Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie
Jesaja 59 sit drie goed op die tafel:
- Dit is nie God wat te stadig is om te help nie, maar sondes wat Hom traag maak om te luister – 59:1-8.
- Geweld en duisternis is sondige mense se voorland – 59:9-15.
- Tog tree God steeds as Verlosser op en sorg dat sy Gees en woorde nie totaal verlore raak vir sy kinders nie – 59:16-21.
59:1-8: Hoe ontbloot vers 1 nie ons wanpersepsie van God nie! Dit is nie God wat te stadig is om te help nie. Dit is nie sy krag wat te kort skiet om te help nie. Dit is ons sonde wat ‘n skeiding bring tussen ons en God en wat maak dat Hy nie na ons wil luister nie. Chaos kom nie van God se onvermoë af nie, maar van ons gebrek aan verantwoordelikheid.
Ons verteer sulke uitsprake vandag maar moeilik. Dit val vreemd en swaar op die oor. Maar dit is ‘n beklemtoning wat regdeur die OT voorkom (Deut 31:17; Miga 3:4; – let op Ps 27:9 waar die Psalmis juis vra dat God Hom nie sal verberg weens oortredinge nie!). In die NT praat ook Jakobus daaroor – “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3 As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig” (4:2c-3).
Maar as ‘n mens regtig nougeset na God se motivering van sy afsydigheid luister, dan kan Hy dit nie waag om maar net te gee wat ons vra nie, omdat dit ons sal laat dink dat dit maar reg is om onreg te pleeg, en leuens te vertel. God soek egter eerlikheid en betroubaarheid by dié wat Hom aanroep en van Hom om uitkoms vra.
Hy wil ook hê dat ons eie woorde lewe moet bring vir ander, soos Hy dit doen, en nie die lewe uit ander wurg met ons woorde nie. Dán sal Hy luister en gou wees om aan ons goeie goed te gee. Let op die grillerige beelde van slangeiers en spinnerakke wat as metafore vir sulke betekenislose leë woorde gebruik word.
59:9-15: Vir mense wat in rebellie teen God lewe, is geweld egter die enigste opsie om hulle behoeftes te bevredig en duik die reg in die hek; struikel mense helder oordag soos in die skemer, omdat hulle pad pikdonker bly en God se lig afwesig is.
59:16-21: Interessant hoe Jesaja vir God teken in vers 16, dat Hy verbaas is dat niemand tussenbeide tree nie; daarom tree Hyself op en laat Hy geregtigheid geld. Hy vergeld volgens verdienste en laat sy Naam en mag geëer word. Hy tree op as Verlosser met sy Gees wat teëstanders op loop jaag.
Watter wonderlike, hoewel ook ontnugterende, belofte in vers 21. God sorg dat sy Gees en woorde (vgl Jer 31:33; Rom 10:8) nie verlore raak vir die volk en hulle nageslag nie – ten spyte van hulle ongehoorsaamheid. “Nie nou nie en nooit nie”! Watter genade!
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - Jan 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - Jan 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - Jan 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - Jan 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - Jan 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - Jan 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - Jan 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - Jan 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - Feb 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - Feb 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - Feb 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - Feb 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - Feb 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - Feb 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - Feb 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - Feb 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - Feb 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - Feb 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - Feb 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - Feb 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - Feb 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - Feb 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - Feb 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - Feb 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - Feb 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - Feb 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - Feb 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - Feb 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - Mar 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - Mar 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - Mar 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - Mar 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - Mar 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - Mar 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - Mar 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - Mar 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - Mar 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - Mar 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - Mar 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - Mar 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - Mar 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - Mar 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - Mar 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - Mar 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - Mar 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - Mar 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - Mar 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - Mar 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - Mar 29, 2011
- Jesaja afsluiting - Mar 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - Feb 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017