Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag
Die hoofstuk het drie perikope:
- God straf sy volk, sowel as hulle vyande – 29:1-4; 29:5-8
- Die straf is weens hulle hart wat ver van God af is – 29:9-16
- God sal egter weer insig gee en hulle leer – 29:17-24
Jerusalem word hier simbolies Ariël genoem, ‘n naam wat verskillend geïnterpreteer word. Dit kan beteken “leeu van God”, “sterkman/held van God” (afgelei uit die woord vir sterk man in 2 Sam 23:20), of “vuurherd van God” (soos dit in Eseg 43:15 gebruik word – vgl Jes 31:9b wat dié interpretasie steun). Dat vers 2 na die stad as ‘n vuurmaakplek (vuurherd) verwys, maak laasgenoemde interpretasie die meer waarskynlike.
29:1-4: God kondig ellende oor sy volk aan, al verloop dit ook langsaam. Hulle val – grusaam en grillerig beskrywe as dat net ‘n spookstem uit die stof van hulle sal oorbly – is verseker. Dit beteken – soos Jesaja nou al baie gesê het – daar sal eers oordeel wees, voor die vreugde van omkeer en verandering sal aanbreek.
29:5-8: Tog sal die Here Hom uiteindelik oor hulle ontferm en die vyand daarna soos stof laat wegwaai. Let weereens op hoe kunstig die skrywer-digter dit doen met die parallelle gebruik van die verwysing na die stof uit die vorige deel. Die omkeer word met groot natuurtekens beskrywe – donderslae, aardbewings, storms, orkane – wat die toekoms van die vyande in ‘n nagmerrie verander.
29:9-16: Let op hoe die tema van onbegrip – ‘n sleutelopdrag van Jesaja (Jes 6) – hier ook binne die konteks van die blinde profete en onverstandige sieners (1 Sam 9:9 – ‘n vroeëre naam vir profete) van die volk geplaas word. Die volk se onbegrip is ook veroorsaak deur die geestelike leiers. Terloops – die Ethiopiër in Handelinge 8 is juis besig om Jesaja te lees wanneer Filippus hom vra: “Verstaan jy wat jy lees?” Die boodskap van Jesaja word dan vir hom – God sy dank! – op ‘n verstaanbare wyse uitgelê sodat hy die Here kan aanvaar.
Die probleem van die volk in Jesaja se tyd is egter nog dieper as net die gevolg van die geestelike leiers se versuim – hulle geloof in God is net lippetaal; dit kom nie uit die hart nie. Dit bring God se oordeel oor hulle. En daaroor sal hulle God nie kan verwyt nie, net maar hulle eie ongehoorsaamheid. “Julle is agterstevoor met alles!” (vers 16). Jesus sou later dié woorde op die Fariseërs van toepassing maak – Mark 7:6-7 – lees gerus my bydrae oor dié perikoop.
29:17-24: Tog kan God nie Homself keer om insig te bring nie –Sy lig kan nie in die laaste instansie weggesteek word nie. Hy verander die lot van die natuur (die Libanon se bos word ‘n vrugteboord) sowel as van die mense: dowes kan hoor en blindes weer kan sien (vgl Jesus wat dit as ‘n sleutelelement van sy eie opdrag verstaan het – Luk 4). Let op hoe dit spesifiek ook die arm mense betrek. Wreedheid en ligsinnigheid sal uit hulle samelewing verdwyn, onreg sal uitgeroei word, en almal sal God eer. Alle lae van die samelewing sal in vrede met mekaar en met God lewe.
Die belofte vir ouers wat hierin opgesluit lê, tref my besonderlik: God belowe in vers 22-24 dat Abraham nie meer hoef skaam te wees (bleek van verleentheid!) vir sy kleinseun Jakob en dié se nageslag se dwaling nie, en netso die nageslag self – hulle sal God eer vir die kinders wat Hy op hulle beurt vir hulle sal gee. Die kinders sal die Here eer en vir Hom ontsag hê. Selfs: “dié wat gedurig foutgevind het, sal hulle laat leer”! Watter belofte om aan vas te gryp, en ‘n droom om voor te lewe!
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel?
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies
- Jesaja in Handelinge
- Jesaja in die briewe van Paulus
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament
- Jesaja afsluiting
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja?
Tags: Jesaja
Trackback from your site.
Christine Veldsman
| #
Ek het ‘n groot probleem. Lyk vir my sonde skei God nie van mense nie. Inteendeel, deur Sy oordele wend Hy juis ‘n drastiese poging aan om volke tot insig en bekering te bring. Aan die kruis oordeel Hy Satan, die sonde en ons sondige natuur en maak Hy dit vir ons moontlik om,as oorwinnaars te lewe. Tog, volgens Hebr. dissiplineer Hy ons deur ons te tugtig. Ondanks sonde bly Hy met ons bemoeienis maak. Wat is die effek van sonde dan op Sy verhouding met ons? En as dit ons nie van Hom skei nie, gebruik Hy nie selfs sonde tot ons voordeel nie bv. om ‘n sondebesef by ons te bring, ons insig te gee dat ons Sy vergiffenis nodig het, berou te bewerk? Hy het tog ook beheer oor sonde?
Reply
Chris van Wyk
| #
Dit is nogal ‘n tameletjie dié! Wat weet ons van God en sonde? 1) God haat sonde. 2) God straf sonde, natuurlik ook aan die kruis. 3) God roep sondaars tot bekering. 4) God verlos sondaars van sonde. 5) God transformeer sonde – Hy bring die goeie uit die kwade na vore.
Skei sonde ons dan van God? Ek dink ‘n mens ‘n mens moet dit op twee maniere sê:
1) Sonde skei vir JOU wel van God – dit neem bv. by ons die bewussyn van God se guns en teenwoordigheid weg. Ons ervaar dat God sy oë vir ons toemaak (Jes 1:15). Ons word verteer deur skuld en skande.
2) Sonde skei egter nie vir GOD van ons in hierdie lewe nie (soos jy sê) – daarom dat die Here vir sondaars kan sê: KOM laat ons die saak uitmaak (Jes 1:18).
God steek dus die kloof van sonde oor na ons toe in sy genadeaanbod – sonde skei ons dus nie van God nie.
Maar, dit is vir dié lewe – na die dood skei die sonde ons wel van God, want genade wat nie aanvaar is in dié lewe nie, word die finale oordeel wat ‘n ewige skeiding weg van God se aangesig insluit – ons sonde skei ons dus wel van God.
Of hoe dink julle ander?
Reply
Rien
| #
Ek dink ons het keuses,tussen sonde en God. Ons kan nie altwee aanhang nie. Solank ons op aarde is sal ons nog sondige goed doen, maar die HG oortuig ons wat sonde is sodat ons dit kan belei. God haat sonde en kan nie wees waar sonde is nie, en ja Hy is maar altyd daar om uit genade te vergewe as ons ons sonde belei. Ek dink ook sonde skei ons dus van God en sal geoordeel word.
Reply