Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer
10:5-19: Hier sien ons hoe God se optrede en dié van die werktuie wat hy kies, Assirië in dié geval, verskil. God se bedoeling is om die volk te suiwer deur sy oordeel. Assirië se bedoeling is om te vernietig deur sy veldslae. Dié arrogansie van Assirië word eweneens deur God geoordeel, al gebruik Hy hulle soos ‘n byl of ‘n saag om sy bedoeling uit te voer. God se koninkryk is dus anders en in stryd met die Assiriese wêreldryk (ander nasies word ingesluit in die vernietigende imperialisme).
Die prentjie van God wat ons hieruit kry, is dat Hy die Lewende God is wat nie net die Skepping aan die gang gesit en onbetrokke is by die verloop van die geskiedenis nie. Hy word ook baie spesifiek as die Inisieerder geteken, wat goed laat gebeur. Hy is nie net Iemand wat terugsit en eers later reageer op wat gebeur nie. En Hy doen dit op die wêreldverhoog en nie net in Israel nie – ‘n baie belangrike uitbreiding van die heersende Dawidsteologie.
Selfs al erken mense nie Sy betrokkenheid nie, is Hy agter en deur dit alles besig om sy wil te voltrek in die besluite van mense. Assirië is Syne … al erken hulle dit nie! Hy is dus in beheer ook van hulle geskiedenis, wat ‘n mens met ‘n tikkie meer respek moet laat praat oor groot bewegings wat in die wêreldgeskiedenis gebeur. En dit moet ons versigtig laat wees om met te groot stelligheid veroordelend te wees oor goed wat gebeur. Selfs dit wat sleg is, word steeds deur God gebruik en ingespan in die vestiging van sy koninkryk.
Maar ons kan ook hier sien dat Hy nooit die arrogansie van imperialisme ongestraf laat bly nie. Ons sien dat die Lig van Israel ook ‘n vuur en ‘n vlam word wat verbrand en verteer totdat Assirië volkome vernietig is. ‘n Skrikwekkende interpretasie van die “groot lig” wat eintlik blydskap en vrede en voorspoed bring, soos Jesaja in hoofstuk 9 aangekondig het, maar hier vernietiging. Dit korrespondeer ook met God se Heiligheid – dit is ‘n vuurkool wat sy mense reinig, en ‘n vuurvlam wat sy teenstanders vernietig, al neem dit soms tyd om gestalte te kry (Jes 6).
Daarom dat ek werk met die lewensfilosofie van Niebuhr, as ek dink oor alles wat in die wêreld gebeur, sowel as dit wat met my persoonlik gebeur:
“God is acting in all actions upon you. So respond to all actions upon you as to respond to his action.” (H Richard Niebuhr: The Responsible Self, 126)
10:20-27: Hoewel die oordeelsboodskap steeds in plek bly, belowe die Here ‘n tyd waar dié wat agterbly in die land na die verwoesting, weer op Hom sal vertrou, en daar ‘n oorblyfsel sal terugkom. Die vergelding staan egter vas, met die stukkie hoop wat hulle gebied word, dat dinge in die toekoms anders sal wees. Twee historiese voorbeelde van God se verlossing word as bewyse aangehaal: Gideon teen Midian by die Orebrots (Rigt 7:25) en Moses by die Rietsee (Eks 14). Die volk moet net geduldig wees.
10:28-34: En hulle geduld sal beloon word. Al trek Assirië met gemak deur Israel se dorpe en bring sonder veel teenstand verwoesting waar hulle ook al gaan, sal hulle ondergaan voor hulle die berg van die Here bereik (soos inderdaad gebeur het – Jes 36 vv). Ironies dat Assirië wat die byl van die Here genoem word (10:15) nou deur ‘n ander byl afgekap word, hoewel dit nie nader beskrywe word nie.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel?
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies
- Jesaja in Handelinge
- Jesaja in die briewe van Paulus
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament
- Jesaja afsluiting
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja?
Tags: Jesaja
Trackback from your site.
Vince Aslett
| #
“Selfs al erken mense nie Sy betrokkenheid nie, is Hy agter en deur dit alles besig om sy wil te voltrek in die besluite van mense.”
Ek kan net imagine hor hierdie statement die ongelowiges en post moderniste sal laat kriewel van irritasie – te lekker 🙂
Reply