Skip to main content

WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament

Daar is baie aanhalings uit die boek Jesaja in die NT, sowel as ‘n hele aantal verwysings wat met begrippe en boodskappe uit die boek Jesaja verbind kan word.  Ek konsentreer hier egter net op dié tekste wat redelik duidelik aangehaal word.

‘n Paar opmerkings:

Daar is ‘n hele paar motiewe uit die boek Jesaja wat gebruik word in die Nuwe Testament skrywers se verwoording van hulle eie boodskap.

  • Oorblyfsel motief – Jes 1:9 in Rom 9:29
  • Onbegrip motief – Jes 6:9-10 in Joh 12:37-41
  • Lig motief – Jes 9:1-2 in Mat 4:12-17
  • Padmaak motief – Jes 40:3-5 in Mark 1:2 (al die evangelies) – Johannes die Doper vervul dit
  • Lydende Dienaar motief – 53:1 in Joh 12:38; 53:4 in Matt 8:17; 53:7-8 in Hand 8:32-33; 53:9 in 1 Pet 2:22; 53:12 in Luk 22:37.

‘n Mens kan selfs die boek Jesaja se invloed op Jesus se verstaan van sy roeping daaruit agterkom, veral die baie belangrike Jesaja 61 soos ‘n mens dit in Lukas 4 vind.

Ek sal telkens die Jesaja verwysings gee met die aanhalings of verwysings in die Nuwe Testament.  Julle kan dit net so gebruik, of nog beter, self binne konteks lees in die Nuwe Testament.

Die indeling vir die volgende week se leeswerk is as volg:

Donderdag 24 Maart Jesaja in die evangelies
Vrydag 25 Maart Jesaja in Handelinge
Maandag 28 Maart Jesaja in die briewe van Paulus
Dinsdag 29 Maart Jesaja in die res van die Nuwe Testament
Woensdag 30 Maart Jesaja  afsluiting
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar