Kies ’n Bybellees metode
Soos gebruiklik gee ek ’n aantal maniere waarop jy die Bybel kan lees. By die spyskaart hierbo is daar ’n aantal bydraes wat ek al daaroor geskrywe het Inligting/Bybellees. Jy kan ook kyk na die preek wat ek 16 Januarie 2011 by Klema gelewer het waar ek aan die hand die verhaal van Josua die skuif van ’n fokus op die gesproke na die geskrewe Woord van God verduidelik (Jos 1:1-9; vgl Eks 17:8-16, veral vers 14; 33:7-23, veral vers 11; En vgl Jos 24:26 waar Josua self bydra tot die geskrewe Woord van God!). En dan 8 maniere uitspel waarop ons na God se Woord kan luister.
Ek wil een metode byvoeg waarin ek die gewoonte van die daily examen (Ignatius – vgl ook John Ackerman se Stop/Look/Listen metodiek en die artikel daaroor by Communitas) kombineer met die lees van die Bybel.
Gebruik ’n Joernaal om jou gedagtes en ervarings neer te skryf – dan kan jy altyd teruggaan en bemoedig word deur die manier waarop die Here jou deur sy Woord begelei.
1. STOP: Raak bewus van God se teenwoordigheid – fokus bv. op jou asemhaling deur effe dieper as gewoonlik asem te haal. |
2. KYK: Dink waarderend terug oor gister – fokus op dit wat goed was en hoe jy daaroor gevoel het. |
3. WAARDEER: Kies een aspek en bid daaroor – verwoord jou dankbaarheid teenoor God vir wat Hy vir jou is en doen. |
4. LEES: Lees die gedeelte vir die dag uit die boek Jesaja – skryf neer wat jou tref. |
5. LEER: Lees die dagstukkie op die Internet (of e-pos) – skryf neer wat jou tref en as jy vrae het of ’n bydrae wil maak, doen dit by www.bybelskool.com by comments aan die onder kant van die bydrae (terloops: daar sal No comments staan as niemand nog iets geskryf het nie, of 1 comment of 2 comments as iemand al kommentaar gelewer het). |
6. LUISTER: Kies een van die gedagtes in die teksgedeelte en dink verder daaroor na. Wat beteken dit vir jou prakties? Dink spesifiek na oor hoe dit verband hou met wat gister gebeur het. |
7. ANTWOORD: Antwoord die Here op wat Hy vir jou sê – skryf neer wat Hy vir jou wil wees, wil doen of wat Hy van jou vra om te wees of te doen. |
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - January 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - January 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - January 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - January 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - January 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - January 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - January 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - January 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - February 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - February 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - February 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - February 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - February 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - February 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - February 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - February 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - February 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - February 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - February 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - February 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - February 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - February 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - February 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - February 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - February 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - February 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - February 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - February 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - March 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - March 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - March 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - March 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - March 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - March 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - March 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - March 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - March 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - March 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - March 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - March 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - March 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - March 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - March 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - March 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - March 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - March 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - March 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - March 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - March 29, 2011
- Jesaja afsluiting - March 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - February 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017