Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie
Jesaja 54 juig oor hierdie liefde van God wat net nooit vergaan nie.
54:1-5: Let op hoe die volk eerstens met ‘n onvrugbare vrou vergelyk word wat meer kinders gaan hê as ‘n getroude, weens die liefde van die Here. Hulle grondgebied sal moet uitbrei, so baie gaan hulle word. Hulle sal nie meer verleë staan en in die skande kom nie. God is hulle man – wat ‘n mens laat dink aan NT visie van die kerk as bruid van Jesus (Mark 2:19; Open 21:2; vgl ook Jes 62:5 wat weer met dié metafoor werk)!
Terloops, William Carey (1761-1834), die vader van die moderne sendingbeweging, het vers 2b ““lengthen its cords and strengthen its stakes”” as ‘n uitdaging aan die kerk in Engeland gehoor om die boodskap van die evangelie oor die hele wêreld te versprei. Hy het self die res van sy lewe in Indië as sendeling gaan werk. Dit was die stimilus vir die wêreldwye verspreiding van die boodskap van Christus waaraan sendelinge uit Suid-Afrika ook steeds onvermoeid meewerk.
54:6-8: In die tweede plek word die volk met ‘n verstote vrou vergelyk wat eweneens ontferming sal beleef deurdat die Here hulle terugneem onder sy vlerk. Sy liefde vir hulle sal nooit vergaan nie.
54:9-10: Die sekerheid van dié beloftes word met ‘n eed gesweer, soortgelyk aan dié wat God eenmaal vir Noag gegee het. Sy liefde sal nie verdwyn nie.
54:11-17: Die metafoor verander om van die volk as stad te praat wat vroeër bedreig was en wie se mure nou weer vasgemessel sal word. Kosbare stene sal vir hulle gebruik word wat ‘n mens onmiddellik laat dink aan die hemelse stad Jerusalem (vgl Open 21:18-21). Let op hoe elkeen van die inwoners “leerlinge van die Here” sal wees (54:13) – dit laat ‘n mens dink aan Jesus se laaste opdrag om dissipels (leerlinge) van al die nasies te maak (Matt 28:19). Geregtigheid sal heers en hulle sal nie bang wees vir verdrukking of verskrikking nie, want God sal vir hulle sorg: “Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg” (54:17).
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - Jan 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - Jan 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - Jan 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - Jan 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - Jan 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - Jan 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - Jan 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - Jan 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - Feb 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - Feb 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - Feb 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - Feb 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - Feb 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - Feb 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - Feb 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - Feb 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - Feb 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - Feb 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - Feb 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - Feb 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - Feb 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - Feb 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - Feb 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - Feb 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - Feb 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - Feb 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - Feb 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - Feb 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - Mar 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - Mar 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - Mar 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - Mar 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - Mar 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - Mar 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - Mar 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - Mar 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - Mar 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - Mar 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - Mar 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - Mar 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - Mar 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - Mar 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - Mar 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - Mar 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - Mar 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - Mar 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - Mar 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - Mar 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - Mar 29, 2011
- Jesaja afsluiting - Mar 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - Feb 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
Charlotte
Chris. Wat beteken die teks Jes 54.10. Die vers wat se. Vredeverbond?
Hoekom se hy so
Chris van Wyk
God belowe vir sy volk dat Hy soos in die tyd van Noag sy ooreenkoms (verbond) wat rus sal bring vir die aarde (vrede) nie sal verbreek nie. Hy sal sy hand van vriendskap na die volk nie terugtrek nie. Die volk het inderdaad hierna tot rus gekom weer terug in hulle land. In die koms van Jesus is dié belofte natuurlik verder vervul en het ons in Hom dieselfde belofte dat God sy hand van vriendskap nooit sal terugtrek nie. Ons is Syne.