Jesaja – Lees, luister, leef – ePub
Beskrywing
Die profeet Jesaja tree in ‘n baie moeilike tyd op. Die wêreldmag van die Assiriërs het Israel en Juda bedreig. Geen wonder dat Agas koalisies probeer vorm het met ander wêreldmoondhede om die volk te probeer beskerm nie. Jesaja verkondig egter dat God vir hulle sal sorg … as hulle Hom vertrou en nie hulle toevlug neem tot die ander volke nie. Hy waarsku: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.”
Dit bly vandag nog die kern van die boodskap van God aan elkeen wat in Hom glo. Die boek Jesaja verkondig daarom God as die Lewende, die God van beide die Skepping en die Geskiedenis. Dit onderstreep dat God die Onderhouer is van alles wat bestaan. Dit brei uit oor sy funksie as Regter en Verlosser van almal wat leef, ook van die nasies. Alles gemik daarop om geloof in Hom by sy mense te bevestig.
Die boodskap troos daarom alle gelowiges wat soos die volk van Jesaja se tyd bedreigings van watter aard ook al ervaar, maak nie saak waar en onder watter omstandighede hulle hul mag bevind nie. Die boek Jesaja konfronteer egter ook diegene wat nie bereid is om te vertrou op die uitkoms wat God vir sy mense belowe nie. “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.”
Die verlossing wat God vir sy volk bring, sien ons in die boek Jesaja die helderste in die bediening van die Dienaar van die Here wat sy klimaks vind in die belofte van ’n nuwe hemel en aarde. Hierdie belofte van die Here het in Jesus Christus waar geword. Hy het God se belofte as Lydende Messias vervul en die visie van ’n volkome nuwe begin gestalte gegee wat nie net histories sal wees nie, maar ook kosmies van aard. Daarop kan ons ons hoop vestig. In Hom sal ons in geloof kan standhou.
Lees, luister, leef
Die Lees, luister, leef reeks is gebaseer op die materiaal van Bybelskool.com, en geskryf vir Bybelskole, Bybelstudiegroepe, en persoonlike stiltetyd. Elke boek in die reeks behandel ’n ander Bybelboek. Aan die hand van die Lectio Divina metodiek leer jy om die Bybel te leef, terwyl jy dit lees. Daardeur hoor jy die lewende stem van God in die Bybel, leer jy hoe om die Here Jesus prakties te volg, en skryf die Gees jou in God se verhaal met die wêreld in. Die Woord word só vir jou ‘n huis om in te woon.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - January 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - January 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - January 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - January 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - January 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - January 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - January 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - January 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - February 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - February 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - February 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - February 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - February 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - February 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - February 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - February 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - February 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - February 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - February 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - February 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - February 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - February 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - February 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - February 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - February 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - February 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - February 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - February 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - March 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - March 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - March 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - March 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - March 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - March 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - March 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - March 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - March 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - March 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - March 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - March 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - March 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - March 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - March 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - March 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - March 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - March 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - March 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - March 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - March 29, 2011
- Jesaja afsluiting - March 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - February 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Carel
Dit is net merkwaardig hoe die woord van God n mens telkemale onder alle omstandighede ,versterk en insig gee in jou lewe wanneer jy dit die nodigste het
Groete en seenwense
Chris van Wyk
En daar is ‘n skatkis van woorde in die biblioteek wat God vir ons met al die boeke van die Bybel gegee het! Geniet!