Skip to main content

Job 29 – Die beste jare van my lewe was as vertroueling van God

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Inleiding op Job 29-31

Job se woorde in hfst. 29-31 word meesal as ‘n afsluitende alleengesprek beskrywe.  Job se betoog in die inleidende vers word immers effe anders aangekondig as in vorige toesprake: “Daarna het Job voortgegaan om sy saak te stel.”  Gewoonlik het daar met die aankondiging van sy gesprek met die drie vriende net gestaan: “Toe het Job begin praat.” (3:1)  Of: “Job het weer gepraat.” (6:1; 9:1; 12:1; 16:1; 19:1; 21:1; 23:1; 26:1)  Of: “Job het voortgegaan.” (27:1).

Dit wil dus voorkom asof die deel wat volg ‘n soort opsommende afsluiting van sy betoog is om met die Here in gesprek te tree en ‘n antwoord te kry op wat in sy lewe gebeur het.  Hoofstuk 31:40 kondig ook die einde van Job se woorde aan.

Maar Elihu se woorde in hfst. 32-36 is egter ook ‘n direkte reaksie op Job en sy drie vriende se gesprek.  Elihu kla immers in 32:14: “Met my het Job nog nie geargumenteer nie.”  Hy is ook negatief oor die drie vriende: “Met julle argumente sal ék hom nie aanpak nie.”Hieruit kan ‘n mens agter kom dat daar tog ‘n wisselwerking is tussen sy toespraak (32-36) en dié drie hoofstukke (29-31) sowel as die vorige drie gespreksrondtes tussen Job en sy drie vriende (3-27).

Elihu se vierdelige toespraak is dus ook ‘n antwoord op hierdie toespraak van Job.  Trouens, Elihu verwoord doelgerig sy woorde as ‘n antwoord aan Job en sy drie vriende: “Luister na my … ek het geluister na julle argumente.” (32:10-11).  Hoewel hfst. 31:40 dus die einde van Job se woorde in dié drie hoofstukke aankondig, en daarmee die einde van alles wat hy te sê gehad het, is daar tog ‘n eksplisiete verband tussen Elihu se woorde en Job se laaste woorde.  Daar is dus ‘n element van ‘n gesprek tussen Job en Elihu te bespeur, al was dit net van Elihu se kant af só bedoel.

Job 29-31 is ‘n baie gepaste afsluitende opsomming van Job se woorde.  Sy dankbaarheid vir die verlede, sy worsteling met die hede, en sy volgehoue verbintenis tot vroomheid is eenvoudig verstommend:

  • Job wy eers uit oor sy vroeëre geseënde lewe: “Dit was die beste jare van my lewe toe ek nog ‘n vertroueling van God was.” (hfst. 29:1-17). Daarom het hy gedink sal hy eendag sonder sorge sterf (hfst. 29:18-25).
  • Dan bekla Job sy teenswoordige lot van vernedering waarin selfs die jonges lag vir hom en hy uitgestoot is uit die gemeenskap. Dit ruk uit sy binneste ‘n roerende gebed, ‘n treurlied, om hulp: “Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie.” (hfst. 30).
  • Job sluit af met ‘n verklaring van sy verbintenis tot vroomheid in die konteks van sy familie en gemeenskap, sy ervaring van rykdom, die versoekings van afgodery, die uitdagings van vyande, sy hantering van sy werksmense en vreemdelinge, sy standvastigheid om sy sonde nie te verberg nie, en selfs ekologies verantwoord op te tree (hfst. 31).

Dit was die beste jare van my lewe toe ek nog ‘n vertroueling van God was – 29:1-17

Job draai sy aandag na die voorspoed wat hy geniet het in die verlede as God se vertroueling.  God was as die Almagtige by hom. Dit het ‘n ongelooflike seën vir homself, maar ook vir sy kinders ingehou.  Hy het oral voorspoed geniet: “volop dikmelk en strome olyfolie.” (29:6).  Hy was soos die spreekwoordelike: “boom met sy wortels by die water” (29:19), waarin ‘n mens Psalm 1 hoor weerklink: Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind.

Sy versugting is dat dit met hom weer sal gaan: “soos lank gelede, soos in die dae toe God nog sy hand oor my gehou het.” (29:2).  Dit was vir hom regtig die beste jare van sy lewe.  Hy was ‘n gerespekteerde man op die stadsplein en in die stadspoorte. Jonk en oud het hom geëer.  Almal het na hom geluister: “Dié wat van my gehoor het, het goed van my gepraat.” (29:11).

Die rede vir die goeie getuienis oor sy lewe was sy reddende hand vir armes, weeskinders en weduwees sowel as: “dié wat geen helper het nie.” (29:12).  Hy het reg en geregtigheid laat geskied.  Dit was vir hom vanselfsprekend: “so vanselfsprekend as om klere aan te trek.” (29:14).  ‘n Mens hoor ‘n eggo hiervan in die woorde van Paulus wat veel later skryf oor die feit dat gelowiges in Christus hulle: “met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” (Ef. 4:24 – OAV).

Job se vroomheid word uiteraard oorskadu deur dié van die Here Jesus Christus en die gestalte van die nuwe mens wat Hy vir ons skep.  Maar Job bly tog steeds ‘n voorbeeld van hoe geregtigheid en heiligheid werk in die lewe van iemand wat met volle oorgawe in sy verbintenis aan vroomheid volhard, soos Jakobus ons herinner (Jak. 5:11).

Hierdie geregtigheid sluit die reddende hand wat Job na armes, weeskinders en weduwees uitgesteek het in. Dit sluit ook die omarming van blindes en kreupeles in, en die behartiging van die regsaak van mense wat onreg ly.  Dit sluit selfs: “onbekendes se regsaak” in (29:16).  Verstommend!   Die feit dat ‘n mens iemand nie ken nie, kan nooit beteken dat jy nie by die onreg wat hy of sy beleef, betrokke kan of moet raak nie.

Daarom het ek gedink dat ek eendag sonder sorge sal sterf – 29:18-25

Job het dus gedink dat sy goeie getuienis, sy volhardende vroomheid, en sy praktiese geregtigheid sal vir hom self iets beteken.  Hy sal daarom ‘n lang lewe en ‘n sorgvrye dood beleef, en altyd nuwe krag hê, sy man kan staan in alle situasies. Hy sal presies wees soos wat Psalm 1 sê: “‘n boom wat by die waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie … (en) voorspoedig (wees) in alles wat hy aanpak.” (Ps. 1:3).

Mense het immers sy: “woorde ingedrink, hulle het daarop gewag soos op ‘n reënbui, hulle het daarna gesmag soos na die laat reëns.” (29:22-23).  Hy was vriendelik met dié wat hooploos was, sy goedgesindheid het verhoed dat hulle ondergaan.  Hy het hulle die koers gewys soos dit ‘n goeie leier betaam.

Maar … sal die volgende deel van hierdie laaste worstelgesprek van Job mee afskop.  Maar

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Job


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!