Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed
In die volgende 2 hoofstukke vat Jesaja die leiers aan wat teen die Here se wil ‘n alliansie met Egipte wil sluit teen die Assiriërs en bied ‘n uitweg aan: 1) Hy sal hulle red; 2) hulle krag lê in stille vertroue en gebed.
Die boodskap is opgedeel in 6 dele:
- Egipte sal die volk nie kan help nie – 30:1-7
- Juda se krag lê in stil vertroue – 30:8-18
- God sal hulle gebede verhoor en na omvattende genesing lei – 30:19-26
- God sal hulle van die bedreiging van Assirië verlos – 30:27-33
- Egipte is net mense en nie gode nie – 31:1-3
- God sal Juda red en bevry van die Assiriërs – 31:4-9
Hoofstuk 30
30:1-7: ‘n Alliansie met wie ook al in die lewe, sonder om God te raadpleeg, is rebellie teen God se pad (‘n tema wat al in Jes 1:2 aangeroer is). Dit is waarom Jesaja so skerp kritiek uitspreek teen die verdrae wat Juda met Egipte wil sluit, iets wat Hiskia oorweeg het (Jes 36-37, maar gelukkig uiteindelik van afgesien het). Egipte sal die volk egter nie kan help nie, sê die Here, en eerder skande en vernedering bring. Die Galdeërs sou die volgende groot wêreldmag wees waarmee Juda onder Nebukadnesar deeglik sou kennis maak ‘n paar dekades later.
“Diere” word in vers 6 gebruik as beskrywing van die Judeërs wat met hulle pakdiere hulp gaan soek, gelaai met presente, en hulle aan baie gevaar blootstel, en dit vir niks! Egipte gaan nie help nie. Soos in Psalm 87:4 word Egipte Rahab (“die een wat teister”) genoem, wat niks kan doen nie, omdat dit deur God oorwin word (vgl ook Jes 51:9 waar Rahab as ‘n mitologiese seemonster geteken word). Die stede Soan en Ganes is onderskeidelik op die noord- en suid-grens van Egipte wat wys hoe wyd die Judeërs gaan hulp soek het.
30:8-18: Jesaja word opdrag gegee om die boodskap vir Juda op te teken as getuienis in die toekoms (vgl Jes 8 se plakkaat), al maak hulle dié stil wat God se wil vir hulle wil uitlê. Dit is dus ook ‘n getuienis vir ons!
Darem ontstellend dat iemand kan sê: “laat die Heilige van Israel uit ons teenwoordigheid verdwyn!” (vers 11). En dit is net genade dat God uiteindelik sulke weerbarstigheid kan straf … terwyl Hy steeds ‘n genade-aanbod maak wat mense kan aanvaar as hulle tot inkeer sou kom: “Julle krag lê in stil wees en vertroue hê” – vers 15.
Let op hoe grafies die oordeel oor die rebelle met 4 verstommende beelde geteken word:
- ‘n inmekaarstortende oorhang-muur (soos die toring van Pisa!) – vers 13;
- ‘n meedoënloos-fyn-gemokerde kleipot – vers 14;
- ‘n oorrompelende blitsige agtervolging van die vlugtelinge op perde – vers 16;
- ‘n skrikwekkende uitwissing tot ‘n eensame vlagpaal op ‘n berg – vers 17
Daarteenoor verstom die gretigheid van die Here om hulle genadig te wees ‘n mens (vers 18). Dit tref my hoe werklik hierdie aanbod ook na my toe kom – waar dinge ook my eie bestaan bedreig – om te bedaar met my eie onafhanklike planne, en eerder my krag in God en in die vertroue in Hom te soek (vers 15).
“Dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou” (vers 18).
30:19-26: Dit is net logies dat hierdie belofte op die vorige opdrag van stilwees en vertroue sal volg: God sal hulle gebede verhoor en na omvattende genesing lei. Dit gee my groot plesier, want dit is die enigste manier waarop ‘n stilwees modus vir my en ek vermoed ’n hele aantal ander mense kan werk! God wil hê dat ons Hom vertrou … EN Hy gee vir ons ‘n manier waarop daardie vertroue vir ons kan werk: deur te bid en sy ingrype te verwag. Dit is immers hoe die redding vir Hiskia gekom het – deur gebed (Jes 37:14-20 met die antwoord van die Here in 37:21-35)
Let op hoe kalmerend die uitnodiging aan hulle gerig word: “jy hoef nie meer te huil nie”. Saam met die belofte van verandering word ‘n verklaring ook gegee vir die redes vir die oordeel: God wou sy volk leer. Dit is immers wat Hy immer doen – sy oordeel het ‘n lerende en opvoedende funksie.
Vers 21 is ‘n ongelooflike belofte van praktiese leiding. Let op dat dit nie ‘n bloudruk is wat jy ontvang en dan nougeset volg nie. Eerder ‘n dinamiese in-die-moment leiding, wat veral in werking kom as jy die pad verlaat wat God wil hê dat jy moet loop. En dit lei tot omvattende voorspoed (vers 23-24) beskerming (vers 25) en geestelike genesing (vers 26), iets waaroor selfs die maan so opgewonde sal wees dat dit die son sal naboots in helderheid. Dit het ook die effek dat ander leidinggewende afgode as waardeloos uitgewys word (vers 22).
30:27-33: En as die vorige perikoop ‘n logiese gevolg was van die opdrag tot stille vertroue wat die belofte van gebedsverhoring inhou, is die boodskap van die laaste deel van hoofstuk 30 net so logies: God sal hulle van die bedreiging van Assirië verlos (wat in hfst 37 beskrywe sal word), dit waarvoor hulle in die eerste plek bang was en waarvoor hulle beskerming by Egipte gaan soek het. “Sy asem is ‘n siedende stroom wat mense meesleur …” (vers 28) en wat hulle aan die brand steek “soos ‘n stroom swael”(vers 33).
Daarteenoor sal die verloste volk bly wees en sing.
Hoofstuk 31
31:1-3: Om die boodskap aan die volk (Hiskia) stewig vas te bind word ‘n prentjie van Egipte geskets wat hulle menslikheid beklemtoon. Hulle is nie eers gode nie, laat staan nog die Almagtige. Hulle maak op hulle eie insig en krag staat, terwyl die Heilige van Israel die enigste een is met totale wysheid en mag. Egipte sal nie staande bly nie.
31:4-9: Met twee pragtige beelde – ‘n grommende maanhaar leeu wat by sy prooi waak (vers 4), en swewende voëls wat hulle neste beskerm (vers 5) – word God se redding van Juda van die Assiriërs se mag beskrywe.
Die belofte en optrede van God is bedoel om die harte van die volk tot Hom te bekeer. Om die waarheid te sê, die dag waarop hulle die afgode weggooi en die Here aankleef om Hom alleen te vereer (vers 9), die dag sal die Assirieërs op ‘n bonatuurlike manier afgemaai word, soos ons inderdaad in Jes 37 gaan lees.
Die twee hoofstukke – met die konkrete illustrasie in die lewe van Hiskia (hfst 36-27) – is ‘n kragtige belofte aan ons:
in stil vertroue en gebed lê die essensie van ‘n gelukkige lewe opgesluit.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - Jan 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - Jan 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - Jan 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - Jan 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - Jan 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - Jan 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - Jan 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - Jan 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - Feb 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - Feb 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - Feb 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - Feb 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - Feb 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - Feb 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - Feb 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - Feb 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - Feb 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - Feb 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - Feb 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - Feb 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - Feb 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - Feb 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - Feb 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - Feb 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - Feb 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - Feb 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - Feb 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - Feb 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - Mar 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - Mar 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - Mar 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - Mar 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - Mar 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - Mar 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - Mar 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - Mar 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - Mar 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - Mar 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - Mar 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - Mar 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - Mar 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - Mar 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - Mar 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - Mar 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - Mar 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - Mar 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - Mar 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - Mar 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - Mar 29, 2011
- Jesaja afsluiting - Mar 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - Feb 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017