Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid

Dit bly een van die wonderlikste eienskappe van God, dat Hy iets so nuut kan maak, dat dit is asof daar nooit iets verkeerds was in die eerste plek nie.  En die rede daarvoor lê opgesluit in sy liefde vir mense, meer spesifiek in hierdie gedeelte, vir die mense van Jerusalem en Sion.

Jesaja 62 volg die wonderlike boodskap van die oorwinning van die dienaar van die Here in Jesaja 61 op en lewer ‘n sterk appèl aan die volk om die belofte van oorwinning vir hulleself toe te eien en hulle lewens daarvolgens in te rig:

  • 62:1-5 – Jesaja (God?)  jubel oor die redding van Jerusalem en maak dit aan almal bekend.
  • 62:6-9 – Hy roep die wagters op die mure op om saam te werk en die Here aan sy beloftes te herinner in hulle voorbidding.
  • 62:10-12 – Hy roep die mense in die stad op om dié boodskap aan die hele wêreld bekend te maak en gereed te maak om die terugkerendes te ontvang.

62:1-5 – Baie geleerdes het voorgestel dat die spreker God sou wees, onder andere omdat die profeet in elk geval ‘n spreekbuis van God is.  In die lig van die dinge wat dié spreker vra, veral ten opsigte van die gebedsversoek in die tweede perikoop, dink ek tog dat dit beter in die konteks inpas as die spreker Jesaja sou wees. Let op hoe die jubeling oor die redding van Jerusalem aan almal  bekend gemaak word, voordat dit inderdaad ‘n werklikheid word.  Dit is in die uitspreek van die toekoms, wat die toekoms ‘n werklikheid raak.  Dit is hoe God in die eerste plek geskep het.  Hierdie profesie het dieselfde mag, omdat dit op God se beloftes geskoei is.

God se liefde vir sy mense is die rede vir sy redding.  Hy maak alles nuut, sy verhouding met hulle inkluis.  En weereens is die boodskap ook bedoel vir die nasies.

62:6-9 – Soos ‘n mens kan jubel oor die oorwinning wat kom, en daarmee letterlik die toekoms in aanskyn roep, só moet ‘n mens ook bid dat dit inderdaad sal kom.  Daarom word die wagters op die mure op geroep om saam te werk en die Here aan sy beloftes te herinner in hulle voorbidding.  Die beklemtoning van gebed wys onteenseglik op die belangrike rol wat gebed speel in die verandering wat God belowe.  Laat my dink aan Jakobus 4 wat sê dat ons nie het nie, omdat ons nie bid nie!  En Luk 11:5–10 wat beklemtoon dat ons met volharding moet bid.

62:10-12 – Hy roep die mense in die stad op om dié boodskap aan die hele wêreld bekend te maak en gereed te maak om die terugkerendes te ontvang.  Hulle word dus tot geloof en vertroue op geroep, wat hulle moet illustreer in die werklikheid van hulle voorbereiding.  Let op dat God saam met sy mense die stad tegemoet loop.

View all posts in this series

gebed, Jesaja


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Ek en my gesin is van okt 2019 bepoef deur my man wat sy werk verloor het weens omstandighede. Ons gesin is huidig gesplit oor omstandighede.nie uit vrye wil nie. Ekt gebid en ‘n vriendin het opgekom in my gees en ekt haar gekontak syt gebid en op die 8 Drs 2020 het sy die skrif gekry om vir my te gee. Jesaja 62. Wat ‘n skrif

    • Ja, Paulus skryf oor daardie waarheid só: “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom (Christus) is hulle “ja”; daarom sê ons deur Hom “amen” aan God, tot sy eer.” (1 Kor 1:20).

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: