Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede
Let op die dialoog wat onstaan tussen Hiskia, Jesaja, Sanherib en die Here in reaksie op die Assiriese aggressie en lastering.
- Hiskia se boodskap aan Jesaja: Hiskia stuur ‘n boodskap na Jesaja van die huis van die Here af oor die moeilikheid waarin die stad hulle bevind en brei uit oor die vernedering wat nie net vir Israel te beurt geval het nie, maar wat ook die Here self gesmaad het. Let op hoe hy hier nog vir Jesaja vra om vir die agtergeblewenes te bid, iets wat hy binnekort op homself sal neem – 37:1-4.
- Jesaja se boodskap aan Hiskia: Jesaja stuur ‘n boodskap na Hiskia van die Here af dat Hy die Assiriese uitdaging sal afweer, trouens die Here sal die koning laat terugkeer na sy eie land en hom daar laat doodmaak, soos later bevestig word – 37:5-7.
- Hoofadjudant se berig aan Sanherib: Die hoofadjudant tref Sanherib aan waar hy besig is om Libna (stad in Juda, egter onseker waar sy ligging was) aan te val, vermoedelik om hom in te lig oor wat in Jerusalem gebeur het – 37:8.
- Sanherib se boodskap aan Hiskia: Sanherib kry ook berig dat koning Tirhaka van Ethiopië (eintlik op dié stadium ‘n generaal wat eers later koning word van Egipte, en nog later van Ethiopië) op pad was om hom aan te val. Hy stuur briewe aan Hiskia moontlik met die hoop dat hy hulle bang kan praat terwyl hy die uitdaging uit die Suide kan hanteer, waarin hy uitbrei oor al sy vorige suksesse (Gosan was in Mesopotamië; Haran was die stad in Ur waarvandaan Abraham na Kanaän getrek het; Resef is die moderne Rusafa; Eden in Telassar is onseker, moontlik ‘n gebied naby die Eufraat) – 37:9-13.
- Hiskia se gebed tot die Here: Uiteindelik wend Hiskia hom direk tot die Here en sprei die briewe in gebed voor Hom uit. Let op hoe Hiskia die Here se Almag, Alleen-heerskappy en Skepper-status erken en vra dat Hy sal luister en sal oplet wat met hulle gebeur. Hy erken wel die mag van Assirië, maar nie die mag van sy gode nie! Die spits van sy gebed is die lastering wat Sanherib pleeg teenoor die Here, met die versoek dat die Here hulle sal red as ‘n teken aan alle nasies dat “net U, Here, God is”– 37:14-20.
- Die Here se antwoord aan Hiskia deur Jesaja: Let op hoe die Here vir Hiskia deur sy profeet antwoord. Dit is in twee dele: ‘n woord aan Sanherib (37:21-29) en ‘n woord aan Hiskia (37:30-35). Sanherib word gewys op sy flagrante oorskatting van sy mag wat hom verlei het om God te minag. Hy is net die instrument van die Here wat nou weens sy arrogante hoogmoed verwerp sal word. Hiskia word ‘n teken gegee, soos aan sy pa ‘n paar jaar tevore, van ‘n normalisering van die landbou wat die vryheid van die Assiriese verdrukking vir die volk simboliseer. Let op die redes vir dié optrede van God: 1) ter wille van Homself en sy eer en 2) ter wille van God se dienaar Dawid en Sy verbintenis aan dié se nageslag – 37:21-35.
- Die engel van die Here se optrede teen Sanherib en die Assiriese leërmag: Die engel van die Here, wat eintlik maar net God self is, tree teen Sanherib op met ‘n groot slagting en sonder dat Hisia en sy mense ‘n vinger verroer, word die Assiriese bedreiding die hoof gebied. Sanherib is terug na sy hoofstad Nineve waar hy deur twee van sy seuns doodgemaak is (waarskynlik 20 jaar later in 681 v C soos Assiriese inskripsies te kenne gee), en deur ‘n derde seun opgevolg is – 37:36-38.
Op ‘n baie praktiese wyse word die boodskap van Jesaja 30 hier geïllustreer: in stille vertroue en gebed kom God in beweging en red Hy sy volk van bedreiging.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - January 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - January 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - January 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - January 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - January 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - January 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - January 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - January 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - February 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - February 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - February 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - February 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - February 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - February 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - February 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - February 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - February 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - February 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - February 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - February 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - February 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - February 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - February 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - February 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - February 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - February 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - February 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - February 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - March 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - March 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - March 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - March 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - March 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - March 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - March 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - March 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - March 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - March 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - March 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - March 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - March 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - March 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - March 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - March 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - March 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - March 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - March 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - March 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - March 29, 2011
- Jesaja afsluiting - March 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - February 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017