Job 5:2-27 – Elifas: Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word

Ek gee albei bydraes oor Elifas se eerste gesprek ter wille van dié wat dit as ‘n eenheid wil lees. Jy kan dit ook oor twee dae lees. Die volgende bydrae oor Job se antwoord, word dus eers Woensdag geplaas.
Die mens is vir swaarkry gebore – 5:2-7
Elifas se prentjie van die lewe kom nou aan die orde: “Die mens is vir swaarkry gebore, en sy lewe is kortstondig soos ‘n vonk wat opskiet.” Alle mense is eintlik dwase om te dink dat dit anders is – en by implikasie Job ook, soos ‘n mens aflei uit die voorbeeld wat hy gee van die ramp wat die dwase se huis en kinders tref.
Ellende, sê hy, kom egter nie sommerso uit die grond uit op nie. Dit is deel van die lot van die mens en ‘n loon vir sy dwaasheid. Eina!
As ek jy was, sou ek my tot God wend – 5:8-16
Die spits van Elifas se raad is dat Job tog die moeite moet doen om hom tot God te wend en sy saak aan Hom voor te lê. God doen immers wonderlike dinge vir dié wat vertrap word en ly onder die geslepenheid van slinkse mense, dié wat arm is en ly onder die vals beskuldigings van magsbehepte sterkes: “So is daar hoop vir die behoeftige en kom die onreg tot ‘n einde.”
Interessant genoeg is vers 13 die enigste vers uit die boek Job wat in die NT aangehaal word. Paulus gebruik Elifas se korrekte beskrywing van God in Job – en ‘n mens kan min fout vind met sy beskrywing hier – as motivering waarom die wysheid van die wêreld vermy moet word sodat hy of sy volgens God se wysheid soos geopenbaar in Christus onder leiding van die Heilige Gees kan wandel (1 Kor. 3:19 – hy haal ook Ps. 94:11 met dieselfde strekking daar aan).
Elifas sou goed gedoen het as hy eerder hierdie Godsbeeld, waarmee min fout gevind kan word, verder uitgepak het. Pleks dus dat Elifas na homself geluister het! Die implikasie van wat hyself sê, is dat ‘n mens aan dié God kan en moet vashou, maak nie saak wat jou lot in die lewe is nie. God stel goed reg, al vat dit soms lank.
Dit is immers wat Job uiteindelik sou leer, dat die voorspoed en teenspoed van die lewe nie ‘n betroubare getuienis van God se guns of afkeur is nie. ‘n Verhouding met God is moontlik regdeur die soet en suur van die lewe, die insig wat Job aanvanklik openbaar (hfst. 1-2), maar uiteindelik self dieper verstaan (hfst. 42:7-17) ná sy ontmoeting met God op God se terme.
Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word – 5:17-27
Maar, Elifas lê sy eie verstaan van God nie korrek uit nie. Hy maak die verkeerde gevolgtrekking uit sy eenvoudige teologie, en dit is dat rampe net ‘n straf van God is wat mense tref om hulle tereg te wys. Job moet dus per implikasie hom deur God laat teregwys, dan sal God hom weer verbind en gesond maak.
Dan sal die gevolge vir Job baie positief wees, en al sou daar ook hoeveel rampe hom tref, “ses of sewe keer”, dit sal hom geen kwaad kan aandoen nie. Hy noem vyf negatiewe rampe wat hom sou kon tref: ongedefineerde rampe (x2), hongersnood (x2), oorlog, venynige tonge, wilde diere. Hy noem vyf positiewe dinge wat hom sou kon tref: geen klippe in die veld, ‘n veilige woonplek, ‘n veilige weiveld, ‘n groot nageslag, ‘n lang lewe: “soos ‘n gerf wat op sy tyd na die dorsvloer gebring word.”
“Kyk dit het ons ontdek, so is dit, luister daarna en neem dit ter harte.” Selfversekerd tot die einde toe is Elifas in sy toespraak aan Job.
Die probleem met Elifas se standpunt is egter dat hy die heel korrekte beeld van God as ‘n betrokke God van toepassing maak binne ‘n oorsaak-en-gevolg teologie. Sy aanname is dat waar mense hulle deur God laat teregwys, hulle weer voorspoed sal beleef. Voorspoed bly vir hom die teken van vroomheid. Teenspoed bly vir hom die teken van goddeloosheid.
Ons sal egter in Job se verhaal uiteindelik leer dat die gehoorsaamheid of toewyding van gelowiges dit egter nie per se weer goed laat gaan met hulle nie. Net God kan besluit oor die uitkoms van ’n mens se lewe. God soek mense wat Hom dien selfs al word hulle ook soms sonder dat hulle dit verdien aan lyding en rampe blootgestel.
Natuurlik is daar goeie gevolge as ‘n mens die Here dien, en slegtes as jy dit nie doen nie. Paulus moedig ons juis aan om te volhard in goed doen:
“Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.” (Gal. 6:7–9).
Maar Job se situasie was anders as dit waarvoor Elifas se teoretiese wysheid toegelaat het. Daarom kon die eenvoudige wysheid van ‘n oorsaak-en-gevolg teologie in Job se geval nie gebruik word nie. Elifas se aannames oor Job was ver van die kol. Job se krisis sou net deur ‘n ontmoeting met die Here opgelos kon word.
View all posts in this series
- Ons lees die boek Job van 12 Januarie af - Dec 29, 2015
- Inleiding op die boek Job - Jan 12, 2016
- Die boodskap van Job
- Job handel oor die vraag na regverdigheid
- Job handel ook oor die vraag na vroomheid
- Job deurbreek ‘n eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie
- Job is ‘n voorbeeld van volharding en gebed
- Ander verwante verhale
- Indeling van die boek Job
- Lees, luister, leef
- Job 1 – Sal Job vroom bly, al word hy sonder rede geruïneer? - Jan 13, 2016
- Job 2 – Job bly vroom, al word hy sonder rede geruïneer - Jan 14, 2016
- Job 3 – Job vervloek sy geboortedag - Jan 15, 2016
- Job 4:1-5:1 – Elifas: Gee jou vroomheid jou geen hoop nie? - Jan 18, 2016
- Job 5:2-27 – Elifas: Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word
- Job 6 – Julle beskou medelye met ‘n vriend as ‘n las - Jan 20, 2016
- Job 7 – In my bittere beproewing soek ek vergifnis
- Job 8 – Bildad: Teenspoed beteken God se afkeur en voorspoed sy goedkeuring - Jan 22, 2016
- Job 9 – Waarom pynig die Here my sonder dat ek dit verdien? - Jan 25, 2016
- Job 10 – Maak aan my bekend waarom U hierdie stryd teen my voer
- Job 11 – Sofar: As jy jou verstand reg gebruik, sal jy jou kop sonder skaamte kan oplig - Jan 27, 2016
- Oorsig oor die eerste gespreksrondte – Job 3-11 - Jan 28, 2016
- Job 12:1-13:19 – Bly liewer stil, ek wil met die Here praat - Jan 29, 2016
- Job 13:20-14:22 – As ‘n mens sterf, sal hy weer lewe? - Feb 1, 2016
- Job 15 – Elifas: Jou swaarkry en lyding bewys dat jy goddeloos is - Feb 2, 2016
- Job 16 – Verander van Vyand in Vriend - Feb 3, 2016
- Job 17 – Wees tog vir my ‘n borg, o God!
- Job 18 – Bildad: Die onheil wag jou gretig in, omdat jy God nie erken nie - Feb 5, 2016
- Job 19 – Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! - Feb 8, 2016
- Job 20 – Sofar: Terwyl jy jou nog so vol eet, laat God sy woede oor jou losbreek - Feb 9, 2016
- Oorsig oor die tweede gespreksrondte – Job 12-20 - Feb 10, 2016
- Job 21 – Waarom bly die goddeloses aan die lewe?
- Job 22 – Elifas: Jy was onregverdig en onbarmhartig, daarom gaan jy onder - Feb 11, 2016
- ‘n Paar opmerkings oor ‘n moontlike ander lees van hfst. 24-27 - Feb 12, 2016
- Job 23 – My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange - Feb 15, 2016
- Job 24 – Waarom reken die Almagtige nie in hierdie lewe af met onregverdiges nie? - Feb 16, 2016
- Job 25 – Bildad: God is groter as jy!
- Job 26 – Met wie se hulp het jy gepraat? - Feb 17, 2016
- Job 27 – So lank ek lewe, sal ek niks verkeerd sê nie - Feb 18, 2016
- ‘n Oorsig oor die derde gespreksrondte – Job 21-27 - Feb 19, 2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - Feb 22, 2016
- Bydraes hervat weer Donderdag - Feb 23, 2016
- Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God - Feb 25, 2016
- Job 30 – Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie - Feb 26, 2016
- Job 31 – Ek bly verbind tot vroomheid - Feb 27, 2016
- Oorsig oor die gesprek van Elihu met Job en sy drie vriende – Job 32-37
- Job 32 – Elihu: My gees dwing my om te praat - Feb 28, 2016
- Job 33 – Elihu 1: God hoef nie rekenskap aan jou te gee nie - Feb 29, 2016
- Job 34 – Elihu 2: God doen niks verkeerd nie! - Mar 3, 2016
- Job 35 – Elihu 3: Jou vroomheid is onder verdenking - Mar 4, 2016
- Job 36-37 – Elihu 4: God se grootheid nooi ons uit om Hom te dien - Mar 5, 2016
- Job 38-39 – Wie is dit wat my bedoelinge dwarsboom? - Mar 7, 2016
- Job 40-42:6 – Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie - Mar 8, 2016
- Job 42:7-17 – Die Here verander die omstandighede van Job
- Gesprek met God bring bevryding - Jun 8, 2020