Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede
Hoofstuk 51:1-16
Let op hoe Jesaja in dié eerste gedeelte 51:1-10 hierdie raad rig aan dié onder die volk wat reg wil doen, wat na die wil van die Here vra. Die ballingskap was immers ‘n reinigingsproses om die bewussyn van God te herstel. En die raad wat hy gee is om moed te skep uit dit wat in hulle verlede lê. In hulle verlede lê die Here se roeping van die aartsouers, Abraham (vader van vele) en Sara (prinses). Net soos Hy hulle toe geseën het, gaan God dit nou weer vir Sion, vir die volk, doen. Trouens, dit is nie eksklusief vir hulle bedoel nie, maar ook goeie nuus vir al die volke en nasies.
Die redding sal gou kom. Let egter op dat dit – soos verskeie ander plekke in Jesaja – weereens kosmiese trekke aanneem, hetsy as metafore vir die lotsverandering van daardie tyd, of met die oog op die finale oordeelsdag.
Let ook op hoe belangrik drie goed in die verandering is: 1) ‘n luister na die Here – 51:1, 4, 7; 2) ‘n vasberade vashou aan God ten spyte van die spot en belediging van mense – 51:7; en 3) ‘n gebed om redding waar spesifiek die dade van die Here in die verlede voor Hom gebring word – 51:9-10.
Dan gaan Jesaja oor tot die beskrywing van die uitkoms wat die volk met hulle terugkeer sal beleef – 51:11-16. Weereens word hulle gewys daarop dat hulle niks het om voor te vrees nie, en dat vrees eintlik kom wanneer vergeet word wat die Here in die verlede gedoen het. Die verdrukker is hokgeslaan en die ballinge is binnekort vry. En dit is die Here wat dit gedoen het.
Hoofstuk 51:17 – 52:12
Dié verandering vir die ballinge het uiteraard ook ‘n effek op Jerusalem en dié wat daar agtergebly het. Jesaja roep hulle op om wakker te word sodat hulle die verandering kan omhels. Al het hulle leiers hulle in die steek gelaat, sal God as hul leier optree en die oordeelsbeker wegneem en vir die verdrukkers gee – 51:17-23.
Daarom moet Sion hulle regmaak, mooi klere aantrek, want hulle is losgekoop. ‘n Nuwe toekoms het aangebreek, roep die wagte op die mure, en die hele wêreld sal dit sien en God daarvoor eer – 52:1-10.
Die oproep aan die ballinge word herhaal om uit Babel te gee pad, hulleself te reinig, en agter God aan terug te keer na Israel toe – 52:11-12.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - January 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - January 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - January 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - January 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - January 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - January 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - January 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - January 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - February 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - February 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - February 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - February 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - February 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - February 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - February 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - February 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - February 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - February 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - February 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - February 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - February 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - February 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - February 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - February 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - February 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - February 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - February 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - February 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - March 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - March 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - March 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - March 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - March 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - March 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - March 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - March 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - March 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - March 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - March 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - March 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - March 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - March 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - March 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - March 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - March 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - March 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - March 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - March 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - March 29, 2011
- Jesaja afsluiting - March 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - February 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
kobus Bester
Die selfde wat Paul Kruger gebruik het “Soek in die verlede alles wat mooi en goed is en volg dit na ….”