2) reguit beslissings moet maak. Rus is om God se woord reg te hoor en reg uit te leef.
Dit spreek my nogal aan: geestelike leiers moet geestelike insig bring oor wie God is en wat Hy sê en doen, sowel as om geestelike onderskeiding te gee oor wat dit in die praktyk beteken. Nogal iets wat ek ter harte neem.
28:14-22: Jesaja vat die leiers van Jerusalem aan oor hulle arrogante doodsveragtende leuenagtige lewenshouding. Hulle lieg oor hulle pro-Assiriese houding, en smee eintlik bande met Egipte teen Assirië en dink dat hulle daarmee sal wegkom. Teenoor hierdie valsheid sal God geregtigheid bring wat die leuens aan die kaak sal stel en uitwis. Hulle sal die ongemak – bed te kort, kombers te smal – van geen beskerming teen natuurrampe en die dood beleef.
Die gebeure by Perasimberg verwys waarskynlik terug na Dawid se oorwinning oor die Filistyne by Grootkloof, waar die Here ‘n wonderoorwinning vir hulle behaal het (2 Sam 5:17–25 – daar was ‘n geritsel in die toppe van die melkbosse! Lees meer by my bydrae daaroor: 2 Samuel 5 – ons is tog almal u eie mense). Grootkloof heet ook Baäl-Perisim, en kan waarskynlik met Perasimberg verbind word. Die verwysing na die laagte by Gibeon kan na dieselfde oorwinning verwys (hulle het daar verby beweeg) of ook na die oorwinning wat die Here vir Josua laat behaal het met die son wat in Gibeon stilgestaan het (Jos 10).
Die boodskap van die hoekklip vind op ‘n besondere manier in die NT weerklank in Paulus (Rom 9:33; 10:11) en Petrus (1 Pet 2:6) se onderrig oor Jesus as die fondament, die hoekklip, van die Christelike kerk. Onthou ook die ander kant, die klip waarteen ‘n mens jou voet stamp, soos Jes 8:14 op die tafel gesit het en ook deur Paulus en Petrus gebruik word.
28:23-29: In ‘n besondere metafoor geleen by die saaiboere, word God se onderrig van sy mense met die strategie en metodiek in die saai en oes van verskillende sade verduidelik. Daar is duidelike ooreenkomste (voorberei, saai, oes, dors), maar ook duidelike verskille (elke saad het sy plek en word verskillend geoes). Net so is geestelike onderskeiding nodig om met oorleg die kompleksiteit van God se wil prakties te kan uitvoer. Daar is algemene beginsels wat geld (reg, afhanklikheid) maar ook uiteenlopende strategieë en metodes.
Wanneer ‘n mens se oor egter so ingestel is op Sy detail onderrig, verloop dinge nie net voorspoedig nie, maar beleef ‘n mens die wonder van Goddelike kommunikasie. Let ook op hoe hierdie beskrywings ‘n mens leer dat daar ‘n seisoen is van strategiese voorbereiding en werk, gevolg deur ‘n seisoen van geduldige wag en versorging in die rypwordingsproses (veronderstel in die teks), en uiteindelik ‘n seisoen vir die versigtige en sorgvuldige oes en dors van die vrug van die oes. Alles het sy plek en tyd en moet stap vir stap ten uitvoer gebring word.
Wat my net diep onder die indruk bring van hoe belangrik hierdie reis met God se Woord vir my eie praktiese geestelike lewe is! Daar is strategieë wat ‘n mens volg in die lees van God se Woord, daar is geduld en vertroue in die wag op God wat groei bring, en daar is nougesette en sorgvuldige uitvoering van wat jy by God hoor.
Hoop dit is ook so vir jou!
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - Jan 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - Jan 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - Jan 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - Jan 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - Jan 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - Jan 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - Jan 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - Jan 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - Feb 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - Feb 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - Feb 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - Feb 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - Feb 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - Feb 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - Feb 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - Feb 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - Feb 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - Feb 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - Feb 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - Feb 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - Feb 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - Feb 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - Feb 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - Feb 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - Feb 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - Feb 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - Feb 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - Feb 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - Mar 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - Mar 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - Mar 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - Mar 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - Mar 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - Mar 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - Mar 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - Mar 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - Mar 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - Mar 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - Mar 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - Mar 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - Mar 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - Mar 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - Mar 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - Mar 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - Mar 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - Mar 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - Mar 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - Mar 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - Mar 29, 2011
- Jesaja afsluiting - Mar 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - Feb 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017