Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding

Voor Jesaja die historiese verhaal van Hiskia in hoofstuk 36-39 gaan vertel, wat baie van die vorige hoofstukke geantisipeer het, word hier nog een laaste keer van die oordeel oor die nasies (hfst 34), en die redding van God se mense (hfst 35) gepraat.

Hoofstuk 34

Die fokus skuif van die Mesiaanse koning na die herhalende oordeelsboodskap oor die nasies.  Weereens kry dit ‘n kosmiese kleur – die hemelliggame smelt weg, die sterre verloor hulle glans – soos dit ook in die NT in 2 Pet 3:10-12 aangehaal word.

Hierdie keer is dit Edom, die nageslag van Esau, die broer van Jakob-Israel, wat – net soos Moab in hoofstuk 25 – uitgesonder word as simbool van wat met die nasies sal gebeur (34:5-17).  In ‘n grusame uitbeelding word die mense soos diere geslag as offers vir Hom (Bosra is hulle hoofstad).  Die land word verbrand (die brandende teer herinner aan die verwoesting van Sodom en Gomorra in Gen 19) en onbewoonbaar. Net die diere sal daar tuis wees.  En let op dat dié skrikwekkende oordeel deur die Gees van die Here voltrek word, dieselfde Gees wat vrede bring vir dié wat die Here dien (32:15).  En dit word in God se boek opgeskryf (verwysing na die boek Jesaja?) as getuienis vir die nageslag.

Hoofstuk 35

Met pragtige natuurbeelde word die redding van God se volk beskryf – die woestyn oortrek met affodille.  En Jesaja roep almal op om mekaar te bemoedig met die boodskap van God se ingrype en teenwoordigheid.  Hy oordeel die vyande, maar red dié noodlydendes: blindes, dowes, lammes en stommes.  Water vloei in die woestyn.  Gevare verdwyn, en uitbundige vreugde bars los uit die skare, die oorblyfsel wat die Here gered het.

View all posts in this series

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Beste Chris

    Jesaja 35. Is dit die volk Israel toe of verwys dit na die wederkoms?
    “blindes, dowes, lammes, stommes verwysings.”

    • Hi Tjaart, dit verwys na drie vervullings. Die eerste gedeeltelike vervulling is met die terugkeer uit die ballingskap in die tweede deel van die 6de eeu vC. Die tweede vervulling is met Jesus se bediening op aarde waarna Hyself verwys in Lukas 7:22: “blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.” (vgl Jes 35:5-6) Die derde en volledige vervulling is met die wederkoms soos ook die Hebreërskrywer na verwys: “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.” (Hebr 12:12-14 – vgl Jes 35:3)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: