Ons lees die boek Job van 12 Januarie af
Ek het my voorbereiding vir die boek Job klaargemaak:
-
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve. Ek is getref deur Job se deurbreking van ‘n eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie. God se wêreld is meer kompleks as dit.
-
Ek is getref deur die antwoord op die vraag na regverdigheid – kan ‘n mens staatmaak daarop dat dinge reg uitwerk? In ‘n ontmoeting met God lê insig en lotsverandering opgesluit.
-
Ek is getref deur die vraag na vroomheid – sal ‘n mens lojaal bly aan God al gebeur wat ook al met jou? Ek is geïnspireer deur Job se voorbeeld van volharding in alles, en sy gebed wat God se toekoms vir ander oopsluit.
Ek begin 12 Januarie met die plasing van die inleidende bydraes en eindig met hfst. 42 op 16 Maart DV. Die eerste byeenkoms vir saamgesels oor die boek Job in NGK Somerstrand is 13 Januarie 18:00.
Daar is soos altyd ook opsies vir kleingroepe en gemeente Bybelskole. Jy kan hier registreer om die bydraes in jou Inbox te kry. Dit is gratis.