Indeling van die boek Jesaja
- In terme van die Skepping is Hy beide Skepper (Jes 40:28) as Onderhouer (Jes 27:3, 40:26) van alles wat bestaan.
- En in terme van die Geskiedenis tree Hy op as Regter (Jes 33:22) en Verlosser (Jes 41:14) van almal wat leef, ook die nasies (Regter: Jes 13-23; Verlosser: 56, 60).
Deel 1: Jesaja 1-39
In die eerste deel van die boek, hoofstuk 1-39, fokus Jesaja ons aandag op die mislukte roeping van Israel om in ’n lewende verhouding met God te leef as pelgrimsbestemming vir die nasies (vgl Jes 2:1-4). Hulle keuse om eerder alliansie-politiek te bedryf teen die groot wêreldmoondhede as om God se raad deur sy profeet te volg (Jes 7), het onvermydelik gelei tot Sy oordeel oor hulle deur die einste wêreldmoondhede, eers deur die bedreiging van die Assiriërs (7de eeu v C), en later voltrek deur die ballingskap in Babilon (6de eeu v C).
Juda se mislukking was veral te wyte aan hulle gebrek aan vertroue op Jahwe (Jes 30:15) wat hulle verlei het na afgodery (Jes 2:6) en politieke alliansies (Jes 7), sowel as hulle gebrek aan sosiale deernis met behoeftiges soos die wese en weduwees: “Die stad wat die tuiste van die reg was … is nou vol moordenaars.” (Jes 1:21-23).
Hierteenoor word God in sy heilige teenwoordigheid geteken (Jes 6 ) wat die oordeel oor sy volk Juda sal voltrek (Jes 8 ) … en tog ’n oorblyfsel (Jes 6:13) sal laat oorbly, waarin die belofte van ’n toekoms gesien kan word. Ook die nasies word deur God geoordeel (Jes 13-23), juis dié nasies op wie Israel hul vertroue geplaas het.
Benewens die historiese aanduidings in die boek (Jes 1:1; 2:1; 6:1; 7:1–25; 14:28; 20:1–6; 22:14–25, and 36:1–39:8.) word drie verhale midde in die profesieë geplaas om dit histories binne die meer as 50 jaar lange aktiewe bediening van die profeet Jesaja te plaas:
1. Die verhaal van koning Agas in gesprek met Jesaja tydens die Siro-Efraimitiese oorlog teen die Arameërs en Israeliete van die Noordryk (, wat teen Jesaja se raad in ’n verdrag met die opkomende wêreldmag van die Assiriërs gesluit het (Jes 7-9 – vgl 2 Kon 16; 2 Kron 28) wat voor die val van Samaria in die jaar 722 v C gedateer moet word;
2. Die verhaal van Jesaja se liggaamsprofesie teen Egipte en Kus (Jes 20:1-6) in die tyd van koning Sargon van Assirië waarskynlik in 711 v C;
3. Die verhaal van koning Hiskia, Agas se seun, wat dit weer reggekry het om stukkie vir stukkie die volk se onafhanklikheid terug te wen van Assirië en die Filistyne, en uiteindelik die bedreiging van Sanherib van Assirië in 701 v C kon afweer. Ook die verhaal van die siekte en herstel van Hiskia word vertel wat daarna plaasvind (Jes 36-39 – vgl 2 Kon 18-20; 2 Kron 29-32).
Deel 2: Jesaja 40-66
In die tweede deel van die boek, hoofstuk 40-66, fokus Jesaja ons aandag op die verlossing wat God vir sy volk bring, onder andere deur die bediening van die Dienaar van die Here (Jes 42, 49, 50, 52‑53) wat sy klimaks vind in die belofte van ’n nuwe hemel en aarde (Jes 65-66).
Daar word aangesluit by vorige heilsbeloftes in die eerste deel van die boek (Jes 2:2-5; 4:2-6), en ’n visie van ’n volkome nuwe begin geteken wat histories, internasionaal en kosmies van aard is.
Aan die een kant is dit ’n troosboodskap vir die verstrooide volk (Jes 40). Aan die ander kant konfronteer dit ook diegene wat nie wil deelneem aan die nuwe Uittog wat God vir sy mense belowe nie (Jes 46) en nie tot inkeer wil kom nie (Jes 56-59). Tog belowe die Here dat die nuwe toekoms onafwendbaar heerlik sal deurbreek. En die nasies sal ook daarin deel (Jes 56, 60).
View all posts in this series
- Leesplan Jesaja - Jan 20, 2011
- Kies ’n Bybellees metode
- WEEK 1 – Jesaja 1-6
- Jesaja 1 – Julle ken My nie
- Jesaja as boek
- Vir dieperdelwers
- Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God - Jan 21, 2011
- Jesaja die profeet
- Jesaja 3-4 – God se oordeel laat altyd ‘n oorblyfsel - Jan 24, 2011
- Indeling van die boek Jesaja
- Jesaja 5 – ’n begrafnislied oor verworde mense - Jan 25, 2011
- Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja 6 – Hoop kom uit ’n afgekapte stomp - Jan 26, 2011
- WEEK 2 – Jesaja 7-12
- Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue - Jan 27, 2011
- Jesaja 8 – Leef met ontsag en oortuiging - Jan 28, 2011
- Jesaja 9 – Lig aan die einde van die tonnel? - Jan 31, 2011
- Jesaja 10 – God se vuur verteer en suiwer - Feb 1, 2011
- Jesaja 11-12 – God gee nooit moed op nie - Feb 2, 2011
- WEEK 3 – Jesaja 13-27
- Jesaja 13-14 – God is in beheer van die wêreldgeskiedenis - Feb 3, 2011
- Jesaja 15-17 – Dit kerm in my binneste - Feb 4, 2011
- Jesaja 18-20 – God laat nie sy droom vaar nie - Feb 7, 2011
- Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasies - Feb 8, 2011
- Jesaja 24-27 – Van tragedie na triomf - Feb 9, 2011
- WEEK 4 – Jesaja 28-35
- Jesaja 28 – ‘n Oor vir God bring voorspoed - Feb 10, 2011
- Jesaja 29 – God gee insig vir die nageslag - Feb 11, 2011
- Jesaja 30-31 – Julle krag lê in stil vertroue en gebed - Feb 14, 2011
- Jesaja 32-33 – Die Here is ons Koning - Feb 15, 2011
- Jesaja 34-35 – God bring verandering deur oordeel en redding - Feb 16, 2011
- WEEK 5 – Jesaja 36-39
- Jesaja 36 – Stilwees en vertroue teen ‘n oormag - Feb 17, 2011
- Jesaja 37 – Gebed en vertroue beweeg God tot optrede - Feb 18, 2011
- Jesaja 38 – God sien ons trane raak EN doen iets daaraan - Feb 21, 2011
- Jesaja 39 – ‘n Gebrek aan onderskeiding - Feb 22, 2011
- Jesaja 1-39 – ‘n Verspeelde roeping stuit God nie - Feb 23, 2011
- WEEK 6 – Jesaja 40-48
- Jesaja 40-41 – Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag - Feb 24, 2011
- Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken - Feb 25, 2011
- Jesaja 44-45:8 – God is die eerste en die laaste, die enigste God - Feb 28, 2011
- Jesaja 45:9-46:13 – Die Skeppergod alleen kan red - Mar 1, 2011
- Jesaja 47-48 – God bepaal die geskiedenis, nie toeval nie - Mar 2, 2011
- WEEK 7 – Jesaja 49-55
- Jesaja 49-50 – Die dienaar van die Here praat dié wat moeg is, moed in - Mar 3, 2011
- Jesaja 51:1-52:12 – Omhels ‘n bruikbare toekoms in jou verlede - Mar 4, 2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor - Mar 7, 2011
- Jesaja 54 – My liefde vir julle sal nooit vergaan nie - Mar 8, 2011
- Jesaja 55 – Kom geniet God se genade - Mar 9, 2011
- WEEK 8 – Jesaja 56-61
- Jesaja 56-57 – Almal is welkom by God - Mar 10, 2011
- Jesaja 58 – God se mense laat medemense nie aan hul lot oor nie - Mar 11, 2011
- Jesaja 59 – God sorg dat sy Gees en woorde nie verlore raak vir sy volk nie - Mar 14, 2011
- Jesaja 60 – Nasies kom na jou lig - Mar 15, 2011
- Jesaja 61 – ‘n Blye boodskap vir mense in nood - Mar 16, 2011
- WEEK 9 – Jesaja 62-66
- Jesaja 62 – God se beloftes word in vervulling gebid - Mar 17, 2011
- Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep - Mar 18, 2011
- Jesaja 64 – Bid dat God nou ‘n verskil maak - Mar 21, 2011
- Jesaja 65 – Terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor - Mar 22, 2011
- Jesaja 66 – Die groot God is ook die naby God - Mar 23, 2011
- WEEK 10: Jesaja in die Nuwe Testament
- Jesaja in die evangelies - Mar 24, 2011
- Jesaja in Handelinge - Mar 25, 2011
- Jesaja in die briewe van Paulus - Mar 28, 2011
- Jesaja in die res van die Nuwe Testament - Mar 29, 2011
- Jesaja afsluiting - Mar 30, 2011
- Jesaja – Lees, luister, leef – ePub - Feb 20, 2014
- Wie is die Dienaar van die Here in Jesaja? - May 16, 2017
Vinie Furstenberg
Is dit reg dat ek aflei dat ons heeltemal gaan wegdoen met die “drie profete” benadering?
Waarna verwys Groenewald as hy praat van “uiteenlopende standpunte oor die historiese profeet”, en die “soektog na die historiese Jesaja” wat onmoontlik geword het?
Chris van Wyk
Daar is nog heelwat mense wat die “drie profete” benadering sal volg, en daar is natuurlik baie geskryf daaroor, en mense gebruik nog daardie boeke en kommentare. Groenewald verwys heel waarskynlik na die probleem wat enige navorser het, dat daar so min in die Bybel oor die profeet Jesaja geskryf word. Die oomblik as jy dan begin spekuleer is dit geen wonder dat ‘n mens ervaar: “soveel hoofde, soveel sinne”. Dit maak dus vir my meer sin om die boek as ‘n eenheid te hanteer wat oor ‘n lang tyd tot stand gekom het.
mariaan
ek vind die boodskap in Jes 64 bietjie moeilik want daar word gejuig oor die redding en dan is jes 64 weer n pleitgebed en dan praat hulle van die pottebakker wat hulle moet vorm
Chris van Wyk
Die redding waarna Jesaja in hfst. 63 verwys, is dié in die tyd van Moses (63:11) wat die basis van hulle pleitgebed in die hede vorm. Dieselfde geld die verwysing na die volk wat soos klei gevorm is tot ‘n pot in God se hande. Dit verwys ook na die verlede en begrond hulle gebed om verandering in die hede.
Engela du Toit
Ek is besig om Jesaja te studeer en besluit om te google om dit beter te verstaan.Baie dankie vir die bybelstudie oor Jesaja.Ek sal waardeer as u dit vir my kan e-pos asb.
Engela
Chris van Wyk
Hi Engela, dit is net beskikbaar as gratis bydraes by die webtuiste. Jy kan dit as ‘n eboek ook koop en aflaai.