Skip to main content

Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood

Soos die onderwerp van lig in Jesaja 60 ‘n skakel na die belofte van ‘n Seun in Jesaja 9 gegee het, so gee die boodskap van “die Gees van die Here my God” wat oor die dienaar van die Here kom, ‘n skakel na die belofte in Jesaja 11 van die takkie uit die stomp van Isai waarop die Gees van wysheid en insig sal rus.  Wat daar belowe is, word hier nou as die werklikheid beskryf.

Die hoofstuk beslaan 3 perikope:

  1. Verse 1-7 beskryf die bediening  van die dienaar van die Here en die gevolge daarvan.
  2. Verse 8-9 beskryf die verbintenis van die Here aan sy volk.
  3. Verse 10-11 beskryf die vreugde van die dienaar van die Here oor sy oorwinning.

61:1-7: Let op dat die dienaar van die Here se bediening beskryf word as:

  1. ‘n Blye boodskap aan mense in nood wat moedeloses opbeur en vrylating gee vir gevangenes – vers 1;
  2. ‘n Tyd van genade vir almal wat treur waarin hulle die Redding van die Here sal ervaar – vers 2-3;

Dit sal tot gevolg hê dat die volk ‘n tyd van transformasie sal beleef. Dit word beskryf as:

  1. ‘n Tyd van heropbou – vers 4;
  2. ‘n Tyd van herstel deurdat vreemdelinge vir hulle sal werk – vers 5;
  3. ‘n Tyd van egte godsdiens as priesters van die Here – vers 6a;
  4. ‘n Tyd van voorspoed waarin hulle die geskenke van die nasies sal geniet – vers 6b-7.

61:8-9: Die Here begrond die verandering in sy getrouheid aan sy belofte aan die volk, en in die wyse waarop Hy onder die nasies bekend wil staan.  Iets om in gedagte te hou in ons gebede.  Ons kan God herinner aan sy beloftes.  En ons kan God herinner aan die impak van gebedsverhoring op die nasies.

61:10-11: Die laaste perikoop beeld die blydskap van die dienaar van die Here uit, waar Hy God loof oor sy oorwinning.  Let op dat Hy dit beide met die beeld van ‘n bruidegom EN die beeld van ‘n bruid weergee.  Weereens is dit nie net vir die volk van belang nie, maar ook vir die nasies.

Nuwe Testament: Jesus het waarskynlik dié hoofstuk as sy roepingsteks geneem, soos ‘n mens uit Lukas 4 aflei.  Na die versoeking in die woestyn kom Jesus in Nasaret, lees hierdie gedeelte uit die boek Jesaja vir die gemeente en verklaar: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul” (Luk 4:21).  Hoewel Jesaja nie dié vervulling kon voorsien het nie, is dit duidelik dat hierdie Jesaja teks vir ons ‘n kernagtige sleutel gee om Jesus se bediening te verstaan.

En ons kan die manier waarop Jesus oor sy bediening gedink het, gerus ter harte vir ons eie bediening neem, want dit is uiteindelik waartoe ons ook geroep word – na mense wat nood ervaar en treur oor hulle lot in die lewe.  Niks anders is regtig hiermee te vergelyk nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!