Skip to main content

Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie

Jesaja 1-39 werk primêr met die verspeelde roeping van Jerusalem en Juda om God se lig vir die nasies te wees, spesifiek in die tyd van die Assiriese oorheersing van 744-681 v C (Tiglat-Pileser III, Salmanesar V, Sargon II en Sanherib).  Dit sluit af met die aanduiding van die toekomstige gevaar uit Babilon.

In kort kan ‘n mens die boodskap van hierdie eerste hoofdeel van Jesaja só opsom:

  • Juda wou God se roeping vir hulle nie navolg nie en het eerder alliansie-politiek nagejaag as om op God se voorsiening staat te maak.
  • Daarom moes God hulle oordeel … hoewel Hy dit nie oor sy hart kry om hulle heeltemal op te gee nie.

‘n Verspeelde roeping stuit God nie.  Sy nuwe plan kom in die tweede hoofdeel, Jesaja 40-66, aan die beurt.

Werk deur jou joernaal (of aantekeninge) en maak ‘n kortlys van die gedagtes wat jou vasgevang het in jou leeswerk deur Jesaja 1-39.

  • Neem een van dié gedagtes en dink na oor die wyse waarop dit jou lewe verryk of verander het.
View all posts in this series

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar