Skip to main content

Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer

Jesaja vervolg die oordeelsuitspraak teen Israel met ‘n oordeelsboodskap teen Assirië (10:5-19, 28-34) wat onderbreek word met ‘n boodskap van uitkoms vir ‘n oorblyfsel van die volk (10:20-27).

10:5-19: Hier sien ons hoe God se optrede en dié van die werktuie wat hy kies, Assirië in dié geval,  verskil.  God se bedoeling is om die volk te suiwer deur sy oordeel.  Assirië se bedoeling is om te vernietig deur sy veldslae.  Dié arrogansie van Assirië word eweneens deur God geoordeel, al gebruik Hy hulle soos ‘n byl of ‘n saag om sy bedoeling uit te voer.  God se koninkryk is dus anders en in stryd met die Assiriese wêreldryk (ander nasies word ingesluit in die vernietigende imperialisme).

Die prentjie van God wat ons hieruit kry, is dat Hy die Lewende God is wat nie net die Skepping aan die gang gesit en onbetrokke is by die verloop van die geskiedenis nie.  Hy word ook baie spesifiek as die Inisieerder geteken, wat goed laat gebeur.  Hy is nie net Iemand wat terugsit en eers later reageer op wat gebeur nie.  En Hy doen dit op die wêreldverhoog en nie net in Israel nie – ‘n baie belangrike uitbreiding van die heersende Dawidsteologie.

Selfs al erken mense nie Sy betrokkenheid nie, is Hy agter en deur dit alles besig om sy wil te voltrek in die besluite van mense.  Assirië is Syne … al erken hulle dit nie!  Hy is dus in beheer ook van hulle geskiedenis, wat ‘n mens met ‘n tikkie meer respek moet laat praat oor groot bewegings wat in die wêreldgeskiedenis gebeur.  En dit moet ons versigtig laat wees om met te groot stelligheid veroordelend te wees oor goed wat gebeur.  Selfs dit wat sleg is, word steeds deur God gebruik en ingespan in die vestiging van sy koninkryk.

Maar ons kan ook hier sien dat Hy nooit die arrogansie van imperialisme ongestraf laat bly nie.  Ons sien dat die Lig van Israel ook  ‘n vuur en ‘n vlam word wat verbrand en verteer totdat Assirië volkome vernietig is.  ‘n Skrikwekkende interpretasie van die “groot lig” wat eintlik blydskap en vrede en voorspoed bring, soos Jesaja in hoofstuk 9 aangekondig het, maar hier vernietiging. Dit korrespondeer ook met God se Heiligheid – dit is ‘n vuurkool wat sy mense reinig, en ‘n vuurvlam wat sy teenstanders vernietig, al neem dit soms tyd om gestalte te kry (Jes 6).

Daarom dat ek werk met die lewensfilosofie van Niebuhr, as ek dink oor alles wat in die wêreld gebeur, sowel as dit wat met my persoonlik gebeur:

“God is acting in all actions upon you. So respond to all actions upon you as to respond to his action.” (H Richard Niebuhr: The Responsible Self, 126)

10:20-27: Hoewel die oordeelsboodskap steeds in plek bly, belowe die Here ‘n tyd waar dié wat agterbly in die land na die verwoesting, weer op Hom sal vertrou, en daar ‘n oorblyfsel sal terugkom.  Die vergelding staan egter vas, met die stukkie hoop wat hulle gebied word, dat dinge in die toekoms anders sal wees.  Twee historiese voorbeelde van God se verlossing word as bewyse aangehaal: Gideon teen Midian by die Orebrots (Rigt 7:25) en Moses by die Rietsee (Eks 14).  Die volk moet net geduldig wees.

10:28-34: En hulle geduld sal beloon word. Al trek Assirië met gemak deur Israel se dorpe en bring sonder veel teenstand verwoesting waar hulle ook al gaan, sal hulle ondergaan voor hulle die berg van die Here bereik (soos inderdaad gebeur het – Jes 36 vv).  Ironies dat Assirië wat die byl van die Here genoem word (10:15) nou deur ‘n ander byl afgekap word, hoewel dit nie nader beskrywe word nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders