Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging

Die perikope van dié hoofstuk wissel tussen wanhoop en hoop, wat alreeds iets sê van die verwarring wat in dié tyd geheers het.  Ek leer daaruit dat die weg uit verwarring altyd in twee goed lê, 1) ‘n ontsag vir die Here se hantering van enige situasie, en 2) ‘n vaste vertroue in Hom wat ek met my lewe moet demonstreer – soms in ‘n oortuiging wat stil geleef word, en soms in dieselfde oortuiging wat duidelik uitgespel word, selfs vir my teenstanders.

8:1-4: Dit wil voorkom of die stuk leer waarop Jesaja hier skryf ‘n soort plakkaat is waarop die boodskap van oordeel oor die konings van Aram en Israel verkondig word.  Dit is ook die naam van Jesaja se volgende kind: Plunder-en-roof-is-naby.

8:5-8: Dan vervolg Jesaja met ‘n woord van oordeel oor Juda omdat hulle nie hulle vrees met vertroue wil vervang nie.  Siloag is die oorspronklike naam van die Siloam-tonnel, wat die water van die Gihonfontein na die stad gelei het.  Dit is ook die plek waarheen Jesus die blinde man gestuur het om sy oë te gaan was (Joh 9).  Die kalmte van die fonteinwater – God se sorg – word op treffende wyse gekontrasteer met die vloedgolf van Assirië – God se oordeel – wat die volk gaan verwoes.

8:9-10: Die oordeel- word met ‘n heilsprofesie opgevolg.  In taal wat nogal herinner aan Psalm 2, word die omgekeerde ook verkondig: God se sorg vir dié wat op Hom vertrou teenoor sy oordeel op dié wat Hom teenstaan.

8:11-16: Die uitdaging vir gelowiges en veral profete sal altyd bly, om te volhard in die vertroue op God wanneer ander dit verlaat en verraai.  Interessant genoeg is een van die motiverings om te bly vertrou ook vrees, maar hier nie die vrees vir mense nie, maar die  vrees of ontsag vir God (vgl Mat 10:28).  Dan, sê Jesaja, sal God soos ‘n veilige vesting vir hulle wees, hoewel Hy steeds vir dié wat Hom nie vrees, en nie op Hom vertrou nie, ‘n verskrikking sal wees, ‘n oordeelvoltrekker.  Die opdrag om dié boodskap stil te hou, herinner aan Jesus wat ook sy dissipels by tye tot stilswye gemaan het.

8:17-22: Dit wil egter lyk asof Jesaja moeilik sy boodskap vir homself kan hou.  Let op hoe hy 1) ‘n persoonlike geloofsbelydenis van vertroue en hoop op God doen, waarna hy 2) die gelowige groep waarvan hy deel is, se publieke getuienis aanprys – lewende getuies (tekens en wonders in die oorspronklike)! – wat hom vervolgens 3) tot ‘n appèl beweeg aan die volk om God te raadpleeg, eerder as die mediums en spiritiste.

Let op hoe hy die geskrewe Woord van God – die wet – kontrasteer met die gesproke woord van die ander godsdienste. Dit is ‘n beweging in Israel wat reeds in die tyd van Moses en Josua gebeur het, dat God gekies het om langs dié kanaal met sy volk te kommunikeer.  Lees meer hieroor.  Maar, belangrik, hoe hy daarmee saam die impak van die lewende getuies – wat vir almal ‘n heenwyser na God is – uitspel.  Die volle prentjie van God se boodskap word aan mense gebring deur Sy Woord en Sy mense – die wet en die getuienis.

En dié wat nie daardeur aangespreek word nie, en nie daarvolgens lewe nie, het geen toekoms meer nie.  Bedruktheid en benoudheid is sy padkos … maar, sê 8:23 en verder, daar is lig aan die einde van die tonnel …

View all posts in this series

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Ek wil net weet as ek Jes. 8:21-22 lees gebruik Jesaja weer die mooi uitdrukking “Hy sal boontoe en ondertoe kyk”, Het die Here in die mooi beeldspraak gepraat of was dit jesaja se skryf tenniek om God se boodskap verstaanbaar oor te dra? Vir my is dit insigewend dat die Here ongeregtigheid straf maar daar is altyd `n groep mense wat Hy uitsonder, wat meer geloof vas is. So sal Hy ook in Openbaring die bokke van die skape skei. Vir my weet ek dat God `n erens met sy waarskuwings het en soos Hy so baie kere gesê het “julle het nie geluister nie” Baie dankie ek geniet dit baie. Rien

    • Jesaja skryf in opdrag van die Here en gebruik die uitdrukking om te wys dat daar geen uitkoms vir iemand gaan wees wat die getuienis van die Here in die Woord en in die lewe van sy mense ignoreer nie. Dit is dus sy menslike beeld, geïnspireer deur die Gees, waardeur God praat.
      Gelukkig dat God sommige uitkies, nê! Anders was ons almal verlore. Dat ons kan luister is genade!

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d