Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie
Let ook op hoe Jesaja 11 se eerste vers teruggryp na die oorblyfsel idee wat verskeie kere in hoofstuk 6-10 gebruik word. Dit versterk die prentjie van God, dat Hy oordeel om te suiwer.
En wat my die meeste tref is dat die hoop vir die toekoms gefokus is op ‘n tweede Dawid, die takkie uit die stomp van Isai (vers 1), wat ook die vaandeldraer uit die geslag van Isai (vers 10) genoem word. Op hierdie weergalose leier sal die Gees rus net soos op Dawid (1 Sam 16:13; 2 Sam 23:2) wat hom met die nodige eienskappe sal toerus om ‘n deurslaggewende verandering nie net vir die volk van Juda en Israel in ‘n onderlinge eenheid te weeg te bring nie en wat die skeuring van die ryk onder Rehabeam sal herstel nie, maar vir al die nasies van die wêreld (vers 10).
Let op dat sy koninkryk gekenmerk sal word deur harmonie en vrede in die land. Die enigste oorlog sal dié wees teen nasies wat die ballinge se terugkeer sou kon keer, beide na die suide toe in Egipte sowel as na die ooste toe in Assirië (vers 12-16). Dit is ‘n utopia van reg en omgee, van billikheid en sorg wat selfs die verhoudinge tussen mens en dier en dier en dier (wolwe kuier as gaste by skape! – dit is die prentjie wat die oorspronklike Hebreeus skets in vers 6) sal herstel, ‘n nuwe paradys.
En die sentrale spilpunt waarom dié utopia sal draai, is die kennis van die Here (vers 9) waarvan die aarde so vol sal wees soos die see vol water is.
Geen wonder dat hoofstuk 12 dan vervolg met die loflied van hierdie verlostes wat op daardie dag aangehef sal word: “U was kwaad … maar nou nie meer nie!” (vers 1). Daarmee som hulle eintlik die vorige hoofstukke se oordeels- en heilsprofesieë op. En dié boodskap sal weereens uitbasuin word vir die volke, want dit is wat God wil hê sy volk se bestaansdoel moet wees (Jes 2), om sy lof aan alle mense te bring. “Groot is die Heilige van Israel … en Hy is by julle!”
Die NT skrywers het natuurlik sonder uitsondering die vervulling van hierdie profesie in Jesus Christus gevind (Bv. Joh 1:32 – “Ek het duidelik die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom gebly.”; Rom 15:7-13: “Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik … Jesaja sê: Isai sal ‘n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”).
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel?
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies
- Jesaja in Handelinge
- Jesaja in die briewe van Paulus
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament
- Jesaja afsluiting
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja?
Tags: Jesaja
Trackback from your site.
Jurie Jurgens
| #
Ek het ‘n paar jaar gelede die outobiografie van Alan Paton gelees, en was beindruk met sy keuse van due titel – “Towards the Mountain”. Dit was ‘n verwysing na die berg van die Here van Jes 11:9 waar mense nie mekaar sal seermaak of benadeel nie, weens die volheid van die kennis vd Here. Dis hoe hy sy lewensarbeid gesien het.
Reply
Chris van Wyk
| #
Dit bly darem ‘n droom wat die moeite werd is om voor te lewe – of ten minste te bly verwag!
Reply
Albert Willering
| #
Ek het ‘n gedagte oor Jes.11 wat ek nog nie in ‘n preek of geskrewe stuk gehoor of gesien het nie! Deur omstandighede was daar druk op my om die siening van die “Israelvisie” teen te staan. Om die rede het ek nader op die Skrif ingegaan. Ons sien vanaf vers 6 dat die evangelie verkondiging aan die heidene ( die wilde diere dws onreine diere) verkondig word.Die onreine diere word hier gesien as die heidene wat saam met die gelowige Jode in een kraal kom om die evangelie te beleef. ( psalm 23 ) en meerdere plekke in die bybel waar die HERE sy kind ( die gelowige ) lei en wei. In Hand.10 kry ons die verhaal van Cornelius wat ‘n heiden was,maar deur die engel aangeraai word om vir Petrus te kry wat in Joppe was. Voordat die manne van Cornelius by Petrus aankom,kry hy van die HERE ‘n gesig te sien van die groot laken met al die diere en voëls daarin. Daar was dus rein en onrein diere en voëls binne in die laken. Die gevolg was dat almal dan onrein was. Dan die stem van die hemel wat vir hom drie maal sê; “Wat God rein gemaak het,mag jy nie onheilig ag nie.” Nou moet Petrus oor die drumpel van die onreine Cornelius gaan om die evangelie te bring. Die profeet Jesaja het dit deur die Gees van die HERE al eeuwe vantevore gesien. (Psalm 87)
Reply