Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie

Prediker 7:15-18 handel oor die uitsonderings op die reël van vergelding. In die English Standard Version lui dit as volg:

15 In my vain life I have seen everything. There is a righteous man who perishes in his righteousness, and there is a wicked man who prolongs his life in his evildoing. 16 Be not overly righteous, and do not make yourself too wise. Why should you destroy yourself? 17 Be not overly wicked, neither be a fool. Why should you die before your time? 18 It is good that you should take hold of this, and from that withhold not your hand, for the one who fears God shall come out from both of them. (ESV).

‘n Mens kan die boodskap as volg saamvat:

Vers 15

Regverdigheid as sodanig baat jou nie altyd om lank te lewe nie (Nabot is ‘n voorbeeld). Goddeloosheid as sodanig verdoem jou nie altyd tot ‘n kort lewe nie (Isebel is ‘n voorbeeld). “Forewarned is forearmed.

Vers 16

Moenie te regverdig of te wys wees nie. Moenie jouself beter voordoen as wat jy is nie. Moet veral nie self-regverdigend of eie-wys wees nie. Dit kan jou suur bekom. Selfs al is jy reg, gaan dit nie as vanselfsprekend tot jou voordeel wees nie.

Vers 17

Moet ook nie oorboord gaan in goddeloosheid of dwaasheid nie. Niemand is perfek nie, maar moenie dié feit as ‘n verskoning gebruik om kwaad te doen nie. Dit kan jou ook suur bekom.

Vers 18

Moet dus nie self-regverdigend wees óf self-verskonend nie. Dit is net die een wat die Here vrees wat uit die valstrik van ‘n vertroue op óf sy regverdigheid óf sy goddeloosheid kan ontsnap deur op die Here alleen staat te maak. Dit is die slotsom van Prediker 12:13-14:

13 The end of the matter; all has been heard. Fear God and keep his commandments, for this is the whole duty of man. 14 For God will bring every deed into judgment, with every secret thing, whether good or evil. (ESV).

Die beste weg is dus om die Here te vrees – dws regverdig te lewe, privaat en publiek – en jou lewe aan God self oor te laat.


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • dederik Robbertse

    More Chris. Is die volgende reg? God se wil is== Jesus se 2 nuwe gebooie(wet) vir ons= Wees vir Abba Vader bo als gehoorsaam,lief,eer,loof,vrees en aanbid Hom. 2) Wees vir jou naaste lief soos vir jouself.

    • Ja. En die res van die Bybel wys ons in detail hoe ons dit doen onder leiding van die Heilige Gees. Die “nuwe” is natuurlik dieselfde as die “oue” (1 Joh 2:7) behalwe vir die verbygaande seremoniële, burgerlike en rituele riglyne wat in Christus vervul is (offers, dieetreëls, Joodse kulturele riglyne). Die morele wette bly dieselfde soos in die Tien Gebooie en die res van die OT vir ons gegee. Jesus se opsomming van die wet en die profete wys dat God se wil in die Eerste of Ou Verbond (OT) dieselfde is as die Tweede of Nuwe Verbond (NT).

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d