Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding
Waarskynlik wou hulle Israel intrek in ‘n anti-Assiriese bondgenootskap. Hulle gebruik dus die wondergenesing as ‘n aanknopingspunt om hulle eie agenda te bevorder.
Hiskia word daardeur verlei om by hulle te spog oor sy skatte wat ‘n gemoedelike verhouding skep wat Babel sou kon laat dink het dat hulle op Hiskia se steun teen Assirië kon staatmaak. Dit ontlok ‘n skerp reaksie van Jesaja, omdat Hiskia ‘n gebrek aan onderskeiding openbaar, ten spyte van die wyse waarop die Here hom hiervoor begelei het.
Die Here veroordeel dié optrede, veral omdat dit op ‘n alliansie neerkom. Maar dieper as dit wys God waarskynlik ook op die eintlike gevaar op die wêreldtoneel, die groeiende mag van die Babiloniërs, wat Hiskia uiters versigtig moes maak vir enige bande met hulle. En dit is juis hierdie volk, onder leiding van Nebukadnesar, wat uiteindelik vir Juda, paleis-skatte, mense en al, in ballingskap sou wegvoer, ‘n eeu later.
Die eerste deel van Jesaja eindig dus op dieselfde noot waarmee dit begin het in hoofstuk 1: die volk het nie ‘n begrip van wat God doen nie, daarom oortree hulle en ploeter voort in hulle alliansie-politiek, sonder om die gevare daarvan na waarde te skat, en natuurlik sonder om die verhouding met God in stand te hou nie.
Dit laat my net weer besef hoe belangrik ‘n volgehoue onderskeiding van wat God doen, is. ‘n Mens kan nooit verslap in jou toewyding aan God nie. Die vraag na wat God besig is om NOU te doen, moet deel van ons daaglikse brood en botter word, dit moet so natuurlik soos asemhaal wees, en ons moet dit persoonlik en as ‘n gemeenskap doen. Nie net om die gevare te vermy waaraan ons onsself blootstel as ons dit nalaat nie, maar om in die gemeenskap met God te groei.
Die tafel is dus nou gedek vir die volgende hoofdeel van Jesaja om te begin, hoofstuk 40-66. Jesaja gaan ons aandag daar fokus op die verlossing wat God vir sy volk ook uit die gevaar van Babilon gaan bring, onder andere deur die bediening van die Dienaar van die Here wat sy klimaks vind in die belofte van ’n nuwe hemel en aarde (Jes 65-66), waarin dit ook duidelik raak dat die boodskap die grense van ’n eng Judese interpretasie oorskrei.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - January 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - January 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - January 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - January 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - January 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - January 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - January 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - January 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - February 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - February 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - February 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - February 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - February 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - February 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - February 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - February 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - February 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - February 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - February 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - February 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - February 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - February 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - February 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - February 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - February 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - February 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - February 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - February 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - March 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - March 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - March 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - March 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - March 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - March 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - March 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - March 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - March 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - March 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - March 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - March 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - March 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - March 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - March 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - March 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - March 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - March 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - March 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - March 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - March 29, 2011
- Jesaja afsluiting - March 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - February 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017