Skip to main content

Moenie self-regverdigend of self-verskonend leef nie

Prediker 7:15-18 handel oor die uitsonderings op die reël van vergelding. In die English Standard Version lui dit as volg:

15 In my vain life I have seen everything. There is a righteous man who perishes in his righteousness, and there is a wicked man who prolongs his life in his evildoing. 16 Be not overly righteous, and do not make yourself too wise. Why should you destroy yourself? 17 Be not overly wicked, neither be a fool. Why should you die before your time? 18 It is good that you should take hold of this, and from that withhold not your hand, for the one who fears God shall come out from both of them. (ESV).

‘n Mens kan die boodskap as volg saamvat:

Vers 15

Regverdigheid as sodanig baat jou nie altyd om lank te lewe nie (Nabot is ‘n voorbeeld). Goddeloosheid as sodanig verdoem jou nie altyd tot ‘n kort lewe nie (Isebel is ‘n voorbeeld). “Forewarned is forearmed.

Vers 16

Moenie te regverdig of te wys wees nie. Moenie jouself beter voordoen as wat jy is nie. Moet veral nie self-regverdigend of eie-wys wees nie. Dit kan jou suur bekom. Selfs al is jy reg, gaan dit nie as vanselfsprekend tot jou voordeel wees nie.

Vers 17

Moet ook nie oorboord gaan in goddeloosheid of dwaasheid nie. Niemand is perfek nie, maar moenie dié feit as ‘n verskoning gebruik om kwaad te doen nie. Dit kan jou ook suur bekom.

Vers 18

Moet dus nie self-regverdigend wees óf self-verskonend nie. Dit is net die een wat die Here vrees wat uit die valstrik van ‘n vertroue op óf sy regverdigheid óf sy goddeloosheid kan ontsnap deur op die Here alleen staat te maak. Dit is die slotsom van Prediker 12:13-14:

13 The end of the matter; all has been heard. Fear God and keep his commandments, for this is the whole duty of man. 14 For God will bring every deed into judgment, with every secret thing, whether good or evil. (ESV).

Die beste weg is dus om die Here te vrees – dws regverdig te lewe, privaat en publiek – en jou lewe aan God self oor te laat.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda