Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel
Ek is baie bewus van hoe belangrik dit is om:
- SELF die Woord te lees en die Here stem daarin te hoor … en hoe noodsaaklik dit is om ook
- te GROEI in ’n mens se begrip van die Woord.
Jou inskakeling by ’n Bybelskool kan maklik die tweede aspek – die inligting wat jou kan laat groei in begrip – verhef bo die eerste – die vormende element van luister na wat God vir jou wil sê.
Ek herinner jou dus aan een van die metodieke wat ek voorstel: Stop, Kyk, Waardeer, Lees, Leer, Luister, Antwoord. Dit integreer albei aspekte wat belangrik is. Jy kan meer daaroor hier lees.
Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ’n oorblyfsel
Hoofstuk 3-4 vorm ’n eenheid. Dit word saamgebind deur die klem op “daardie dag” (3:7, 18; 4:1, 2) en opgebou deur 4 perikope:
1. Jerusalem en Juda gaan in duie stort – 3:1-12;
2. die Here begin ’n strafregtelike saak teen die volk en sy leiers – 3:13-15;
3. die Here oordeel ook die vrouens van die volk – 3:16-4:1;
4. die Here sal egter ’n oorblyfsel laat bly en met hulle nuut begin – 4:2-6.
Let op hoe die Here se oordeel die leiers van die samelewing – burgers, soldate, regters, profete, raadgewers ensomeer (3:1-4) – sowel as die modewêreld veral dié van die vrouens – versierings, reukwater, handsakkies ensomeer (3:18-23) – in duie laat stort. Die mense wat standvastigheid en omvattende welvaart bring sowel as die besittings wat die lewe mooi maak word weggeneem.
Die gevolg van die gebrek aan leierskap is verwarring en anargie – ek kan my indink in die dilemma van die broer wie se enigste kwalifikasie vir leierskap die feit is dat hy darem nog behoorlike klere het (3:6-7)! Dit is tekenend van hoe die volk in duie gestort het.
Die gevolg van die gebrek aan estetiese (luukse) voorwerpe (Jesaja noem 21!) is verwaarlosing en ’n fokus op oorlewing – sewe vroue wat ’n man beetpak ter wille van sy naam en sekuriteit, wys op desperaatheid (4:1). En hulle bring hulle eie kos en klere … dit is wat gebeur in ’n samelewing wat nie meer reg funksioneer nie en niemand meer veilig voel nie.
John Watts het my nogal laat nadink oor aspekte van ons leefwêreld, waar hy in sy kommentaar die volgende sê:
“All society is held together by invisible bonds—common concerns that have a moral base. When these disappear, the body politic disintegrates. Judgment on a people may be passive. It does not have to come by external invasion. It may, and often does, come through internal atrophy. The passage suggests that God is responsible for this deterioration. It is his judgment on those who forget that they are all ultimately dependent on him.”[1]
Wat my hoop gee, is dat Jesaja in hoofstuk 4 aandring daarop dat God se oordeel – passief of aktief – nie ‘n totale vernietiging is nie, maar ‘n suiwering. Daar bly altyd ‘n oorblyfsel wat weer sy genade en sorg ervaar, wat deur Hom geheilig word.
En dit is ongelooflik om te hoor dat dié oorblyfsel dié mense is “wat vir die lewe opgeskryf is.” (4:3). Daarby tref dit my dat die Here sy teenwoordigheid op dieselfde manier as eens in die woestyn nou nie net in die midde van die volk sal laat blyk deur die wolk bedags en vlammende vuur snags nie, maar oor by elke woonplek op Sionsberg. Sy teenwoordigheid sal alles beskut. Hy sal skuiling bied regdeur die dag en nag, selfs teen stortbuie en reën.
Dit sê vir my dat God só by my teenwoordig is, metafories natuurlik, maar ook werklik in die persoon van Sy Gees wat in my bly. Met só ’n bewussyn kan ek dié dag pak en iets positiefs doen aan die verwarring en anargie en verwaarlosing en fokus op oorlewing in ons samelewing!
[1]Watts, John D. W.: Word Biblical Commentary : Isaiah 1-33. Revised Edition. Nashville : Thomas Nelson, Inc, 2005 (Word Biblical Commentary 24), S. 66
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - January 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - January 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - January 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - January 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - January 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - January 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - January 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - January 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - February 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - February 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - February 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - February 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - February 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - February 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - February 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - February 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - February 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - February 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - February 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - February 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - February 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - February 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - February 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - February 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - February 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - February 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - February 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - February 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - March 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - March 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - March 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - March 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - March 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - March 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - March 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - March 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - March 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - March 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - March 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - March 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - March 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - March 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - March 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - March 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - March 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - March 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - March 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - March 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - March 29, 2011
- Jesaja afsluiting - March 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - February 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
JurieJurgens
Ek het al baie gedink oor “daardie dag” in Jesaja, en uit die preke wat ek al gehoor het, boeke wat ek gelees het, en my eie denke, het ek ‘n bra vae idee dat dit kan verwys na: (1) die hier en nou (deur die eeue) wat God se kinders as ideaal moet nastreef; (2) die nabye toekoms (destyds) met die val van Jerusalem en die tempel en die wegvoereing,ens; (3) die koms van die Mesias; en (4) die wederkoms van Christus met die fale oordeel, ens. Elke verysing kan na een of meer of selfs al vier beteken. Dit kan nogal begin lyk na ‘n deurmekaar raaisel om elke verwysing so te probeer plaas – ek sien daar is 88 verwysings na “daardie (of die) dag” in Jesaja.
My e-soek deur Jesaja lewer 88 verwysings na “daarie (of die) dag”.
Of hoe moet ons dit sien?
Chris van Wyk
Jy is reg dat die “dag van die Here” of “dié dag” of “daardie dag” verskillende betekenisse het. Die presiese betekenis kan ‘n mens net binne die konteks van ‘n spesifieke uitspraak vasstel. Bv. in Jes 2:11 lyk dit asof dié dag op die aanbreek van die ballingskap dui – omdat dit ‘n oordeel oor Juda aankondig – maar net daarna in 2:12 lyk dit asof die fokus na die eindtye verskuif – omdat ‘n oordeel oor die nasies en selfs die aarde ter sprake is. In die Nuwe Testament word “die dag” veral met Christus se koms verbind, sowel sy eerste koms as sy wederkoms, wat ‘n dag van blydskap vir die gelowiges sal wees, maar ‘n dag van ellende vir die ongelowiges.
JurieJurgens
Terloops, ek lees nou die dag in ‘n artikel ood die Goddelike inspirasie vd Bybel “Dit is nie verbasend nie dat die profete nie die volle implikasies van hulle boodskap kon verstaan nie. Die bron van hulle woorde was buite hulself, …” Peter Cousins in die Afrikaanse vertaling van die Lion Handbook to the Bible.
In dieselfde boek skryf Alec Motyer oor die profete : “Hulle boodskappe is meestal oorgedra in weloorwoe redevoerings wat al die kenmerke van sorgvuldige voorbereiding dra” “Die profete is baie terughoudend oor hoe hulle hierdie boodskappe ontvang het.” en “Ons kan geen logiese verklaring van hulle ondervinding gee nie. Aan die een kant het hulle aanspraak gemaak dat hulle woorde deur God aan hulle gegee is, aan die ander kant was hulle allermins bloot “bandopnemers” van ‘n boodskap van buite. Hulle was juis grootse en merkwaardige persoonlikhede.”
Jou kommertaar?
Chris van Wyk
Inspirasie is ‘n kontensieuse onderwerp. Mense verskil hewig daaroor. Sommige verdedig ‘n verbale inspirasie, asof die profete “bandopnemers” was, soos jy sê – maar dan in allerlei probleme kom wanneer daar foute in die teks uitgewys word. Ander verdedig ‘n organiese inspirasie waarin die persoon, kennis en vaardighede van die profeet of skrywer ingespan is deur God om ‘n gesagvolle geïnspireerde woord aan ons oor te dra. Ek bevind my onder dié teoloë, soos trouens die NG Kerk ook, soos in die vorige besluite van die Algemene Sinode gesien kan word. Die presiese manier waarop dit gebeur het, was egter minder belangrik vir die skrywers van die OT en NT as die inhoud daarvan. Daarom is die name van die skrywers, soos bv. in die Psalms, baie keer nie eers bygevoeg nie, omdat dit die boodskap is wat belangrik is, nie die boodskapper nie. Hier is ‘n skakel na ‘n dokument wat die amptelike verslag en besluite van die 2002 en 2004 Algemene Sinodes weergee wat breër hierop ingaan: Algemene Sinode besluite