Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja?
Die Dienaar van die Here in Jesaja verwys soms na ‘n individu (bv. Jes. 42:1-9) en soms na die volk (bv. Jes. 42:1-25). Wanneer daar na ‘n individu verwys word, is die fokus op wat dié dienaar deur sy gehoorsaamheid sal regkry vir die volk (bv. Jers. 43:1-13). Wanneer daar na die volk verwys word, word hulle as mislukte dienaar van die Here geteken (bv. Jes. 42:1-25), maar die hoop uitgespreek dat hulle tog ‘n lig vir die nasies sal wees deur die werk van die dienaar van die Here as individu (bv. Jes. 44:1-45:8).
Dit is waarop Jesaja 49-50 ook op fokus, die dienaar van die Here wat die volk moed in sal praat om hulle taak as God se verteenwoordigers op aarde na te kom. Daarvoor moes dié dienaar onnoembare lydig deurgaan soos dit veral in Jesaja 52-53 beskrywe word: “deur óns oortredinge is Hy deurboor.“
Daarom skryf ek in my bydrae oor Jesaja die volgende oor die identifikasie van die Dienaar as individu met Jesus (Kry my eboek hier):
“Die Nuwe Testament maak daarom hierdie woorde van Jesaja op vele plekke van toepassing op Jesus, omdat die skrywers in sy lewe die vervulling van hierdie gedeelte gesien het: 53:1 in Joh 12:38; 53:4 in Matt 8:17; 53:7-8 in Hand 8:32-33; 53:9 in 1 Pet 2:22. Inderdaad, Jesus self het ‘n vers hieruit op Homself van toepassing gemaak aan die kruis: bv. 53:12 in Luk 22:37.“
Jesus het dus hierdie profesie van die Dienaar van die Here (die individuele een) vervul. Daar word dus in Jesaja na Jesus verwys, maar natuurlik in terme van ‘n profesie wat eers vanuit die vervulling daarvan in die NT duidelik geword het.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel?
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies
- Jesaja in Handelinge
- Jesaja in die briewe van Paulus
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament
- Jesaja afsluiting
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja?
Tags: dienaar van die Here, Jesaja
Trackback from your site.
Jan Louw
| #
‘n Gedagte wat vir my verheldering gebring het oor die profesië is dat die profete getrou aan die Gees was en geprofeteer het aangaande sake wat hulleself nie volledig insig in gehad het nie. Sien bv 1 Petr 1:10-12.
Reply