Skip to main content

Job is ‘n voorbeeld van volharding en gebed

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Daar is egter nog ‘n laaste aspek van Job se voorbeeld wat belangrik is.  Job word twee keer  in die Bybel aangehaal as ‘n voorbeeld van aan die een kant van gebed en aan die ander kant volharding en geduld.

Die Here self noem Job ‘n voorbidder.  Ons lees in Esegiël 14 dat ‘n land só afvallig van die Here kan word dat selfs iemand soos Job nie vir die land in die bres kon tree nie.  Hy sou selfs nie sy eie kinders kon red nie, net homself:

12Die woord van die Here het tot my gekom: 13“Mens, wanneer ’n land teen My sondig en heeltemal troueloos word, en Ek steek my hand teen hom uit en vat sy kos weg en bring hongersnood in hom en Ek roei mens en dier uit hom uit, 14sou selfs daardie drie manne van ouds, Noag, Daniël en Job wat volgens my wil geleef het, net hulleself in die lewe kon hou, sê die Here my God. 15Of as Ek ongediertes die land laat oorval, en hulle maak die mense dood, sodat die land verlate word, en niemand daar langs trek nie as gevolg van die ongediertes, 16sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered word, maar die land sou verlate wees. 17Of as Ek oorlog oor daardie land bring en die swaard beveel om die land deur te gaan en Ek mens en dier uit die land uitroei, 18sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, dié drie manne as hulle daar was, nie hulle kinders kon red nie. Hulle sou net self gered kon word. 19Of as Ek pes oor daardie land stuur en Ek my toorn daarteen laat losbreek om mens en dier daar uit te roei in ’n groot slagting, 20sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, Noag, Daniël en Job as hulle daar was, nie eens ’n enkele seun of dogter kon red nie; hulle sou net hulleself in die lewe kon hou omdat hulle volgens my wil geleef het.”

Jakobus haal Job aan as ‘n voorbeeld van volharding.   Ons lees in Jakobus 5 hoe hy die gelowiges aanspoor om die Here se koms te bly verwag, om nie moeg te word en nie moed te verloor nie, ook nie oor mekaar te kla nie, en te volhard totdat die Here die uitkoms stuur.  Job word as voorbeeld van volharding vir hulle voorgehou, veral met die oog daarop dat sy verhaal wys waarop die Here dit laat uitloop het, naamlik, dat die Here gewys het dat Hy ryk is aan barmhartigheid en ontferming.

7Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom. Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer. Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het. 8Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here. 9Moenie oor mekaar kla nie, broers, sodat julle nie veroordeel word nie. Die Regter staan al voor die deur. 10Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. 11Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming.

Esegiël se verwysing na Job as voorbidder wys vir ons die perke van gebed, soos ‘n mens ook pertinent in die lewe van Job kon agterkom met sy eerste kinders se dood (Job 1:19).  Waar mense boonop só in sonde en troueloosheid verval, soos in Esegiël se tyd, dat daar geen salf meer aan hulle te smeer is nie, kan gebed selfs ook nie meer help nie.

Jakobus se verwysing na Job as die een wat volhard, wys vir ons nie net iets van Job nie, maar van die karakter van God self.  Geseënd is dié, sê Jakobus, wat ten spyte van hulle pyn en lyding, ten spyte van die onreg wat hulle moet verduur, steeds geduldig volhard in hulle verwagting van die koms van die Here. Want hulle sal, soos Job, ervaar dat die Here ryk is aan barmhartigheid en ontferming.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.