Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Avatar

    JurieJurgens

    |

    My gedagtes gaan weer terug na Jes 7:12 waar koning Agas “nee, dankie” gese het vir ‘n teken van die Here – seker ondat dit sy eie keuses oor staatsbeleid sou ingeperk het. Nou dink ek net – wat sal die wereldleiers van vandag se vir ‘n uitnodiging om ‘n teken van God te ontvang oor bv. die vraag oor wat gedoen moet word oor groeiende verdedigings-begrotings aan die een kant en skryende armoede en verhongering van miljoene mense? Wie sou braaf genoeg wees om onvoorwaardelik ‘n teken te vra? En as ek aan myself dink? Ek bid dikwels vir die armes en huisloses in ons metro, maar is ek bereid om onvoorwaardelik vir ‘n “teken” te vra oor wat ek moet doen??

    Reply

  • Avatar

    Jurie Jurgens

    |

    Oor verse 11 & 12. Ek lees in ‘n kommentaar dat die Edomiete hier na die profeet roep en vra hoelank hul onderdrukking deur die Babiloniers (die nag) nog gaan duur, en dan antwoord die profeet dat die more (uitredding) sal kom vir Jerusalem, maar vir Edom sal dit nag bly. Hy verwys na ander tekste soos Ps 137:7.
    Hierdie is nie my “wyse woorde” nie – dit kom uit Thesaurus of Sriptural Knowledge wat ook op my E-sword is. En dit pas in by verse 6-9 en maak nogal sin, of hoe dink jy?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ja, dit is een manier om dit te verduidelik, hoewel die Psalm verwysing nie vir my sin maak nie. Die Bybel in Praktyk sê iets soortgelyks: “Die boodskap kom daarop neer dat dit vir hierdie gebied blywend nag is. In die loop van verdere gebeurtenisse sal daar rede wees om die versoek te herhaal (34:5–17). In die tyd van Jesaja is Edom ten minste drie keer deur die Assiriërs onderwerp.” Maar, dan bly die probleem steeds om Duma te interpreteer, waaraan ek wel my hand gewaag het, maar steeds onseker oor voel.
      Watts het die volgende daaroor te sê en stel eintlik voor dat ‘n mens die misterieuse karakter van die teks aanvaar:
      “Verse 11: A second burden has an even more ambiguous and mysterious title: “Silence.” The sound of the Hebrew word is similar to “Edom,” and the reference to Seir in the next line leads the lxx to insert that name here. Wildberger thinks it refers to a place name. Schlossberg has called attention to medieval rabbinic interpretations of this passage. Rav Saadia Gaon interpreted the text in terms of Dumah, son of Ishmael (Gen 25:14) and a place called Dumat al-Gandel in the northwestern area of modern Saudi Arabia. Other rabbis and Karaite commentaries follow his interpretation in relating this prophecy to Ishmael, though earlier Talmudic literature related the prophecy to Edom. However, the parallel to other ambiguous titles (21:1, 13; 22:1) suggests that it be allowed its mysterious character, especially in view of the ambiguity in the keeper’s response (v 12). The theme of a lookout or watchman is continued from vv 6 and 8. The question is broad and common.
      Verse 12: The answer says nothing specific, only recognizing that it is proper to ask, even when nothing can be given in reply. It reflects the times when people want to know what is happening, anxiously anticipating great and fearful events, yet recognizing that those events have not come into sight. Geyer provides a very thorough discussion of possible mythological connections.”

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Herman Steyn

    |

    Hallo Chris.

    Kan jy my die Excell file stuur wat jy na verwys in Markus asseblief.
    Ek geniet jou werk verskriklik baie. Baie insiggewend end leersaam.

    Ek het nog nooit tevore werk gekry wat so goed verduidelik word nie.

    Die Here se seën sky duidelik deur in jou en jou werk.

    Byvoorbaat dankie.

    Herman

  • Avatar

    bonita

    |

    Baie dankie vir u leering leer baie

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek is bly Gerhard. Geniet dit.

  • Avatar

    Gerhard

    |

    Good morning. Baie dankie vir die leering wat ek ontvang in die bybel skool wat ek ontvang. Die Here seen dit.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Hertha. Ek is bly! Ek het geskryf oor die Sabbat op verskillende plekke. Jy kan hier lees. Daar is ook ‘n skakel daarin na ‘n vorige skrywe van my oor die Sabbat. Dit was Saterdag, die sewende dag van die week.

  • Avatar

    Hertha

    |

    Baie dankie. Daar is darem nou lig vir my vir openbaring. Ek het net 1 vraag watter dag dink u is Sabbat?

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Baie dankie Chris vir hierdie helder skriflig. Ek ondersteun jou heelhartig!!

  • Avatar

    johanb

    |

    Dagsê Chris en lesers
    Dit is ‘n openbaring om die baie interessante boek, Josua te sien as die enigste boek in die Bybel wat die naam van Jesus het – dit moet dus iets besonders bevat. Die hele fisiese Joshua-stryd word vir ons baie sterk beklemtoon op ‘n geestelike en profeteiese wyse in die boek Efésiērs.
    Hoofstuk-10 is ‘n mini profetiese weergawe en tipologie van die groot globale styd aan die einde van die tyd soos in Daniel en veral Openbaringe – dieselfde figure en gebeure word gereflekteer – soos die koning van die konfederasie wat homself as “the Lord of righteousness” noem – die haelsteen stortvloed – die konings wat shuiling soek in die grotte ensovoorts – maar die ware “Lord of righteousness” gaan sy verkyning maak en alles van die wêreld orde vernietig – net soos in Josua beskryf – is dit nie wonderlik nie – Prys die Here wat die stryd voer.

  • Avatar

    Neels Hubinger

    |

    Dankie Chris vir die perspektief van “afhandeling, afronding, oorwinning, lofprysing” en sluit in ons tyd aan by ons Sondag van aanbidding, rus en lofprysing in die gemeenskap van gelowiges… Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Neels. Die kommentare fokus op ‘n kombinasie van twee Skriftradisies as agtergrond vir die sewe dae se liturgiese prosessie om Jerigo.

    1. Die eerste is die skeppingstradisie wat in herinnering geroep word. Soos die ses skeppingsdae uitmond op die sewende dag se rus (Gen 1), só gebeur dit ook met hierdie liturgiese prosessie om Jerigo. Die sewende dag bring afhandeling en afronding met die oorwinning oor Jerigo (Jos 6).
    2. Die tweede is die Uittogtradisie met die Paasfees en die fees van die ongesuurde brood. Dit het ook sewe dae aangehou en het geëindig met die viering van die oorwinning oor Egipte en die rus waarheen God hulle nou na Kanaän gaan lei (Eks 12-13). Onthou dat Israel ook só pas die Paasfees by Gilgal gevier het, waarin dié Uittog in herinnering geroep is. Hulle is nou in die tyd van die fees van die ongesuurde brood (Jos 5). Die liturgiese prosessie rondom Jerigo lê dus in die verlengde van dié fees. Die sewende dag bring dus hier by Jerigo ook oorwinning (Jos 6).

    Of dit ‘n Sabbatdag was, is egter onseker, want dit staan nie in die teks nie. Maar, dit sou sin maak as dit was. Hulle het in elk geval nie die trekkery om Jerigo opgeskort indien die Sabbatdag êrens anders in die week geval het nie.

%d bloggers like this: