Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning
As kroon op die belofte van ‘n omkeer vir die volk wat deur vertroue en gebed te weeg gebring sal word, belowe God ‘n koning wat reg sal regeer saam met ‘n amptenary wat reg sal laat geskied. Die koning sal met die Gees van Bo toegerus wees (32:15); Hy sal God self wees (33:22).
In 6 perikope word aspekte daarvan uitgespel:
- 32:1-8 – Die koning voed mense op om reg te lewe
- 32:9-20 – Die Gees vestig reg en vrede
- 33:1-6 – God is die Een op wie jy kan vertrou
- 33:7-9 – Die oordeel ontsien niemand nie
- 33:10-16 – Net dié wat reg bly doen, sal beskerm word
- 33:17-24 – Die Here is ons Koning!
32:1-8: Die profeet skets ‘n droom-prentjie van die effek wat die koning wat God sal stuur op die mense sal hê. Let op hoe die beskerming en versorging van die land se mense voorop staan in die koning en sy amptenare se agenda. Dit het ‘n opvoedende effek op die mense wat hulle menswaardigheid bou. Dit laat ‘n mens dink aan wat nodig is vir enige samelewing om voorspoed te beleef: 1) veiligheid, 2) sosiaal-maatskaplike ontwikkeling en 3) onderwys en opvoeding.
Hoe mooi klink die ideaal nie: “’n dwaas sal nie meer as eerbaar beskou word nie en ‘n skurk nie meer as edel beskryf word nie”(32:5). Goed sal goed wees, en kwaad kwaad. Niemand sal daaroor meer enige twyfel hê nie. Let ook op die onderskeid tussen ‘n dwaas en ‘n skurk. Die dwaas weet nie van beter nie; die skurk buit ander se dwaasheid tot sy eie voordeel uit. Daarteenoor staan die eerbare en edel mens wat weet hoe om te leef, en opkom vir wat eerbaar is. Die toppunt van dit alles is dat die koning hulle ook in die regte verhouding met God bring, wat die sentrum van alle wysheid is.
32:9-20: Die profeet keer terug na die huidige situasie en kritiseer die vrouens met ‘n skerp tong! Die rede daarvoor lê in hulle onbesorgdheid en selfversekerdheid wat tot die oordeel van die Here sal lei. Die verwysing na Ofel (vers 14), dui waarskynlik ‘n heuwel in Jerusalem aan, waarop die paleis gebou was (2 Kron 33:14).
Dit sal egter verander wanneer die “Gees van Bo af op ons uitgestort word”, wat die vrede sal herstel deurdat almal sal fokus op die doen van dít wat reg is.
Die belofte van die Gees is iets wat reeds in Jesaja 11:2 voorspel is, en aan die “takkie” gekoppel is, en weer in Jesaja 44:3 ge-eggo sal word. Dit is ‘n gedagterigting wat uitgebrei word deur Esegiël (39:29) ‘n bietjie meer as ‘n eeu later. Ook Joël (2:28), na die ballingskap, borduur hierop voort. Sy voorspelling word met Pinkster in verband gebring (Hand 2), iets wat Jesaja reeds in die 8ste eeu aangeroer het.
33:1-6: ‘n Oordeelboodskap word ook uitgespreek oor die verwoester – soos telkemale al in Jesaja gedoen is – gekoppel aan die gebed van God se mense, wat op Hom vertrou om reg in Sion te laat geskied. Let op hoe diepsinnig God beskrywe word: “Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou!” Hy is die kosbare besitting wat werklik kan help!
33:7-9: Jesaja keer terug na die situasie in Jerusalem en beskrywe die nood wat die land beleef weens die verdrag wat verbreek is (waarskynlik met Assirië – vgl 2 Kon 18:14: Hiskia het sy deel nagekom, 10 ton silwer betaal, maar Sanherib het steeds Jerusalem beleër). Saron is die naam vir die kusvlakte ongeveer waar Tel Aviv vandag is; Basan is ‘n berg op die Golan hoogte; Karmel is ook ‘n berg, dié een waar Elia die Baälgodsdiens so beslissend uitgedaag het (1 Kon 18).
33:10-16: Dié nood is nie net vanweë die bedreiging van buite, maar ook weens die volk se sonde. Let op die ooreenkoms van die volk se woorde (strooi, kaf) met Jesaja wat ook bewus geword het van sy lippe wat reiniging nodig het (Jes 6). Die oordeel oor hulle sal as getuienis dien van God se mag. Net die mens wat opreg is in wat hy sê, en reg en eties bly in wat hy doen, sal ‘n skuilplek hê in die oordeel wat kom.
33:17-24: Jesaja keer hier terug na die tema waarmee hy die gedeelte begin het, die koning wat sal kom en hulle sal red. Die verwoesting van die oordeel sal vervaag as ‘n onwerklike herinnering, en ‘n era van vrede en veiligheid sal aanbreek met die eintlike koning, Jahwe, wat nie net as Koning sal optree nie, maar ook as die Regter en Leidsman, temas wat in die NT met Jesus se koninkryk verbind word (bv. Hebr 12:4). Vergifnis en genesing sal almal se deel wees.
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - Jan 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - Jan 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - Jan 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - Jan 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - Jan 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - Jan 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - Jan 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - Jan 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - Feb 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - Feb 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - Feb 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - Feb 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - Feb 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - Feb 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - Feb 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - Feb 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - Feb 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - Feb 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - Feb 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - Feb 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - Feb 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - Feb 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - Feb 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - Feb 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - Feb 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - Feb 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - Feb 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - Feb 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - Mar 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - Mar 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - Mar 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - Mar 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - Mar 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - Mar 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - Mar 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - Mar 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - Mar 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - Mar 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - Mar 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - Mar 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - Mar 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - Mar 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - Mar 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - Mar 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - Mar 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - Mar 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - Mar 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - Mar 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - Mar 29, 2011
- Jesaja afsluiting - Mar 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - Feb 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
Loretta Pienaar
Goeiemôre Ds van Wyk, ek sal dit baie waardeer as ek u boodskappe kan ontvang. Alhoewel ek boodskappe kry van ander Godvresende leraars, kan ek nooit genoeg kry nie in hierdie tye. Ek is geensins ondankbaar nie, maar te dikwels blyk dit dat mense nie gretig is om oor God te praat nie, of soms blyk dit dat hulle nie omgee nie. God seën u en u geliefdes.
Chris van Wyk
Hi Loretta – jy is welkom. Jy kan by hierdie webtuiste inteken (https://bybelskool.com/subscribe/) of vir my jou selnommer stuur, dan stuur ek vir jou die bydraes per Whatsapp (Chris van Wyk – nul agt twee 574 9191).