Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag
Tussenin is daar ’n verbeeldingsgesprek tussen moeilik identifiseerbare partye (in vers 6b is dit moontlik die profeet self) wat klem lê op die woord van God wat vir ewig bly, en gekontrasteer word met die mag van mense. Tog moet daar voorbereidings getref word vir dié woord om gehoor te word. Dit laat ’n mens onwillekeurig dink aan die bediening van Johannes die Doper wat aan dié verse gekoppel word (Joh 1:23; Luk 3:2-7 vv).
In die tweede perikoop van hoofstuk 40 word die onvergelyklike wysheid en skeppingsmag van die Here besing 40:12-26. Let op hoe dié gedagtes oor God dan ingespan word om vir Juda te oortuig dat God hulle belange op die hart dra in 40:27-31. Hulle hoef nie meer te kla dat God hulle nie raaksien nie, trouens mag nie meer kla nie, want dié God sien hulle nie net raak nie, maar sal nooit moeg word om vir dié wat op Hom vertrou nuwe krag te gee nie.
Die uitkoms word in hoofstuk 41 verbind aan die optrede van ’n heerser uit die ooste, na alle waarskynlikheid Kores van Persië (vgl hfst. 45), wat deur die Here ingespan word. (Terloops hy sou opgevolg word deur koning Darius wat verantwoordelik was vir die terugkeer van die Jode in die laaste helfte van die 6de eeu v C.)
Dit ontlok vrees by die nasies wat hulle dryf tot die nuttelose afgode wat met spykers ondersteun moet word sodat hulle nie omval nie (41:1-7)! Maar Israel kan moed skep want God is met hulle, al voel hulle soos ’n wurm in hulle onbenulligheid. God sal hulle gebede verhoor en groot veranderinge bring tot ’n getuienis vir baie nasies (41:8-20). Let op hoe Israel as God se dienaar geteken word, die eerste betekenis van die dienaar van die Here.
Die wonder is dat die nasies niks aan God se uitkoms kan verander nie – 41:21-29. Hulle gode is niks en kan niks doen nie. Hulle hoef net sowel nie daar gewees het nie!
Dit is so ’n heerlike gedeelte:
- Neem gerus vandag een van die gedagtes oor God wat jou getref het in 40:12-26 en spandeer tyd om daaroor na te dink en die Here te loof.
- Of neem een van die gedagtes in 40:27-31 wat jou eie situasie aanspreek en bevestig jou vertroue op die Here.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - Jan 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - Jan 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - Jan 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - Jan 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - Jan 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - Jan 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - Jan 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - Jan 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - Feb 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - Feb 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - Feb 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - Feb 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - Feb 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - Feb 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - Feb 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - Feb 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - Feb 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - Feb 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - Feb 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - Feb 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - Feb 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - Feb 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - Feb 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - Feb 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - Feb 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - Feb 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - Feb 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - Feb 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - Mar 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - Mar 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - Mar 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - Mar 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - Mar 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - Mar 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - Mar 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - Mar 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - Mar 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - Mar 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - Mar 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - Mar 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - Mar 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - Mar 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - Mar 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - Mar 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - Mar 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - Mar 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - Mar 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - Mar 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - Mar 29, 2011
- Jesaja afsluiting - Mar 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - Feb 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017