Skip to main content

Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel?

Ons lees vanaf 8:23 omdat dit ‘n eenheid met die eerste deel van hoofstuk 9 vorm.

Die uitkoms wat die Here gaan bring in 8:23-9:6 word skerp gekontrasteer met die oordeel wat in die res van die hoofstuk aangekondig word: 9:7-10:4.  Laasgenoemde vorm op sy beurt deel van ‘n oordeelsboodskap teen Assirië (10:5-19, 28-34) waarna weer uitkoms vir ‘n oorblyfsel van die volk aangekondig word (10:20-2).  Daaroor egter eers môre.

8:23-9:6: Jesaja gee hier ‘n prentjie van uitkoms in die toekoms.  Dit sal groot verligting bring vir die duisternis waarin gebiede van Sebulon en Naftali, die pad na die see van Galilea, die Jordaanstreek en die gebied van die heidene net te vore gedompel is (lees hier meer van Jesus se bediening aan die Grieke van Dekapolis wat heel moontlik die gebied van die heidene is wat hier bedoel word).  Hierdie noordelike gebied van Israel het meesal eerste die aanslag – donkerte – van vreemde leërs moes trotseer.  Onder andere is ‘n deel van hul bevolking deur Tiglat-Pileser III weggevoer in 732 v C (2 Kon. 15:29).  Lees meer daaroor in my bydraes oor 2 Konings 15, en 2 Konings 16-17.

Met verwysing na die verlossing wat God deur Gideon vir die volk gegee het in sy oorlog teen Midian (Rigt 6), word voorspel dat die volk weer versamel sal word en hulle in God se teenwoordigheid sal verbly.

Dié uitkoms word dan spesifiek verbind aan ‘n Seun wat vir hulle gebore sal word, waarvan die titels sy uitstaande kenmerke uitspel wat Goddelik van aard sal wees: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, en Vredevors.  Hy sal die Dawidsryk herstel, maar anders as Dawid wat bekend was vir sy militêre optrede, sal Hy vrede en voorspoed bring, en dit vir altyd.

Jesus se vestiging in die dorp Kapernaum, juis in dié gebied, was vir die evangelieskrywers ‘n duidelike vervulling van die eerste deel van die profesie oor Sebulon en Naftali – Mat 4:12–17.  Jesus is dus die lig waarna Jesaja in die profesie uitgesien het.  En die koninkryk wat Jesus kom stig het, is die vervulling van die tweede deel van die profesie oor die Dawidsryk.

9:7-10:4: In skerp kontras met die vorige hoopvolle gedeelte, word die oordeelsboodskap oor die Noordryk – Jakob, Israel genoem – egter onomwonde beklemtoon.  Die hoop op uitkoms sal eers in vervulling gaan ná die voltrekking van die oordeel.

Let op hoe die hele volk aangespreek word oor hulle selfversekerdheid.  Hulle wys die hand van God weg wat hulle kan red en vra nie na sy wil nie, wat sy straf op totale vernietiging laat uitloop: Hy sal kop en stert, palmtak en biesie, afsny (9:13).

‘n Donker prentjie word van van die politieke leiers (9:14), die geestelike leiers (9:15) sowel as die korrupte leierskap in die regstelsel (10:1-4) geteken. En die bevolking se omgee-loosheid maak dat hulle letterlik hulle eie krag verteer (9:19) – mensig!  Dit is wat gebeur as die bron van lewe verlaat word en jy net sit met die donkerte van jou eie goddeloosheid.  Dit brand soos ‘n vuur wat alles in ‘n rookwolk laat verdwyn.

Nog donkerder is egter die reaksie van die Here wat sulke dinge nie ongestraf laat bly nie.  Hoe afgryslik om te moet leef met die uitgestrekte hand van die Here teen jou …  ‘n God wat nie meer vreugde vind in ‘n volk se jongmense nie (9:16).

Welkom MH vd Mescht!  Jy is die 200ste persoon wat by die Bybelskool registreer.  Lekker lees saam met ons ander!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesaja


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda