Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie
Die riviere van Kus verwys na die Wit en die Blou Nyl wat die twee belangrikste sytakke van die Nyl is. Die Blou Nyl ontspring in die Tana meer in Ethiopië en sluit by Khartoem in die Soedan by die Wit Nyl aan en vorm daarna die Nyl wat uitmond in Egipte. Die Wit Nyl kom van die Victoria meer af verder suid tussen Kenia, Tanzanië en Uganda.
Dit wil voorkom of die Ethiopiërs (lang mense met die blink [of gladde] velle) Juda in dié tyd nader as bondgenote teen Assirië (ongeveer 715 v C) en dat Jesaja hulle aanspreek om liewer terug te keer. Die Here is immers in beheer vanuit sy hemelse woonplek (vers 4) en sal die wingerdlote van Assirië afsny en weggooi (vers 5-6). Interessant genoeg voorsien Jesaja ’n tyd waar hulle sal luister en die Here sal dank vir sy redding. Ethiopië was dan ook die eerste landstreek in Afrika waar die evangelie geglo is en ’n kerk tot stand gekom het in die Nuwe Testamentiese tyd (Hand 8).
Hoofstuk 19: Ek moet sê dié hoofstuk het my verstom. Dit begin met ’n uitspraak van die Here teen Egipte, en eindig met ’n visie op ’n eenheid tussen Assirië, Egipte en Israel wat saam die Here dien! Die droom van Jes 2 gaan beslis nie lê nie!
Egipte word veral ekonomies getref waarna Israel se God en godsdiens deur Egipte aanvaar sal word. Die verwysing na die Verwoeste Stad sinspeel vermoedelik met woordspel op die Sonstad, Heliopolis, om aan te dui dat die sonaanbidding vir die ware diens van die Skepper van die son, God, plek maak. En dan spoel die aanbidding van God oor die grense van die hele Midde-Ooste – mag ons dié droom se verwesenliking tog eendag sien!
Hoofstuk 20: Aan die einde van hierdie deel is daar die vreemde verhaal van Jesaja se liggaams-profesie in wat ook ’n woord teen Ethiopië (Kus) en Egipte was, en die orakels in die voorafgaande hoofstukke 18-19 teen die twee volke versterk het. Jesaja se basiese posisie was dat ’n alliansie van opstand teen Assirië nie sou werk nie, soos dit in die res van die boek ook is.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - January 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - January 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - January 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - January 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - January 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - January 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - January 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - January 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - February 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - February 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - February 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - February 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - February 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - February 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - February 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - February 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - February 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - February 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - February 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - February 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - February 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - February 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - February 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - February 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - February 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - February 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - February 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - February 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - March 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - March 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - March 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - March 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - March 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - March 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - March 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - March 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - March 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - March 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - March 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - March 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - March 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - March 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - March 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - March 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - March 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - March 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - March 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - March 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - March 29, 2011
- Jesaja afsluiting - March 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - February 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
Rien du Preez
Wou! Hoofstuk 19 is regtig vir my so wonderlik. As die Here sê “moenie bang wees nie Ek is met jou, moenie bevrees wees nie Ek beskerm jou” word vir my so duidelik in hierdie hoofstuk. Die Here maak tussen die selfde nasie vyande maar verydel ook hulle planne sodat hulle die gode moet gaan raadpleeg. Verder verwar Hy Egiptenare sodat hulle planne nie uitwerk nie. Tog as hulle na Hom roep sal Hy `n redder stuur en nog meer Hy sal hulle saak behartig, en dan teen die einde sal volke Hom saam dien. Sjoe vir my is dit duidelik dat ek vir niks, maar niks van wat tans in lande gebeur bang te wees nie. God is steeds besig net Sy plan na Sy wederkoms.
Hy het die mag tot oorlog, vrede, samewerking ens sodat eendag gedeeltes van alle nasie Hom sal dien ( die wat Hom aanroep). In ons eie land, ons het oorlog verwag met die oorgang baie gebede het na Hom opgegaan en toe? Geen bloedvergieting.
So ek moet Hoor, glo en lewe soos HY vra. “VERTROU OP DIE HERE” Hy is en bly in beheer, al is Sy planne nie altyd duidelik nie, omdat dit groter as my verstand is.
Seënwense,
Rien