Skip to main content

Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie

Jesaja 59 sit drie goed op die tafel:

  1. Dit is nie God wat te stadig is om te help nie, maar sondes wat Hom traag maak om te luister – 59:1-8.
  2. Geweld en duisternis is sondige mense se voorland – 59:9-15.
  3. Tog tree God steeds as Verlosser op en sorg dat sy Gees en woorde nie totaal verlore raak vir sy kinders nie – 59:16-21.

59:1-8: Hoe ontbloot vers 1 nie ons wanpersepsie van God nie!  Dit is nie God wat te stadig is om te help nie.  Dit is nie sy krag wat te kort skiet om te help nie.  Dit is ons sonde wat ‘n skeiding bring tussen ons en God en wat maak dat Hy nie na ons wil luister nie.  Chaos kom nie van God se onvermoë af nie, maar van ons gebrek aan verantwoordelikheid.

Ons verteer sulke uitsprake vandag maar moeilik.  Dit val vreemd en swaar op die oor. Maar dit is ‘n beklemtoning wat regdeur die OT voorkom (Deut 31:17; Miga 3:4; – let op Ps 27:9 waar die Psalmis juis vra dat God Hom nie sal verberg weens oortredinge nie!).  In die NT praat ook Jakobus daaroor – “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3 As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig” (4:2c-3).

Maar as ‘n mens regtig nougeset na God se motivering van sy afsydigheid luister, dan kan Hy dit nie waag om maar net te gee wat ons vra nie, omdat dit ons sal laat dink dat dit maar reg is om onreg te pleeg, en leuens te vertel.  God soek egter eerlikheid en betroubaarheid by dié wat Hom aanroep en van Hom om uitkoms vra.

Hy wil ook hê dat ons eie woorde lewe moet bring vir ander, soos Hy dit doen, en nie die lewe uit ander wurg met ons woorde nie.  Dán sal Hy luister en gou wees om aan ons goeie goed te gee.  Let op die grillerige beelde van slangeiers en spinnerakke wat as metafore vir sulke betekenislose leë woorde gebruik word.

59:9-15: Vir mense wat in rebellie teen God lewe, is geweld egter die enigste opsie om hulle behoeftes te bevredig en duik die reg in die hek; struikel mense helder oordag soos in die skemer, omdat hulle pad pikdonker bly en God se lig afwesig is.

59:16-21: Interessant hoe Jesaja vir God teken in vers 16, dat Hy verbaas is dat niemand tussenbeide tree nie; daarom tree Hyself op en laat Hy geregtigheid geld.  Hy vergeld volgens verdienste en laat sy Naam en mag geëer word.  Hy tree op as Verlosser met sy Gees wat teëstanders op loop jaag.

Watter wonderlike, hoewel ook ontnugterende, belofte in vers 21.  God sorg dat sy Gees en woorde (vgl Jer 31:33; Rom 10:8) nie verlore raak vir die volk en hulle nageslag nie – ten spyte van hulle ongehoorsaamheid.  “Nie nou nie en nooit nie”!  Watter genade!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Heilige Gees, Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda