Indeling van die boek Job
Die boek Job kan in drie dele verdeel word volgens die taalsoort.
- Die eerste deel is in prosa geskryf en verduidelik hoe dit gekom het dat só ‘n groot lyding vir Job getref het (hfst. 1-2). Dit handel veral oor JOB SE VERLIES en die vraag na die gehalte van sy vroomheid.
- Die tweede deel is in poësie geskryf en bevat drie gespreksrondtes tussen Job en sy drie vriende, Elifas, Bildad en Sofar (hfst. 3-27), ‘n bydrae oor die wysheid (hfst. 28), die gesprekke tussen Job en Elihu, waar Elihu eintlik op Job en sy drie vriende in sy vier toesprake reageer (hfst. 29-31; 32-37), en die twee gespreksrondtes tussen God en Job (hfst. 38-39; 40-42:6). Dit handel veral oor JOB SE VERDEDIGING van sy lewe en die vraag na regverdigheid.
- Die derde deel is weer in prosa geskryf en verduidelik hoe die Here Job se lot verander het (42:7–17). Dit handel oor JOB SE VERLOSSING waarin die vraag na regverdigheid en die vraag na vroomheid in perspektief gestel word.
Ons gaan dit min of meer ‘n hoofstuk ‘n weeksdag deurlees, maar tog die onderskeie dele van die gesprekke as ‘n eenheid hanteer waar dit meer as een hoofstuk beslaan. As ‘n gesprek twee of drie hoofstukke beslaan, sal ek dus twee of drie dae daarvoor toelaat.
Ons begin 12 Januarie en eindig 8 Maart 2016.
- Inleiding – 12 Januarie 2016
- Job 1 – 13 Januarie 2016
- Job 2 – 14 Januarie 2016
- Job 3 – 15 Januarie 2016
- Job 4-5 – 18 Januarie 2016
- Job 6-7 – 20 Januarie 2016
- Job 8 – 22 Januarie 2016
- Job 9-10 – 25 Januarie 2016
- Job 11 – 27 Januarie 2016
- Job 12-14 – 28 Januarie 2016
- Job 15 – 2 Februarie 2016
- Job 16-17 – 3 Februarie 2016
- Job 18 – 5 Februarie 2016
- Job 19 – 8 Februarie 2016
- Job 20 – 9 Februarie 2016
- Job 21 – 10 Februarie 2016
- Job 22 – 11 Februarie 2016
- Job 23-24 – 12 Februarie 2016
- Job 25 – 15 Februarie 2016 (saam met hfst. 24)
- Job 26-27 – 16 Februarie 2016
- Job 28 – 18 Februarie 2016
- Job 29-31 – 19 Februarie 2016
- Job 32-33 – 24 Februarie 2016 (op een dag)
- Job 34 – 25 Februarie 2016
- Job 35 – 26 Februarie 2016
- Job 36-37 – 29 Februarie 2016
- Job 38:1-42:6 – 2 Maart 2016
- Job 42:7-17 – 8 Maart 2016
View all posts in this series
- Ons lees die boek Job van 12 Januarie af - December 29, 2015
- Inleiding op die boek Job - January 12, 2016
- Die boodskap van Job
- Job handel oor die vraag na regverdigheid
- Job handel ook oor die vraag na vroomheid
- Job deurbreek ‘n eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie
- Job is ‘n voorbeeld van volharding en gebed
- Ander verwante verhale
- Indeling van die boek Job
- Lees, luister, leef
- Job 1 – Sal Job vroom bly, al word hy sonder rede geruïneer? - January 13, 2016
- Job 2 – Job bly vroom, al word hy sonder rede geruïneer - January 14, 2016
- Job 3 – Job vervloek sy geboortedag - January 15, 2016
- Job 4:1-5:1 – Elifas: Gee jou vroomheid jou geen hoop nie? - January 18, 2016
- Job 5:2-27 – Elifas: Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word
- Job 6 – Julle beskou medelye met ‘n vriend as ‘n las - January 20, 2016
- Job 7 – In my bittere beproewing soek ek vergifnis
- Job 8 – Bildad: Teenspoed beteken God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring - January 22, 2016
- Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien? - January 25, 2016
- Job 10 – Maak aan my bekend waarom U hierdie stryd teen my voer
- Job 11 – Sofar: As jy jou verstand reg gebruik, sal jy jou kop sonder skaamte kan oplig - January 27, 2016
- Oorsig oor die eerste gespreksrondte – Job 3-11 - January 28, 2016
- Job 12:1-13:19 – Bly liewer stil, ek wil met die Here praat - January 29, 2016
- Job 13:20-14:22 – As ‘n mens sterf, sal hy weer lewe? - February 1, 2016
- Job 15 – Elifas: Jou swaarkry en lyding bewys dat jy goddeloos is - February 2, 2016
- Job 16 – Verander van Vyand in Vriend - February 3, 2016
- Job 17 – Wees tog vir my ‘n borg, o God!
- Job 18 – Bildad: Die onheil wag jou gretig in, omdat jy God nie erken nie - February 5, 2016
- Job 19 – Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! - February 8, 2016
- Job 20 – Sofar: Terwyl jy jou nog so vol eet, laat God sy woede oor jou losbreek - February 9, 2016
- Oorsig oor die tweede gespreksrondte – Job 12-20 - February 10, 2016
- Job 21 – Waarom bly die goddeloses aan die lewe?
- Job 22 – Elifas: Jy was onregverdig en onbarmhartig, daarom gaan jy onder - February 11, 2016
- ‘n Paar opmerkings oor ‘n moontlike ander lees van hfst. 24-27 - February 12, 2016
- Job 23 – My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange - February 15, 2016
- Job 24 – Waarom reken die Almagtige nie in hierdie lewe af met onregverdiges nie? - February 16, 2016
- Job 25 – Bildad: God is groter as jy!
- Job 26 – Met wie se hulp het jy gepraat? - February 17, 2016
- Job 27 – So lank ek lewe, sal ek niks verkeerd sê nie - February 18, 2016
- ‘n Oorsig oor die derde gespreksrondte – Job 21-27 - February 19, 2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - February 22, 2016
- Bydraes hervat weer Donderdag - February 23, 2016
- Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God - February 25, 2016
- Job 30 – Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie - February 26, 2016
- Job 31 – Ek bly verbind tot vroomheid - February 27, 2016
- Oorsig oor die gesprek van Elihu met Job en sy drie vriende – Job 32-37
- Job 32 – Elihu: My gees dwing my om te praat - February 28, 2016
- Job 33 – Elihu 1: God hoef nie rekenskap aan jou te gee nie - February 29, 2016
- Job 34 – Elihu 2: God doen niks verkeerd nie! - March 3, 2016
- Job 35 – Elihu 3: Jou vroomheid is onder verdenking - March 4, 2016
- Job 36-37 – Elihu 4: God se grootheid nooi ons uit om Hom te dien - March 5, 2016
- Job 38-39 – Wie is dit wat my bedoelinge dwarsboom? - March 7, 2016
- Job 40-42:6 – Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie - March 8, 2016
- Job 42:7-17 – Die Here verander die omstandighede van Job
- Gesprek met God bring bevryding - June 8, 2020