Skip to main content

‘n Oorsig oor die derde gespreksrondte – Job 21-27

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

In die derde gespreksrondte reageer Job weereens skerp op die drie vriende se ontleding van wat die lot van die goddelose is. Hy kom in opstand daarteen dat hy nie ongeduldig mag raak nie, want sy klag is dan juis nie teenoor mense nie.  Hulle moet dit tog kan sien en eerder stilbly van verbasing oor dít wat hom oorgekom het (Job 21).

Elifas se antwoord daarop is egter net so skerp.  Hy verwyt Job dat hy vanselfsprekend onregverdig en onbarmhartig moes wees.  Daarom is Job besig om onder te gaan. Job moet hom net onderwerp aan God en hy sal weer vrede en voorspoed belewe (Job 22).

Job se antwoord daarop is egter dat hy juis in sy soeke na God gefrustreer word.  Sy soeke na God is vrugteloos en maak hom eerder vreesbevange.  Ten spyte van die feit dat hy meer waarde heg aan God se woorde as aan sy eie begeertes, is hy bang vir God, omdat hy nie verstaan wat in sy lewe aangaan nie (Job 23).

Nog minder verstaan hy wat in die wêreld aangaan, want die feit dat die Almagtige nie optree teen die wydverspreide onreg van mense in die wêreld nie, verdiep sy ongemak en ontsteltenis.  Dit lyk vir Job asof dieselfde lot regverdiges en onregverdiges tref, en dít maak net nie sin vir Job nie. Het vromes en goddeloses dan dieselfde einde?  Hoe kan dit wees?  Hoe kan dit regverdig wees? (Job 24).

Bildad se kort antwoord is natuurlik olie op Job se vuur.  Bildad neem sy toevlug tot die eenvoudige teologie dat God groter is as Job.  Op sy kenmerkende brutale manier probeer hy Job dus stilmaak met die soewereiniteit van God.  Daarmee eindig die drie vriende se pogings om Job te antwoord en met hulle eenvoudige oorsaak-en-gevolg teologie tot inkeer te bring.  Sofar kom nie eers aan die woord nie.

Die drie vriende se raad kon dus nie die komplekse aard van Job se verlies beskryf nie en vir hom in kontak bring met die Een op wie sy lewe gerig was.  Job is immers iemand wat meer waarde heg aan God se woorde as aan sy eie begeertes, en net ‘n woord van God sou sy hart tot berusting kon bring.

Job antwoord op Bildad se laaste bydrae met die deurpriemende vraag na die oorsprong van sy drie vriende se bydraes in hulle gesprekke: “Met wie sy hulp het jy gepraat?”.  Met vyf vrae oor hulle hulp, bystand, raad, en insig, ontbloot hy hulle fundamentele gebrek aan ‘n doelgerigte luister na God, en wys dat hy eintlik nog dieper as hulle die misterieuse karakter van God besef wat uiteindelik alle mense se begrip – ook sy eie –  ontglip (hfst. 26).

In hoofstuk 27 sluit Job by sy heel eerste worstelgesprek in hfst. 3 aan wat gehandel het oor die angs wat hy verduur oor die verlies van sy goed en besittings ten spyte van die feit dat hy nie in sy vroomheid verslap het nie.  Hy kla oor sy onregverdige en onskuldige lyding, al bly hy steeds by sy voorneme om niks te sê wat verkeerd is nie: “so lank as die asem van God in my is.”.

Job bly dus vroom tot die einde toe.

So lank ek lewe, sal ek niks verkeerd sê nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda