Job 23 – My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Hierdie derde antwoord van Job aan Elifas beslaan twee hoofstukke.  In hoofstuk 23 fokus hy op sy eie vrugtelose soeke na God en na geregtigheid in sy saak met God.  Ten spyte van die feit dat hy meer waarde heg aan God se woorde as aan sy eie begeertes (23:12), is hy bang vir God, omdat hy nie verstaan wat in sy lewe aangaan nie (23:15).

In hoofstuk 24 fokus hy op die onrusbarende feit dat die Almagtige nie optree teen die wydverspreide onreg van mense in die wêreld nie (24:1-17), al is dit só dat die dood tog ook ‘n streep trek vir onregverdiges (24:18-25).  Die probleem is net dat dit vir Job lyk asof dieselfde lot regverdiges en onregverdiges tref.  Dít maak net nie sin vir Job nie.  God se oënskynlike onverskilligheid teenoor vromes en goddeloses bring groot verwarring vir hom.

My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange

Job is steeds opstandig en kan nie ophou kla nie.  Sy soeke na God blyk vrugteloos te wees.  As hy voor God sou kon verskyn, sou die Here sy opregtheid kon erken.  Die Here ken hom immers en ken nie net sy pad nie, maar weet dat Job Hom volg net waar Hy gaan.  Job verontagsaam doodgewoon geen bevel van die Here nie.

Hoor hoe mooi sê Job dit: “Ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.” (23:12).  Dit is só ‘n ongelooflike diep verbintenis wat ons in Job raaksien, iets wat almal van ons se lewens kan rig.

Maar nou is dit asof hy in al vier windrigtings soek na God en dit niks oplewer nie: “As ek maar geweet het waar om God te vind, sou ek na sy woonplek toe gaan en my saak voor Hom lê, my pleidooie aan Hom stel. Ek sou van Hom antwoord probeer kry, probeer verstaan wat Hy vir my wil sê.” (23:3-5).

Dit is asof hy hom vasloop in God se soewereiniteit, want Hy weet God het absolute mag om uit te voer wat Hy besluit: “Wat Hy oor my besluit het, sal Hy doen, wat sy planne met my ook al is.” (23:14).  Maar, waar dit vir hom rus moet bring in die vertroue dat God regverdig sal wees, maak dit hom vreesbevange, want hy kan God se optrede in sy lewe nie verstaan nie.  Die Almagtige vul hom met angs.

Job se krisis met sy vrugtelose soeke na God, die Almagtige, is iets wat die Here natuurlik uiteindelik self oplos deur uit ‘n stormwind met hom te begin praat en sy angs in aanbidding laat verander (Job 38-42).

Die wonder is dat dié spreke van God in die NT nie net iemand soos Job se deel geword het nie, maar elke gelowige wat sy fokus op die Here vestig.

  • Aan die een kant is dit soos Jesus vir Filippus sê: “Wie My sien, sien die Vader.” (Joh. 14:9). In Christus Jesus het God naby aan ons gekom, kan ons na Hom luister omdat Hy kies om in Christus met ons te praat.
  • Aan die ander kant is die weg na God ook oop, soos die Hebreërskrywer dit stel: “19… Ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, 20en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam.” (Hebr. 10:19-20). Ons kan dus ook met groot vrymoedigheid die Here nader en ‘n antwoord van Hom verwag en verkry.
View all posts in this series

Job


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: