Ander verwante verhale

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die verhaal van Job het ‘n hele paar raakpunte met ander verwante verhale.  Hier is vier verwante verhale in die Ou Nabye Ooste waarin sy verhaal ook afspeel.

  • Uit Kanaän is daar die Legende van Koning Keret wat sy familie, ook sy vrou, in natuurrampe verloor en ‘n nuwe lewe bekom deur die bevel van die god El.
  • Uit Egipte is daar die verhaal van die Gesprek van ‘n man met sy siel, waar hy worstel of selfdood nie beter is as ‘n lewe wat nie meer die moeite werd is nie: “To whom can I speak today? I am laden with wretchedness for lack of an intimate.… Death is in my sight today like the odor of myrrh, like sitting under an awning on a breezy day.
  • Uit Babilonië is daar die verhaal wat bekend is as The Poem of the Righteous Sufferer, waar ‘n vrome man ook siek raak en deur sy vriende gespot word as ‘n sondaar en sy familie hom verwerp. Hy word ook ná sy worsteling herstel.
  • En uit Sumerië is daar ook ‘n verhaal: “Man and His God” waarin ‘n lydende gespot word in sy lyding en God om uitkoms vra. Anders as Job erken hy sy sonde, en eindig sy lewe in vreugde.
View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Dankie Chris Help met vers 4 van hoofstuk 1 Ek lees dit anders Sewe seuns Elke seun kry elke sewende jaar ‘n geleentheid om die partytjie aan te bied Waar interpreteer ek verkeerd

    • Hi Alwyn – letterlik staan daar in Job 1:4: “En sy seuns was gewoond om ’n maaltyd te gaan hou in die huis van elkeen op sy dag.” Daar is verskil van mening of “sy dag” op ‘n seun se verjaarsdag dui en of dit doodgewoon dui op ‘n onderlinge reëling. Elke sewende jaar is egter nie die bedoeling nie. Ek interpreteer dit dat dié dag nie op ‘n verjaarsdag dui nie, maar op ‘n onderlinge reëling wat ‘n week lank geduur het. Nie net het elkeen dan sy beurt gekry nie, maar dit het herhaal, sodat hulle lewe eintlik een voortdurende fees was. Ek oordryf moontlik om dié patroon as ‘n weeklikse een te beskryf, maar probeer daarmee die punt maak dat hulle lewens om dié feesvierings gedraai het.

Maak 'n opmerking

%d bloggers like this: