Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak
64:1-5a – Jesaja bid namens die volk dat God weer groot wonders sal doen soos vroeër, berge wat skud, vuur wat brand, dat veral die nasies kan weet, God kom dié te hulp wat onthou hoe Hy wil hê hulle moet lewe. Jesaja maak dus staat daarop dat God nie net transendent is en afsydig sal bly nie, maar immanent sal word – “die hemel oopskeur” – en ‘n verskil in hulle tyd sal maak.
64:5b-7 – Maar, die probleem, erken Jesaja, is dat die volk juis dit nie gedoen het nie – om God te vertrou en te doen wat Hy wil nie. Daarmee bely hy uiteindelik namens die volk hulle skuld en erken hy dat hulle regverdiglik deur God gestraf is. En gee Jesaja vir ons insig waarom gebede soms nie beantwoord word nie, al het ‘n mens beloftes waarop jy kan staatmaak. Sonde en ongeloof dwarsboom meesal God se ingrype, hoewel Hy nooit aan bande gelê kan word om nie soms in elk geval in te gryp en verandering te bring, as dit in Sy plan pas nie.
64:8-12 – Saam met dié erkenning van God se “onskuld”, herinner Jesaja vir God, dat Hy hulle Vader is (histories gesproke), en hulle Skepper (algemeen gesproke), en bid Hy ernstig dat God nie sal aanhou om kwaad te wees vir hulle nie en hulle sondes teen hulle sal hou nie. Hy vra dat God tog sal ingryp en die stad en tempel weer herstel. Hy beroep hom dus op God se genade. Terloops: dit is duidelik dat die gebed die tyd van die ballingskap veronderstel.
Die idee van God as Vader is iets wat nie baie in die Ou Testament voorkom nie, moontlik omdat sommige godsdienste ‘n verwantskap tussen gode en mense getrek het, wat juis anders was in die OT visie op God. God is Skepper, die Gans Andere, en ons skepsels, die maaksels van Sy hande. In die NT het die konsep van God as Vader veral in Jesus se verhouding met die Vader na vore gekom as beskrywing van die intimiteit van dié verhouding. En so, veral met die gebed wat Jesus ons geleer het – die Ons Vader – het die benaming van God (Vader) gemeengoed in die Christelike gemeenskap geword (vgl Rom 8:15). Onthou net dat dit steeds metafore vir God is, en nie werklike beskrywings nie – en dat Hy in Jesaja ook as moeder (Jes 66:13 – vgl ook Ps 131) en as kind (Jes 9:5) geteken word, afhangende van die konteks en die punt wat die Bybelskrywers probeer oordra.
Die volgende twee hoofstukke, hoofstuk 65-66, gee ‘n antwoord op dié gebed van Jesaja, en gee vir ons ook ‘n kykie in hoe gebedsverhoring werk. Jy is welkom om solank die artikel van Neels Jackson op Facebook oor die onderwerp te lees.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - Jan 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - Jan 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - Jan 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - Jan 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - Jan 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - Jan 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - Jan 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - Jan 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - Feb 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - Feb 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - Feb 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - Feb 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - Feb 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - Feb 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - Feb 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - Feb 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - Feb 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - Feb 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - Feb 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - Feb 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - Feb 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - Feb 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - Feb 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - Feb 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - Feb 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - Feb 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - Feb 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - Feb 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - Mar 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - Mar 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - Mar 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - Mar 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - Mar 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - Mar 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - Mar 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - Mar 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - Mar 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - Mar 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - Mar 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - Mar 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - Mar 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - Mar 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - Mar 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - Mar 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - Mar 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - Mar 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - Mar 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - Mar 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - Mar 29, 2011
- Jesaja afsluiting - Mar 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - Feb 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
dienaar van die Here, gebed, Jesaja, Jesus