Skip to main content

Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken

Dit help om die onderskeie perikope van hoofstuk 42 se boodskap van mekaar te onderskei.  In 42:1-9 word oor die dienaar van die Here as individu gepraat wat God se verbond met die nasies is.  In 42:10-17 word oor die verandering wat God bring gehandel.  In 42:18-25 word oor die mislukte vervulling van Israel se taak as dienaar van die Here gehandel.

42:1-9: Hier word die dienaar van die Here as ’n individu aangekondig wat deur God se Gees bemagtig word om sy wil aan die nasies bekend te maak.  Sy karakter en bediening getuig van deernis – ’n geknakte riet sal hy nie afbreek nie.  Sy invloed sal strek tot aan die einde van die bekende wêreld (eilande).

Hierdie dienaar is God se verbond met sy volk.  Deur sy bediening sal blindes sien en gevangenes uit die tronk bevry word.  En onthou dat dit juis die praktiese genesingsbediening van Jesus in die Nuwe Testament is wat Matteus as bewys aangee dat Jesaja se voorspelling in Jesus vervul is (Matt 12:17-21).

42:10-17: Daarom kan almal ’n nuwe lied sing (Kedar is in Arabië en Sela in Edom, albei streke oos van die Dooie See).  God tree op soos ’n soldaat en oorwin sy vyande.  Hy bars los en verander donkerte in lig en maak die ongelyk plekke gelyk, tot teleurstelling van dié wat op afgode vertrou.

42:18-25: Die konteks maak dit duidelik dat hier oor die mislukking van Israel as die dienaar van die Here gepraat word, mense wat blind en doof is, al het die Here hemel en aarde beweeg om hulle in gehoorsaamheid te laat reageer.  Ten spyte van hulle ongehoorsaamheid en die gevolglike ballingskap, bly die Here getrou, want Hy vind vreugde daarin.

Hoofstuk 43

Hoofstuk 43 verseker egter die volk van God se verkiesende liefde (43:1-13) wat Hom beweeg tot ’n nuwe bedeling (43:14-21) omdat Hy getrou is aan Homself (43:22-28).

43:1-13: Dit is vir baie van ons seker een van die mooiste gedeeltes in die Bybel.  Maar luister daarna ook uit die hoek van ’n volk wat in ballingskap sit en dié bemoedigende woorde van God hoor.  God kies hulle uit om aan hulle liefde te bewys en bymekaar te maak in ’n Tweede Eksodus waar hulle van alle windstreke weer terug na die Beloofde Land sal keer.  En alle nasies sal getuies wees van hierdie proses.  Let op hoe die roeping van die gehoorsame dienaar van die Here uitgespel word: “sodat julle My kan ken en in My kan glo en kan besef dat Ek die Here is.”(43:10).  Terloops: Seba was die seun van Kus (Gen 10:7) en was dus ’n ander naam vir Ethiopië.

43:14-21: God bewerk hierdie Tweede Eksodus deur ’n nuwe ding te doen, dit is om die Galdeërs te verslaan (deur die Persiërs) en sy volk in ere weer te herstel.

43:22-28: Die redding gebeur al verdien Juda dit nie, en het hulle selfs nie daarvoor gevra nie.  God vergewe hulle omdat Hy getrou bly aan Homself.  In woorde wat reeds in die eerste hoofstuk gebruik is van Jesaja, nooi God hulle uit om die saak met Hom uit te maak, ’n tema wat in die volgende hoofstuk verder gevoer sal word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders